Page 1 of 1

Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Wed Mar 12, 2014 8:16 pm
by Jakkalsdans
Goeie naand almal

My storie loop so!

Ek soek dringend 'n bosvark om te jag/skiet voor die 31ste Maart 2014 en is bereid om daarvoor te betaal.

My broer woon in Nieeu Zeeland en ek het hom 7jare laas gesien en hy kom kuier vanaf 31 Maart to 4 April 2014 by my en ek wil graak bosvark spit hou aangesien daar ander familie ook sal kom om hom te sien.

Ek sal graag die vark self wil skiet en dit dan laat opdien aangesien ons baie bosvark saam gejag het terwyl hy nog hier was en baie lief is daarvoor.

Ek bly in Pretoria Oos en kan in die week of naweek ,selfs nagte die vark kom inwag of jag en ek besit ook jag gewere en hael gewere om die jag te kan doen en is ook boonop 'n goeie skut. ;)

Ek MOET net eenvoudig een kry voor hierdie datum en sal bitter baie bly wees as iemand my kan help met 'n vark(Bosvark)alleenlik. :)

As iemand kan help bel my asseblief omdat ek nie gereeld op die rekenaar is nie.

Baie dankie byvoorbaat

Jagters groete

Barney
082 696 6875
bmorkel@telkomsa.net

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Wed Mar 12, 2014 9:42 pm
by Giepie
Net om seker te maak hierdie pos hardloop nie onder uit nie, ek soek ook so geleentheid.

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Thu Mar 13, 2014 5:11 am
by Geno
Ons jag die naweek bosvarke oor Jaco Prinsloo se honde.
Area: Machadodorp.
Kostes:R500
Bring saam: Beddegoed en kos.
Varke bly Jaco s'n, tensy jy karkasse by hom wil oor koop.
Jaco: 082 447 2670

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Thu Mar 13, 2014 7:54 am
by Nickvn
Jaco Prinsloo of Jaco de Beer?

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Thu Mar 13, 2014 8:47 am
by Geno
Prinsloo

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Thu Mar 13, 2014 12:34 pm
by Giepie
Kan nie hierdie naweek nie. Laat weet asb van volgende geleenthede. Baie dankie.

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Sun Mar 16, 2014 6:36 pm
by douw
Hi Geno

Hoe het dit gegaan die naweek?

Groete
Douw

Re: Manne help asseblief, ek soek dringend 'n Bosvark

Posted: Sun Mar 16, 2014 8:57 pm
by Jake1
Dit is baie moeilik om 'n bosvark te "bestel" soos jy seker weet, my enigste raad is ook Jaco Prinsloo van Groblersdal, en as jy nie daar regkom nie en dis regtig dringend sal ek vir jou moeite doen en een soek(by ander jagters hier plaaslik) wat teen daai tyd moontlik al een geskiet het. PM maar as jy nie regkom nie.

Dis nou regtig 'n baie "nice" gebaar teenoor jou broer.

Jake1