Page 1 of 1
Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Fri Jan 28, 2011 11:21 am
by Stefan764
http://www.youtube.com/watch?v=gaf_YR1GH5I&feature=fvw
Wat dink julle manne? Kan die ou trots wees op die leeu"jag" van hom??
Hoor op 3min20sek in video hoe blaf die honde in die agtergrond. My raaiskoot dit was verseker n mak leeu.
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Fri Jan 28, 2011 12:17 pm
by WillemS
Daai leeu is so mak soos 'n lammetjie!
Dink die verskil tussen die 2 is net die hoeveelheid tande!!!
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Fri Jan 28, 2011 12:22 pm
by Yalair
Arme leeu hy dink hulle kom vryf hom

'n wille leeu le jou nie so en kyk nie

Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Fri Jan 28, 2011 8:44 pm
by James Wilson
Stefan, ek is bly om te sien dat jy die Jag in aanhalings tekens gesit het. ek het n moerse probleem met die etiket van geblikte leeu jag. die produk wat bekend staan as geblikte leeu jag, is baie dinge maar een ding is dit nie, en dit is jag. noem dit voorsit skiet of kat skiet of mak leeu skiet of leeu uitsit. maar nooit mag ons dit jag noem nie. dit het baire gevolge vir ons as jagters, as hierdie etiket van geblikte leeu "jag" as jag aanvaar word, deur die nie jag publiek. ek glo die meeste nie jagters in sa, is nie jagters omdat hulle:- dit nie kan bekostig nie: hulle nie weet hoe nie; hulle bloot nie hou van jag nie. maar in wese het hulle nie n probleem met jag as n beginsel nie. maar begin iets soos die geblikte leeu skiet, as jag verstaan word in die volksmond, dan belowe ek jou gaan ons as regte jagters daaronder ly!
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Fri Jan 28, 2011 8:53 pm
by Louis102
Jagbehep! wrote:
... ons as regte jagters daaronder ly ...
Jagbehep
Wanneer, per jou definisie, is 'n mens 'n "regte jagter"?
Louis
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Sat Jan 29, 2011 9:45 am
by James Wilson
daar is sekerlik n kriteria waaraan jy jouself kan meet en kan nastreef. een so n punt is wanneer jy weier om beblikte leeu skiet, jag te noem.
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Sat Jan 29, 2011 12:44 pm
by iceman1982
Ag nee wat. Ek het nie eens na die link gaan kyk nie, en will ook nie.

Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Sat Jan 29, 2011 4:55 pm
by baboonstalker
Jag is sekerlik verskillende dinge vir verskillende ouens.
In sy suiwerste (praktiese) vorm is jag seker die opspoor, selektering, benadering/ bekruip en dood van wilde diere in sy natuurlike habitat.
een ou gaan s? jy moet hom te voet opspoor, bekruip en dood. "n ander ou weer is OK daarmee om hom per voertuig op te spoor, 'n kort bekruip te voet en dan dood. Nog 'n ou skiet sommer van die bakkie af ook. Elke ou het seker die reg om dit te doen soos hy verkies.
Ek persoonlik hou daar van om koedoes te voet op te poor, te bekuip en te dood. (dan kom die uitdra ook mos nog... wie spoor dan 'n koedoe langs die pad op

) Dit is vir my 'n treat om tyd in die veld te spandeer, en as jy dan jou bok kry is dit 'n bonus.
As ons wilde varke "jag" is dit weer iets heel anders, jy spoor die varke (lees peste) op met die voertuig, jaag hulle in en verklaar oorlog op die trop as jy hulle het. Dit is plaagbeheer en soveel varke as moontlik moet gedood word. Oes van wild het ook sy plek al sal dit die greenies nagmerries gee, maar ons noem hom op sy naam - oes, nie jag nie.
Ek glo die ouens wat leeus geteel het vir jag was 'n goeie ding. Daar is sekerlik van hulle wat oneties was deur diere te verdoof en dan die klie?nt te laat glo hy "JAG" die leeu en ek keur dit nie goed nie. As 'n man leeus teel en hulle word in 'n groot kamp gelos waar hulle self kan jag en wild wees het ek egter nie 'n probleem daarmee as hy van sy leeus laat uitskiet/"JAG" nie.
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Sat Jan 29, 2011 6:27 pm
by henslin
Een van die grootste 'bullshit' stories op die web !!
Die PH was nie eers gewapen nie. ( So lyk dit op die video )
Leeutjie het nooit sy ogies geknip nie ( Vriesbrand ? )
Vluglyn van die pyl was tussen of regs van die boonstamme. ( Doodskoot op die plek ? Vitals ens. )
EK IS BLY DIT IS NIE MY LOGO OP DIE VIDEO NIE !!!!!
Re: Geblikte Leeujag (met boog)
Posted: Sat Jan 29, 2011 8:30 pm
by Christo
Shame. As ek die comments op Youtube lees voel ek soos hierbo. Iets is missing