Page 1 of 1

Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 6:31 pm
by Sako75
Manne, is daar enigeen wat ervaring het of advies kan gee rondom die minimum en maksimum grootte van "intensiewe" veldkampe waarin mens met swart impalas kan teel? Ek sou wou he dat hulle eerder op die veld moet wei en dalk in 'n noodgeval bietjie gevoer moet word. As mens een teelgroep het moet mens twee of drie ander rotasiekampe he om kampe kans te gee om te rus?

Ek sal ook insette waardeer oor die tipiese trop grootte? 24 ooie en 1 ram?

Baie dankie.

Re: Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 8:05 pm
by Hugo
Sako

Koop n wild en jag tydskrif, kyk wie verkoop daardie bokke, bel daai boer, praat met hom, hulle help jou bitter baie, 9/10 praat jou ore af, die ander een is bot en besig.

Jy kan enige iets van 5ha tot 100ha,

Net n tip 24 ooi is baie vir n jong ram, hy moet so 4 jaar wees voor hy oor 20 ooie kan diens, knypkop sal homself letterlik dood stoot op so baie ooie.

PS:Bel die boere en nie die "agente" nie, hy se wat jy wil hoor en gee jou die info hy dink is reg om jou om te praat om sy bokke op sy boeke te koop.

Re: Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 8:40 pm
by JPS
Sako,

Ek dink dit was Allure wat besig is om met swart impalas te teel. Hy (as dit hy was) ruk terug gesels oor sy opset, dink dit was 40ha area of so iets wat hy gebruik.

Search miskien sy naam en sien of dit hy was.

Mooiloop
JP

Re: Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 8:44 pm
by DWB
Sako,

Ja, Allure (Ryan) is die man om mee te praat.

Hy is baie op die pad, maar ek PM jou sy nommer.

Re: Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 8:45 pm
by JPS
Net so, die brein kan nog so iets onthou so nou en dan sien ek.

Re: Tipiese swart impala kamp grootte

Posted: Mon Mar 10, 2014 8:52 pm
by Sako75
Baie dankie manne. Ek waardeer dit.