Page 1 of 1

4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 1:50 pm
by Dwight375
Middag manne

Ek kan die bogenoemde teleskoop kry vir R3000, hy is nog in n baie goeie kondisie, ek beplan om hom op my 243 Howa te pas.

Gee my asb julle ondervinding en opinies oor die teleskoop.

Dankie voor af.

Groete
Dwight

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 1:59 pm
by Swede
Jy sal nie 'n fout maak nie!

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 2:02 pm
by Johan Reyneke
Swede wrote:Jy sal nie 'n fout maak nie!
Stem saam, het so een op my 30-06

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 3:43 pm
by Sangoma (IAN)
30 of 25mm buis?

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 3:59 pm
by Rudie
Baie goeie teleskoop en vir daai prys nog beter.

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 4:41 pm
by Pvdw
Vat hom!. Puik waarde vir R3000

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 4:46 pm
by Herman Huyser
Het self een op my .243, en hy werk mooi.

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 5:07 pm
by 375fanatic
Swak scope post net die .nr vd verkoper ;D

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 5:21 pm
by Dwight375
Dankie Manne

Ek het hom gekoop ek is baie bly oor die teleskoop. Nou moet ek net ladings kry wat werk in daai 243- ek hoor dit kan nogal n pyn wees.

Baie groete

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 6:41 pm
by Dwight375
Manne ek is so opgewonde soos n klein seuntjie wat n Kersfees boks verwag. :laugh: ;D

Groete

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Mon Mar 10, 2014 7:14 pm
by Pvdw
Lekker scope daai Geniet hom.

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Sat Mar 22, 2014 3:09 pm
by archer
Kyk net dat die eye relief genoog is , ek dink amper die Nikons nie die bester is dardie afdeeling.

Re: 4-16x50 Nikon Monarch

Posted: Sat Mar 22, 2014 5:22 pm
by Gawie(13mm)
Dwight375 wrote:Dankie Manne

Ek het hom gekoop ek is baie bly oor die teleskoop. Nou moet ek net ladings kry wat werk in daai 243- ek hoor dit kan nogal n pyn wees.

Baie groete
Geluk met die glase.

Die kenners wat jou meegedeel het dat die 243 HOWA 'n probleem kind is, moet geteer-en-veer word >:+

Die resep is maklik. Daar is twee dinge wat jy nie moet doen nie.

No1: Moenie PMP doppe gebruik nie.
No2: Moenie koeëls swaarder as 90 greiners in die 1:10 groefdraai probeer nie.

Die moets is maklikker:

No1: Koop Lapua doppe.
No2: Koop genoeg van 'n Lot 365.
No3: Nosler en Sierra en Hornandy koeëls tussen 70 en 90 grein is sy stapelvoedsel.

Voor jy karring, vra mooi vir 3Poot om sy QL kennis met jou te deel. Dit alleen sal jou 'n fortuin spaar.

Ek, Kallie, JTM en 'n menigte ander 243 Howa skieters gooi baie mooi skote met min moeite. Ja, ons is nooit tevrede nie, maar dit is alles Oom PW en Corné se skuld met hul 308's. ;D

Skree as jy vasdraai. Ons sal nie die HOWA se naam laat val nie. 8)