Page 1 of 1

BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 12:21 pm
by ZKK
Goeie more Manne ek hoop dit gaan goed.

Weet enigiemand van n handelaar wat bogenoemde aksies aanhou en tans in voorraad het?
Ek weet dis seker n long shot maar ek try maar my luck.
As iemand ook vir my n aanduiding op prys kan gee sal dit baie waardeer word.

Groete

Re: BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 12:48 pm
by Frikkie Coetzee
Ek kon sweer ek het geantwoord op die een? raak seker mal

Het ek jou dan ge PM???

Re: BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 12:48 pm
by Arnold
Probeer dalk vir S&O vir Borden-Alpine
Terry Harison het 'n klompie Bat aksies op bestelling

Sterkte met jou soeke en laat weet tog as jy kry, dalk is hier nog iemand wat by jou soeke kan baat.

Prys gaan seker hier by R24k wees

Re: BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 1:51 pm
by Braamgr
Ek het so ruk terug met Terry gesels, daar kom aksies in April, R25k plus het hy geskat.

Re: BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 2:01 pm
by ZKK
Ai, lyk my ek gaan alweer vir my vrou moet lieg.

Re: BAT en Deviance Aksies

Posted: Mon Mar 17, 2014 2:22 pm
by cassie_calvinia
ZKK wrote:Ai, lyk my ek gaan alweer vir my vrou moet lieg.
:laugh: :laugh: :laugh:
nee wat, daai klas goed word maar net nie "verklaar" nie