Page 1 of 1
Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 7:51 pm
by Nico Harris
ek het nou maar onlangs begin laai vir my 243win. ek het 50 winchester doppe gekoop en my eerste 50 rondtes gelaai- die rondtes het my 10mm-20mm groeprings konstant gegee sonder enige moeite! daarna weer 50 gelaai met dieselfde uitslag! daarna laai ek toe weer 50 en die rondtes groep so net oor n duim...dink niks daar van nie...mens het mos partykeer n afdag! die rontes op gebruik. daarna weer dieselfde lading gelaai- toe groepeer die 243 darm vir jou ! niks onder n duim en n half en gooi heavy flyers en in my laaste twee groepe stoot hy twee primers!
Wat ek nou will weet;
1- is ek korrek om aan te neem my akkuraatheid het gely oor die donuts?
2- is ditmoontlik vir die 243win om na net twee keer gelaai dat die doppe sulke groot donuts stoot?(na ek batch 4 klaar geskiet het het n koeel in die dop probeer sit- hy gan so 5mm in dan wil hy nie meer nie- maak nie saak hoe hard ek hom druk met my hand nie)?
3- wat is die oplossing?( ek will nie ligter koeels skiet nie)
n vriend het voorgestel ek koop n Lyman universal case trimmer en n inside neck reamer wat op hom pas en haal dan na elke skoot eers die donut uit die nek uit voor ek weer laai of na elke tweede skoot vir ligter ladings. ek het maar solank die case trimmer gekoop want ek het n in elkgeval n goeie een nodig. dink julle die inside neck reamer is die regte keuse?
groete
nico
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 8:42 pm
by Christo
Nico,ek het dieselfde probleem gehad met PMP doppe. Skiet nou 55gr en hulle kom nie tot by die dougnuts nie, maar voor dit het ek baie duur 'n reamer gekoop by S&O en jy kan eintlik een koop by 'n ingeneursverskaffer vir baie minder. Die toets is dat 'n koe?lpunt moet deurval, vrylik anders weet jy daar is 'n doughnut.
My 1c
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 8:47 pm
by Yalair
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 8:55 pm
by Francois Marais
Nico
Dit is maar n 243 pyn......
Het met oom Chris van Niekerk gepraat, hy se die binnekant van n doppie se nek is "heilige grond", daar kom jy nie, sy oplossing is om die doppe deur n necksizer die te sit wat n expander ball in het en dan die doughnut aan die buitekant weg te sny met n outside neck cutter.
Ek het dit nog nie probeer nie, slegs die advies wat ek gekry het, verkoop dit maar teen dieselle prys wat ek dit gekry het......
Mooi loop
Francois
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 9:04 pm
by 243Songdaug
Cois/Nico
Ek sny ook liewer my doughnuts aan die buitekant weg - moet egter s? dat ek biae lanklaas so 'n probleem ervaar het.
My oplossing was om 'n minimum van 400 doppe per kaliber te h? en hulle om die beurt te herlaai - teen die tyd dat die doughnuts begin pla het 'n paar jaar verloop.
Groete.
Jaco
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 9:16 pm
by Pvdw
Re: Donuts!?
Posted: Thu Jan 27, 2011 9:28 pm
by JOHANNIC
Peet
Dis waneer jou geweer hardlywig is

Dankie tog ek skiet ook 55gr en soos Christo se hulle kom nie tot by die nek nie,en dit beteken jou roer het n opelyf
Skuus ek het vergeet n d-nut is die vloei van die bras/koper na die nek en dit maak n verdikking en waneer jy jou koeel seat knyp hy hom stywer vas as waneer jy bv n dop het wat nie gevloei het nie en dit veroorsaak gevaarlike druk ;)Die slim manne kan seker beter verduidelik as dit,ek het nog nooit een in my 243 gekry nie,so my kennis is maar min met die d-nut ding
Groete johan
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 7:32 am
by Nico Harris
hoe vinnig n donut jou pla het ok te doen met hoe styf jou kamer is. N los kammer kan baie langer skiet voor n donut in hm sal pla as n stywe kamer!
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 9:22 am
by Stefan764
So die 243 is toe nou nie so "untouchable" nie.....

Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 9:50 am
by Gerhard
Stefan764 wrote:
So die 243 is toe nou nie so "untouchable" nie..... ;D
Moet nou nie kom staan en krap nie .... >:(

Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 10:07 am
by Nico Harris
Stefan... performance comes at a price- soos die engels man sal se! hoe vinniger hy hardloop hoe meer vreet hy! maar
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 10:50 am
by tafjak
Nico
dink julle die inside neck reamer is die regte keuse
......bly maar weg van die binnekant van die nek, sny weg aan die buitekant.
Om doughnuts te vermy(na my mening): 1. Hou die druk binne perke(eerder mild, van mild na te hoog is omtrent 70fps in die swaarder greine en bied niks meer nie). 2. Neck size net 3mm van die nek.
Alle kalibers gee doughnuts(7x64 en 270 van die grotes), net meer gevaarlik hoe kleiner die kaliber en almal is die direkte oorsaak van te ho? druk. Gewoonlik word die doppe weggegooi voordat die doughnut gevaarlik word en merk dit nie sommer op nie.
Net my mening. Ek het baie gesukkel met doughnuts so 7jaar gelede en ken dit gladnie meer in die laaste 6jaar nie. Het net verdwyn in my geweer nadat ek die drukvlakke en neck sizing hersien het.
Voorspoed.
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 2:00 pm
by Nico Harris
Dankie vir die info taffie! Ek het nou heelwat rond gevra en gelees- die manne in die usa reken die inside reamer is die manier om te gan...van die ouens met wie ek gepraat het skiet nogal long range ok- 500 plus yards! Ek het nou klaar die doppe met die donuts. Ek weet watse akuraatheid ek voorheen gekry het. Ek gan n reamer koop en van hulle ream(het kla nuwe doppe gekoop) dan sal ek hulle weer presies dieselfde lading laai en kyk hoe die akuraatheid dan is! Wat dink julle?
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 4:06 pm
by Freddie101
Harris
Vir wat dit werd is. Op advies het ek lank terug my pmp doppe weggegooi(doughnuts gekry) en oorgeslaan na winchester en nog nooit weer gekry nie. Freddie
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 4:40 pm
by Nico Harris
Freddie die doppe wat ek gebriuk is juis winchester doppe...

Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 8:10 pm
by Francois Marais
Freddie
Het jy dalk iets anders saam verander toe jy oorgeslaan het na Winchester toe, ander die of lading of iets.......
Mooi loop
Francois
Re: Donuts!?
Posted: Fri Jan 28, 2011 8:56 pm
by James Wilson
30k@k; dertig nul kwes; 300wind bag; 24doughnut; elke geweer het maar sy pyn.