Page 1 of 1
Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 7:46 pm
by GreyGhostGear
Goeie naand,
Ek wil graag gou 'n vriend help.
Hy het 'n roer gekoop by 'n ou en die teleskoop kom eksta vir R3500 opsioneel.
My vrind reken die scope is spotless.
Ek ken glad nie Vortex nie, is dit 'n billike/redelike prys?
Dit is op 'n 30-06, so die specs is reg.
Sal inligting waardeer,
Petrie.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 7:53 pm
by Cobus(Cobb)
Dis die enigste scope wat hulle gebruik/adverteer op Sons of Guns..
Ek het ook Vortex,.... maar 'n kans gevat en gekoop. Heel gelukkig met hom.
Na verkoop diens was uit die boonste rakke.
4x12x44, as ek reg onthou was bietjie goedkoper...kan netnie onthou of dit Crossfire of diamondback was nie..Laat hy hom R3k offer...
http://www.vortexoptics.com/
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 7:58 pm
by NEGE3
As die teleskoop opgepas is kan hy nie 'n fout maak nie.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 8:01 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het twee Vortex scopes.
Hulle is ongelooflik. Hulle waarborge is nog beter.
Ek het ook n verkyker van hulle. Hy vergelyk goed met baie duurder produkte.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 8:02 pm
by GreyGhostGear
ek sien die 3-9x40 by S&O is R3400.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Tue Mar 11, 2014 9:49 pm
by Hein22
Ek het self 'n vortex viper pst en ruil hom vir niks.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:00 am
by GreyGhostGear
Dankie manne.
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Wed Mar 19, 2014 3:41 pm
by Swys14
Ek het presies so 'n scope op my 7x57, laas jaar R3500. Belaglike goeie scope vir die geld, ek's rerig mal oor myne. Hulle word in die Phillipenes gemaak. Die scopie se FOV is puik en hy's baie helder. Eye relief ook baie goed. Offer hom 3k
Re: Vortex Diamondback 4-12x40
Posted: Wed Mar 19, 2014 4:37 pm
by Louis Kriel
Hy verkoop by Wildman vir daai prys nuut. Puik teleskoop met puik diens.