Page 1 of 1
Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Thu Mar 13, 2014 9:09 pm
by Tarzan
Dagsê manne ek is heeltemal onnosel wat handwapens aanbetref en het hulp nodig. Ek is opsoek na 'n tweedehandse, klein handwapen, wil nie baie vir hom betaal nie, en hy moet lig en klein wees sodat ek nie die ding by die huis los nie. Ek gaan nie baie met hom skiet nie, en wil hom net vir selfbeskikking gebruik. Ek hou van 9mm maar parrabelum is te groot en duur. Iemand het aanbeveel dat ek 'n 9mm short soek. Enige raad sal waardeer word.
Groete
Danie
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Thu Mar 13, 2014 9:19 pm
by Tarzan
Selfbeskikking moes self beskerming gewees het, my spellchecker verander die woorde self
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 10:59 am
by Chris Swart
Die Star DKL is 'n goeie kompakte betroubare 9mms (My vrou het een gekoop) en jy tel hulle op vir redelike goeie pryse...
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 11:22 am
by win270
As jy nie lisensie daarvoor het nie, sal jy eers vaardigheidsertifikaat, ens moet gaan uitsorteer. Om dit vir selfverdediging te wil gebruik, is dit raadsaam om gereeld daarmee te gaan oefen.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 11:36 am
by Arnold
Ek dink jy gaan oor die algemeen makliker regkom met 9mmP ammo as 9mmK of 380 Auto?
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 1:28 pm
by Tarzan
Dankie vir die terugvoer. Eks besig met vaardigheid en sal dit eersdaags hê. Wat ek bedoel as ek sê ek gaan nie baie skiet nie is dat ek nie nog 'n sport wil begin beoefen nie maar sal darem so nou en dan skiet. Ek will nou nie julle handwapen entoesiaste in die gesig vat nie, maar waarvoor ek hom wil gebruik moet hy net eintlik beskikbaar wees wanneer ek hom nodig het. Jou aanvaller moet in elk geval naby wees minder as 3m as ek dit reg verstaan, voor jy kan dink aan skiet.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 1:37 pm
by Arnold
Tarzan wrote:Jou aanvaller moet in elk geval naby wees minder as 3m as ek dit reg verstaan, voor jy kan dink aan skiet.
Hierdie is nie korrek nie en jy gaan nie jou handwapen uit hê as jy hom soek nie en kan dit dan maar eerder los.
As jy so min gaan skiet soos jy sê maak die koste van ammo mos nie eintlik saak nie?
Die begrip klein en goedkoop is relatief, kan jy dalk 'n beter idee gee van jou budget en wat jy bereid is om te dra. Het jy enige ondervinding met enige handwapens sodat jy dit kan deel om ons bietjie agtergrond te gee.
Klein en goedkoop ... 38 Special snubnose rewolwer
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 2:05 pm
by Tarzan
Van kleins af met 22 Beretta geskiet, skiet nou nog met hom maar is my pa se. Baie met 38special en 9mmP en 45 geskiet. Het ook al handwapen opleiding as jong seun gehad en ook in die weermag. Ek hou van jag en het genoeg jag gewere en haelgeweer en skiet ook boog. Kan 10k vir pistool betaal maar koop eerder nog 'n sonpomp. Soek iets wat kan skiet vir 2 k. Hou nie van rewolwer nie en soek eerder 'n pistool. Stem met jou saam as die persoon 3m van jou af is en die wapen is nie alreeds gereed om te skiet nie dan moet jy maar baklei of hardloop. Wanneer jy egter 'n ou op 'n veilige afstand(3m+) skiet is jy in die k@&#
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 2:15 pm
by Arnold
Tarzan wrote:Wanneer jy egter 'n ou op 'n veilige afstand(3m+) skiet is jy in die k@&#
Wat moet jy dan maak as hy 'n handwapen het? Jy gaan in die wees as hy die storie kan vertel ...
Ek stem met die pistool teenoor 'n rewolwer. Iets klein en goedkoop is dalk 'n Star of Llama. As jy die budget het is die pistool wat almal aanbeveel die Glock 19. Lig en relatief klein, baie betroubaar en uitstekende backup in die land as jy parte of magesyne kort. Die g19 is wel duur as jy nuut koop en is maar skaar tweedehands ... vir 'n rede.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 2:58 pm
by Tarzan
As hy 'n handwapen het is dit heeltemal 'n ander saak. My behoefte is meer in die lyn van veediewe en 'n moontlike plaas aanval. Ek sien n paar advertensies op guntree vir 9mm shorts. Selfs 'n Beretta vir R1500 en n paar ander vir so R2200. Is hulle ok? Ek weet die Beretta het 'n ally frame, maak dit saak?
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 3:07 pm
by Hugov
Ek het n 380 auto beretta model 84 wat Ek by my pa ge erf het. Hy is super betroubaar en skiet woes lekker maar soos Arnold se ammo is nie so beskikbaar soos 9mm p nie..... Ek laai maar self
Groete H
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 3:35 pm
by Tarzan
Regte bakkie daai Hugo! Sny jy gewone 9mmP doppe korter, en gebruik jy 9mmP dies?
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Fri Mar 14, 2014 3:49 pm
by Hugov
Dankie man!
Nee het klomp 380 auto doppe opgegaar en het n 380 auto die set gekoop.
Koop so nou en dan n pakkie fabrieks ammo vir doppe......
Groete H
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Sat Mar 15, 2014 1:00 pm
by Alwin
Ek dink die 9mmK plan kan werk. Daar is baie van hulle beskikbaar vir R2k en minder. Probeer maar iets soos 'n CZ83 of Beretta 84 kry. Hulle is uiters betroubaar en gaan jou 'n leeftyd hou. Wat ook lekker van hierdie 2 is, is dat hulle genoeg vatplek het om hulle akkuraat en vinnig te kan skiet. Magasynkapasiteit (13) is ook skaflik. Kleiner pistole, soos bv die Star DKL, is baie lekker om te dra, maar is moelik om te hanteer.
Die belangrikste is, dat jy moet weet, as jy enige kans wil hê om 'n gewapende aanval suksesvol af te weer, jy gereeld en doelgerig moet oefen. Om in rustige omstandighede 'n papier, blikkie of wat ook al, te kan raakskiet, is vir seker nie genoeg nie. Om onder stresvolle omstandighede, te veg vir oorlewing, verg spesiale vaardighede, wat op gereelde basis ingedril moet word.
Ja, die meeste konfrontasies gebeur op minder as 3 meter. Dit veroorsaak dat die aanvaller letterlik op jou gaan wees, voor jy kans gaan kry om te skiet. En enkelskote is selde stoppers. Hoeveel goedgeplaasde skote kan jy op 'n aggresiewe, stormende teiken plaas in die tyd wat hy 3 meter kan aflê? Maar jy moet ook verder kan bykom. Afstand maak nie dat jy in die moeilikheid kom nie, dit help jou eerder uit die moeilikheid uit. Net ter illustrasie, dit neem 'n geoefende skut langer om sy wapen te trek en een skoot op 'n naby teiken te plaas, as wat die gemiddelde persoon neem om 7m te hardloop en 'n mes in 'n teiken te steek. M.a.w. as ek jou met 'n mes storm van 7m af, gaan ek hom in jou lyf steek, voor jy jou pistool kan trek en my raaksiet. Toets dit gerus self! (Rubber mes en "BB gun" is aanbevole.)
Dus, as jy 'n handwapen vir sefverdediging (en ook sefbeskikking!) wil dra, moet jy gereeld daarmee oefen. Sonder die oefening, gaan die wapen net 'n "gelukbringer" wees. M.a.w. dit gaan jou laat sterk voel.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Sat Mar 15, 2014 6:59 pm
by Pappabeer
Daar is GEEN afstandbeperking op noodweer nie. Ek wil nie jou topic hijack nie, maar asb. mense, maak doodseker van feite voor julle rondloop met hoorsê stories wat jou eie of iemand anders se lewe kan kos.
As n man sy vuurwapen op jou rig of/en afvuur, soveel te meer as jy met vee en wilddiewe te doen het, wat moontlik ander vuurwapens as handwapens het, mag jy jouself verdedig deur terug te skiet op enige afstand.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Sat Mar 15, 2014 8:38 pm
by Jakkie 321
Nou ja Danie nou weet jy seker presies wat jy moet kry vir 7m en 3m ens.
Koop wat vir jou werk en jou sak pas.
Ek het Star 30M wat goed werk vir my.
Groette
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Sun Mar 16, 2014 12:35 pm
by Gerrie Smith
Ek het 'n Star semi-kompakte 9mmP te koop - 2x 9 ronte mags en leer toe sip sak - R2000-00. soos nuut - dit is my Ma sin en sy gaan hom nooit weer gebruik nie. 082 897 9494
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Mon Mar 17, 2014 8:34 pm
by Tarzan
Dankie vir julle manne se insette. Ek het vandag gaan kyk na cz75 glock26 en Taurus 9mm p.
Wat julle gedagtes rondom hulle. Hou nogal van die Taurus
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Tue Mar 18, 2014 9:01 am
by Alwin
Tarzan wrote:Dankie vir julle manne se insette. Ek het vandag gaan kyk na cz75 glock26 en Taurus 9mm p.
Wat julle gedagtes rondom hulle. Hou nogal van die Taurus
Taurus het heelwat verskillende modelle in 9mmP. Watter een het jy in gedagte?
Kyk ook na die CZ 75-P07 Duty. Goeie waarde vir geld.
Re: Goedkoop en Klein, tweedehandse 9mm gesoek
Posted: Tue Mar 18, 2014 9:22 am
by Roger
Ek hou maar van n rollie. Baie betroubaar.
Rondtes in .38spl & .357Mag is oral beskikbaar en redelik goedkoop teen baie ander kalibers.
En, koop jy n .357Mag kan jy die .38spl rondtes in hom skiet ook. Dis hoekom ek altwee het :-)