Page 1 of 1

Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:02 pm
by Ratel
Miskien is hierdie 'n dom vraag, maar ek wonder nou al 'n ruk hieroor.
Is daar roep geluide vir ystervarke? Ek sien op Primos se web werf dat hulle 'n porcupine klank te koop het. Nou wonder ek sal dit dieselfde wees as ons ystervarke se klanke?
Ek looi die ystervarke by my pa hulle op die plaas en het die naweek gesit en wonder of dit nie makliker gaan wees om hulle in te roep nie. Ek weet waar die meeste gate is en sal graag die ding wil beproef deur te roep. Die rede hiervoor is dat 'n ou soms by die gate kom wanneer hulle reeds uit is en wei. Hierdie knape maak groot moleste in die mielies, veral op die staduim wanneer die koppe melkpitte het. Hokke werk goed maar dan is dit een op 'n nag en elke nag is in elk geval nie 'n sukses nie.

Re: Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:19 pm
by tripodmvr
Mielie of pampoenklank? ++>:

Re: Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:33 pm
by Ratel
Hahaha oom driepoot. Ek het vermoed ek gaan dalk my naam gat maak met die een. ++>: Nee ek wonder toe nou hoekom sal die Amerikaners dan ystervark klanke he. Verbeel jou daai ystervark kom aan gedraf vanuit die gat asof hy kos verwag of dalk 'n mannetjie wat sy vroutjie wil pla.

Re: Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:37 pm
by tripodmvr
Klanke is belangrik in dier politiek en ek is seker dat sekere geluide hulle kan lok of verwilder. Jakkalse se geluide is maklik om te kry en predatore reageer op angsroepe van hul prooi. Die enigste manier om ystervark geluide op te neem sal sekerlik by die in dieretuine of die wees wat gevang is.

Re: Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 7:13 pm
by mariusr
Ons ystervarke maak grrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr! As hy daai gat draai en penne skud! Al geluid wat ek van weet?jy kan hom inroep met paar pampoene en mielies en dis al glo nie die Yanks se ystervark roep sal werk hier by ons nie?

Re: Ystervark roep?

Posted: Wed Mar 12, 2014 11:13 pm
by visstok
Dit het al n paar keur met my gebeur dat n ystervark verby kom as ek roep, maar hy stel glad nie in die roeper belang nie.

Probeer liewer die plek kry waar hulle die lande inkom en maak n voerplek daar van mielie koppe, pampoen ens. net soos die manne voerplek maak vir bosvarke. Gaan die voerplek na en as hulle goed gewoont is om gevoer te word, kan jy hulle daar gaan voorsit.

Ander metode is om maar in die lande te stap met n hond wat weet hoe om van die skerp kante af weg te bly, hy sal vark voorkeur en besig hou tot jy hom van kant kan maak.

Groete Alex