Page 1 of 1

Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 3:44 pm
by Dweetster
Ek kan nerens sien of die onderwerp iewers bespreek was nie. Is daar dalk iemand wat dit gebruik? En wat is die voordele daarvan? En as jou koeels behandel word wat is die regte tegnieke?

Ek is ene ore! ::)

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 3:45 pm
by DWB
Gooi hulle sommer cutting fluid :)

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 3:48 pm
by DWB

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 4:13 pm
by RUPERT
Ek lees nou die bogenoemde link en sien weer die warm gesprek met koel en punt.Ai het ons nie almal lekker geleur nie. Ek mis die warm gespreke. Viva Forum Viva

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:32 pm
by Dweetster
Dankie Deon.

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:43 pm
by henning
Ek gebruik dit net met n sagte borseltjie om die binne kant van my doppe se nek te lube wanneer ek re-size, dan het ek geen nattigheid binne in die dop nie.

Ek gebruik so min op n slag dat jy dit amper nie eens met die oog kan sien nie, maar, glo my dit werk soos n droom.

Groete
Henning

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 10:14 pm
by Dweetster
Dit klink na nog n blink plan, dankie Henning. Iets soos n tande borsel reg? Of eerder my vrou se gremeer borsels? Dalk so bietjie meng vir haar met haar onderlaag.

Re: Molybdenum wie gebruik dit?

Posted: Tue Mar 11, 2014 10:25 pm
by henning
Dweetster wrote:Dit klink na nog n blink plan, dankie Henning. Iets soos n tande borsel reg? Of eerder my vrou se gremeer borsels? Dalk so bietjie meng vir haar met haar onderlaag.
Die borseltjie is een wat voor aan jou wisserstok aanskroef, alhoewel ek gebruik dit nou nie meer saam met die skoonmaak stok nie.

Ek weet nie eens meer waarvoor en wanneer ek dit gekry het nie, maar dit is n baie sagte borseltjie.

Groete
Henning