Page 1 of 2
Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 6:17 pm
by marco
Hi manne wil graag iets deel wat ek nou mee besig is. Ek het so 3mnde terug vir my n nuwe draai bank aangekoop en is n passer en draaier van beroep en het toe begin om herlaai en geweer bybehore te maak en verkoop. Aangeheg is fotos van die scope levels wat ek maak. Hulle pas op enige standaard tipe LYNX of THOR ring.
Lutzville-20140109-00498.jpg
Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 6:25 pm
by Beretta
Netjies prys asb
Beretta
Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 6:28 pm
by marco
Hulle verkoop vir R150.00 sonder die ring.

Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 7:09 pm
by JPS
Hi Marco, ek sal 2 by jou neem.
Het juis lynx ringe wat net hier rondstaan.
Ps. Daai geweer van jou is presies soos myne, aksie kolf etc...
Mooiloop
JP
Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 7:16 pm
by marco
Ek behoort binne die volgende week of twee weer vooraad op te bou van hulle is nog met ander projecte ook besig.. Maar jys welkom.. Ja dit was n ou Zastava 243 gewees totdat ek die loop uitgeskiet het en toe n boyds kolf en pacnor loop in 243 AI opgesit het.. Nou loop sy mooi..
Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 8:18 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het n pm gestuur. Ek het gelukkig ringe.
Re: Scope levels
Posted: Tue Mar 11, 2014 9:18 pm
by Arnold
Nou moet jy hom net maak dat hy kan plat vou sodat die geweer in die sak kan pas vir die vervoer baan toe ...
Dit lyk baie netjies!
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:46 am
by Biltong
Hi Marco, dit lyk baie netjies.
Ek stem saam met Arnold dat dit dalk 'n probleem sal wees met die vervoer van die geweer en moet dalk kan platvou.
Anders, is dit nie 'n opsie om dit plat op die ring basis te monteer sodat dit na die een kant toe uitsteek. Dit sal beteken dat die ringbasis dan 90% gedraai moet word op die teleskoop teenoor hoe dit huidiglik op die foto lyk. Dit "stud" sal dus dwars in die waterpas gedeelte moet pas. Dit sal dan nie so ver uitsteek aan die kant nie en kan of bo-op of onder die teleskoop sit.
Net 'n idee.
Ek sal definittief in so-iets belangstel vir 'n paar gewere.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:53 am
by Chevvy SS
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 10:58 am
by marco

Yes manne dankie vir die terugvoering.. Kyk hierdie was net die prototipe maar soos met enige ding kan dit net verbeter.. My toerusting laat nog veel tewense maar ons kom daar... Ek sal die volgendes probeer aanpas om hulle fold away te maak. Ek het n paar ander interesante projekte wat ek tans mee besig is... Sal dit opsit met fotos.. Dankie ..
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 1:38 pm
by FCLoretz
marco wrote:
Yes manne dankie vir die terugvoering.. Kyk hierdie was net die prototipe maar soos met enige ding kan dit net verbeter.. My toerusting laat nog veel tewense maar ons kom daar... Ek sal die volgendes probeer aanpas om hulle fold away te maak. Ek het n paar ander interesante projekte wat ek tans mee besig is... Sal dit opsit met fotos.. Dankie ..
Maak die level nie net met 'n "grip" skroef vas nie? Indien so, hoeveel moeite is dit werklik om die "grip" skroef los en vas te maak vir die vervoer van die scope level? Dit is nie asof jy die hele ring vanaf die teleskoop gaan verwyder nie. Ek dink teen die prys is dit fantasties.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 2:02 pm
by Arnold
Vir die prys is dit nie sleg nie. n Grub skroefie vereis n allenkey en dit beteken n los tool wat jy in die veld moet saam dra.
In een van ons kompetiesies haal ek my geweer 8 keer uit sy sak en sit hom weer terug en die voorbereidings tyd by die skietpunt is beperk. Vir sekere toepassings sal hierdie baie goed werk en met klein veranderinge kan die level meer doelig/handig wees.
Ek glo Marco neem my komentaar in die regte lig en dat ek net wil help dat hy sy produk verbeter tot sy voordeel.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 2:03 pm
by FCLoretz
Dankie Arnold,
Ek neem nie deel aan skiet kompetisies nie. Ek sien nou in watter lig jy die verbetering van die ophou level bedoel.
Daar leer ek ook iets.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:38 pm
by junglejulian
Goeie plan wat jy daar het.ek krap ook altyd met sulke goed as ek ou parte het wat rondle
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14011-1.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14012.jpg
Hier is my poging.ek het n ou weaver mount se dovetail afgesny en met die endmill n ronde gleuf ingesny waarin die bubblelevel mooi pas.ek het toe die ringe weer gepowdercoat en toe die level vasgeplak met n goeie epoxy
hy is effens moeiliker om te sien as die sidemount maar werk vir my great.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:47 pm
by Christo
Marco ek soek 'n level wat ek op die guides/rails waarop die slot skuif kan sit om die geweer te level. Die probleem waarmee ek sit is dat die levels nie pas bo-oor die kante van die aksie of die hout nie. Dit is seker een van die werklik enigste level gedeeltes van 'n geweer.
Maak vir ons so iets.
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:40 pm
by Arnold
Christo wrote:Marco ek soek 'n level wat ek op die guides/rails waarop die slot skuif kan sit om die geweer te level. Die probleem waarmee ek sit is dat die levels nie pas bo-oor die kante van die aksie of die hout nie. Dit is seker een van die werklik enigste level gedeeltes van 'n geweer.
Maak vir ons so iets.
Hierdie is nou ietsie eenvoudig wat baie behulpsaam sal wees met teleskoop montering!
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 5:51 am
by Reggie Gerber
Ek hou van jou level.
Sterkte met jou ander projekte
Groete
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 9:24 am
by Biltong
Junglejulian, waar kan mens sulke klein "bubble levels" in die hande kry? Dis 'n baie handige ding om te he.
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 9:41 am
by Capt. Yoda
Biltong wrote:Junglejulian, waar kan mens sulke klein "bubble levels" in die hande kry? Dis 'n baie handige ding om te he.
EK het al by Mica n stel met 3 verskillendes in gekoop.1 klyn ronde een dan n langer ronde een en n klyn vierkantige een
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 11:22 am
by Biltong
Capt. , ek sal bietjie rondkyk. Dankie.
Re: Scope levels
Posted: Fri Mar 14, 2014 11:44 am
by Beyers
As iemand wil hardloop met die idee. Go for it.
Die eerste werkende een is myne asb
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/SCOPELEVELbc.png
Re: Scope levels
Posted: Fri Mar 14, 2014 12:27 pm
by Pvdw
Beyers jou yster!!
Re: Scope levels
Posted: Fri Mar 14, 2014 12:32 pm
by Beretta
My eerste poging was ook met epoxy gewees toe later die foldup ene gekoop altwee het goed vir my gwerk
Beretta
Re: Scope levels
Posted: Fri Mar 14, 2014 5:07 pm
by marco
Hey daars nou vir jou n mooi plan.. Dink regtig daars potensiaal vir daai tipe level. Sodra ek my milling machine gekoop het kan ek so iets aanpak en glo my die eerste een wat voldoen aan standaarde sal na jou gestuur word..
Re: Scope levels
Posted: Sat Mar 15, 2014 6:18 pm
by Christo
Vandag so een gekoop. Gaan hom vanaand toets.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/images.jpeg