Page 1 of 4

Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Thu Jan 27, 2011 5:09 pm
by klipspringer
Ek wil graag by julle nagjagters weet watter kruishaar goed vir nagskiet werk. Die verskillende vervaardigers se kruishare kom in baie opsigte ooreen hoewel hulle verskillende name het. Tog kan dit wees dat sommige vervaardigers se spesifieke kruishaar bo 'n ander verkies word.

Kategoriee waarin dit bespreek kan word sluit in:

1. Tipe, soos verskillende "plex, mildot, bullet drop / windage compensators", ens.
2. Dikte op verskillende plekke - dalk is dit moeilik sigbaar of andersins maak dit dalk te veel van die teiken toe.
3. Eerste / Tweede Vlak. (In die eerste vlak word die kruishaar groter met groter vergroting; in die tweede vlak bly die kruishaargrootte konstant.)
4. Verlig / Nie-Verlig.

Las gerus aan, kritiseer asb. indien nodig.

Dankie.

Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Thu Jan 27, 2011 5:32 pm
by Louis102
klipspringer wrote: ... Ek wil graag by julle nagjagters weet watter kruishaar goed vir nagskiet werk ...
Klipspringer

Waarskynlik die kruishaar waaraan jy gewoond is.  Sal wel s? hy moet dik genoeg wees om sonder 'n verligte kruishaar te kan regkom, veral as 'n man se o? so bietjie swakker raak met die jare.

Louis

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Thu Jan 27, 2011 5:38 pm
by klipspringer
Louis

Dit maak sin. Watter spesifieke kruishaar werk vir jou die beste gedurende die nag?

Is dit in die eerste of tweede vlak?

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Thu Jan 27, 2011 7:46 pm
by Francois Marais
Jan

Wil saam met Louis stem, seker maar soos die vergroting wat jy verkies om op te skiet in die nag. Die een wat jy n wyle gebruik en aan gewoond is.

Vir my is dit die Leopold Varmint kruis, kom baie lekker daarmee reg, en op my dag oeste werk die adissionele afmik punte baie goed.

Hou van my kruis op die tweede vlak, laaik nie die goed wat so duk word nie, en hou ook nie van verligte kruis of mikpunt nie, die teleskope wat ek ondervinding in het, Leopold en Lynx, as die verligte kruishaar aangeskakel word, verloor jy te veel van die beeld op lang afstand. Die enigste scope wat goed gewerk het met verligte mikpunt was n Nightforce, die NP2-DD se mikpunt was te klein om te sien in die lig en het die verligte kruis baie gehelp.

My 2c.......

Mooi loop
Francois

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 11:10 am
by tafjak
Jan

Elke ou gaan ander idee h?. Myne is egter die #4 kruishaar(duitse modelle en sal die #42 as ultimate in my mening h?). Hou nogsteeds van die haar op die 2de focal plane as die vergrotings meer as 10x is. Die #8 kruishaar moet na my mening slegs op die 2de focal plane wees, te dik op lae vergrotings.

Mooiloop

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 11:58 am
by Louis102
klipspringer wrote: ... Watter spesifieke kruishaar werk vir jou die beste gedurende die nag?...Is dit in die eerste of tweede vlak?...
Jan, jammer sien nou eers jou vraag:

Ek is nou nie 'n boffin nie, maar het ook 2 Duitse maak scopes waarvoor ek baie lief is en 'n opinie oor sal gee.  Hoe minder "besig" 'n scope is, hoe meer in my smaak val hy vir nagjag.  My S&B het 'n kruishaar wat kan verlig (gebruik nooit) en effe vetter en maerder raak na gelang van die vergroting waarop jy skiet (neem aan dit is op die tweede vlak) en die ander een (Zeiss) kan nie verlig nie en bly die selfde al stel jy die vergroting (neem aan dit is op die eerste vlak)  Dit pla my nie een of ander kant toe nie omdat ek 'n punt daarvan maak om tydens ongedierte jag, altyd op die selfde vergroting te skiet.

As ek moet kies, die eenvoudige mildot (dink dis no. 43 maar mag verkeerd wees) van die Zeiss - nie te dik nie, nie te dun nie, net reg!

Louis

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 1:34 pm
by klipspringer
Francois

Hier is die Leupold Varmint Hunters kruishaar: Image (Ek hoop ek kry dit reg om die prentjie te plaas.)

Dit is in die tweede vlak wat beteken die grootte bly dieselfde met vergrotingverstelling. Hierdie kruishaar gee jou heelwat opsies wat afmik aanbetref. Mens moet dit natuurlik vir jou spesifieke geweer "fine tune" asook die afstand, windspoed en windrigting goed kan lees om dit goed te kan gebruik. Die dikte van die kruishaar hou ek nogal van.

As die kruishaar dikker en groter word soos die vergroting opgestel word is dit in die eerste vlak. Soos die teiken groter word, word die kruis ook groter. Omdat die verhouding van die kruisgrootte tot die teikengrootte dieselfde bly is die voordeel dat jy vinniger afstand kan bepaal. Die nadeel kan wees dat die kruis te prominent word.

Wat die verligte kruishaar aanbetref het ek geen ondervinding en ek lees graag wat die voor- en nadele hiervan is. Dit klink of die "gloei" van die verligte kruishaar in die sesifieke Leupold en Lynx 'n gedeelte van die beelde verberg. Is dit wat jy bedoel?

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 1:45 pm
by Dawie
Hallo

Vir my werk die Nightforce se MIL-DOT,  sonder om te verlig,  baie goed hy's nie te dik of te dun nie.  

Ek het nou paar keer met 'n vriend se Lynx LX2 5-20x50iR ?? met daai groen verligde kolletjie geskiet en hy werk baie lekker,  ou moet hom net eers gewoond raak want jy verwar die kolletjie met jakkie se o? aan die begin.  

Het so paar aande gelede 'n skelm jakkie op 185m geklop uit 'n dagskietstoeltjie met LED LENSER M14 flitsie op die scope. Kon net die ogies sien op daai afstand met die flitsie,  het toe geraai waar sy lyf is en gegooi.  Daar het daai verligde kolletjie regtig tot sy reg gekom,  sou met 'n onverligde kruishaar gesukkel het om te sien teen die donker agtergrond.

Cheers
kojak

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 9:00 pm
by Francois Marais
Jan
Wat die verligte kruishaar aanbetref het ek geen ondervinding en ek lees graag wat die voor- en nadele hiervan is. Dit klink of die "gloei" van die verligte kruishaar in die sesifieke Leupold en Lynx 'n gedeelte van die beelde verberg. Is dit wat jy bedoel?
Dit is reg ja, die liggie verlig die binnekant v/d tube en jy sien nie meer die beeld so duidelik nie.

Sorry, het die eerste en tweede fokal plain dinge omgeruil gehad, maar het hom nou......

Mooi loop
Francois

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 9:42 pm
by Mac
Moet se, ek stem nie saam dat 'n verligte kruishaar die teiken verdof as dit reg gebruik word nie. Ek gebruik nou al 'n geruime tyd 'n verligte kruishaar, eers op 'n Lynx, en huidiglik op 'n leupold. die geheim is om nie 'n kersboom van die kruishaar te maak nie, sit hom aan met die lig redelik kwaai verdof, ek gebruik dieselfde intensiteit as waarmee ek soek, en dan verlig die kruishaar totdat dit net net duidelik is. Ek het al twee nou net getoets op 'n bekende 300m teiken, en die Lynx se "dot" kan tot 4 clicks verlig word voordat ek 'n verskil op die teiken kan sien, (ouerige battery) en die Leupie se kruis 2 clicks. (nuwe battery).

It's a question of choice, maar ek hoef nie my lig te verhelder as ek wil skiet nie, as ek 'n silhouette het, kan die skoot maar loop, ander kla die veligte gedeelte sit hulle af, gee die scope net 'n kans, jou hoorlosie het jou ook in die begin gepla, so ook jou eerste bril, ring of enige ander nuwe ding. besluit maar self.

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 10:03 pm
by klipspringer
Tafjak

Die #4 kruishaar wat bv. in Zeiss gebruik word het die klein dun kruisie in die middel, wat na onder, links en regs verdik.
Die #8 kruishaar weer het 'n effens wyer dun kruishaar in die middel wat na al 4 rigtings verdik.
Die #42 kruishaar is grootliks dieselfde as #4, behalwe vir een strepie op die onderste vertikale been, net onderkant die middelpunt.

(Ek wil fotos van die kruishare plaas, maar dit werk nie. As iemand weet hoe, laat weet asb.)

Hoe gebruik jy die addisionele strepie op die #42 kruishaar?

Soos ek dit sien verkies jy die #4 kruishaar omdat die boonste vertikale been dun is. Sou jy die #8 kruishaar gebruik, verkies jy dit liewer op die tweede vlak omdat die boonste dik vertikale lyn te dik word op hoe vergroting in die eerste vlak? Is dit reg?

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 10:51 pm
by klipspringer
Louis

Geen probleem.

Hou jy van die minder besige kruishaar vir die nagskiet om so min moontlik van die teiken toe te maak?

Die #43 kruishaar van Zeiss is die mil-dot ja. Ek hou ook baie daarvan. Gebruik jy dit vir afstandbepaling?

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 11:02 pm
by Francois Marais
Jan

Ek kry nie fotos van die kruishare opgelaai nie, gee n error.

Ek sal nog krap en kyk.....

Mooi loop
Francois

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Fri Jan 28, 2011 11:11 pm
by klipspringer
Dankie Francois.

Dis nie dringend nie, maar sal nogal goed werk as ons later 'n paar prentjies van gewilde kruishare kan oplaai.

Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Sat Jan 29, 2011 12:40 am
by Louis102
klipspringer wrote: ... Hou jy van die minder besige kruishaar vir die nagskiet om so min moontlik van die teiken toe te maak?...Die #43 kruishaar van Zeiss is die mil-dot ja. Ek hou ook baie daarvan. Gebruik jy dit vir afstandbepaling?...
Jan

Persoonlik hou ek nie van 'n spinnerak of te vreeslike bre? strepe in my roofdier-roer se teleskoop nie.  My motto is "Keep it simple" - "Fancy Stuff" lei aandag af en maak deurmekaar.  Ek wil so goed moontlik kan sien en konsentreer op die roofdier se manier/gedrag soos hy inkom (al gesien hoe 'n rooikat "verdwyn" teen die agtergrond as hy ligsku raak?) en om een duidelike aanl?-kruis te h? om op te fokus as ek skiet.  Die mil-dot pla nie en help baie met diepte persepsie - d.w.s. die grootte/afstand van die roofdier (ook hoekom ek nooit met die vergroting waarop ek skiet, peuter nie)  Meermale moet jy baie vinnig kan fokus en skiet terwyl daar bitter selde wesentlike afmik of pin point afstand berekeninge nodig is in die roep & skiet game (gegewe 'n redelike platskiet-kaliber, natuurlik)

Net my persoonlike smaak en waarneming.

Louis

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Sat Jan 29, 2011 12:48 am
by Louis102
Francois Marais wrote: Ek kry nie fotos van die kruishare opgelaai nie, gee n error.
Probeer die "snipping tool", dit behoort te werk?

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Sat Jan 29, 2011 12:00 pm
by klipspringer
Dawie wrote: Hallo

Vir my werk die Nightforce se MIL-DOT,  sonder om te verlig,  baie goed hy's nie te dik of te dun nie.  

Ek het nou paar keer met 'n vriend se Lynx LX2 5-20x50iR ?? met daai groen verligde kolletjie geskiet en hy werk baie lekker,  ou moet hom net eers gewoond raak want jy verwar die kolletjie met jakkie se o? aan die begin.  

Het so paar aande gelede 'n skelm jakkie op 185m geklop uit 'n dagskietstoeltjie met LED LENSER M14 flitsie op die scope. Kon net die ogies sien op daai afstand met die flitsie,  het toe geraai waar sy lyf is en gegooi.  Daar het daai verligde kolletjie regtig tot sy reg gekom,  sou met 'n onverligde kruishaar gesukkel het om te sien teen die donker agtergrond.

Cheers
kojak
Dawie

Ek het na die Nightforce mil-dot gekyk. As jy daarvan hou dat dit nie te besig is nie, lyk dit goed. Die hol kolletjies maak ook jou sigarea groter.

Hoe vind jy die helderheid van die groen kolletjie in die Lynx LX2? Kan die helderheid laag genoeg stel om nie te veel "gloeiing" rondom die kolletjie te veroorsaak nie?

My afleiding sover is dan ook soos jy gese het dat die verligte kruishaar tot sy reg kom wanneer die teiken nie goed genoeg verlig is nie? Dit is nou mits dit nie die beeldkwaliteit negatief beinvloed nie.

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Sat Jan 29, 2011 6:13 pm
by Dawie
klipspringer wrote:
Ek het na die Nightforce mil-dot gekyk. As jy daarvan hou dat dit nie te besig is nie, lyk dit goed. Die hol kolletjies maak ook jou sigarea groter.

Hoe vind jy die helderheid van die groen kolletjie in die Lynx LX2? Kan die helderheid laag genoeg stel om nie te veel "gloeiing" rondom die kolletjie te veroorsaak nie?

My afleiding sover is dan ook soos jy gese het dat die verligte kruishaar tot sy reg kom wanneer die teiken nie goed genoeg verlig is nie? Dit is nou mits dit nie die beeldkwaliteit negatief beinvloed nie.

Groete
Jan

Jan

Ek het destyds die Mill-Dot reticle op die Nightforce spesifiek gekies oor die dikte van die kruishaar nadat 'n vriend van my se Leopold LRT scope se hare vir my defnitief te dun was.  Verder het die MILL-DOT kruishaar vir my maar net cool gelyk,  darem nie te besig nie en het die dots ook nog vir niks gebruik nie.  Ek het nou eers agtergekom toe ek begin kyk het na 'n scope vir my 243 dat bv. die NP-R2 en NP-R1 vir my te wollerig en te fyn is,  toe op die NP-2DD besluit,  maar ek sal daai scope aanvanklik vir dagskiet gebruik.

Die Lynx scope se kolletjie kan ou lekker flou stel,  ja en ek glo nie dat wanneer hy flou is die beeld sal beinvloed nie.  Ek laaik daai scopie.  Vir nagskiet met verligde kruishare,  is so flou moontlik hoe gestel moet word.

Cheers

Dawie

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Sun Jan 30, 2011 6:41 pm
by klipspringer
Dawie

Die NP-2DD se sigarea het baie min obstruksies, maar a.g.v. die fyn kolletjie as mikpunt het ek ook gedink dat dit beter vir dagskiet is.

Ek kan nog nie die fotos hier geplaas kry nie, so die ouens wat na die Nightforce NP-2DD en Lynx se iPlex wil kyk, moet asb. op www.nightforceoptics.com en www.lynx.co.za gaan kyk.

Groete

Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Mon Jan 31, 2011 11:49 pm
by klipspringer
Mac wrote: It's a question of choice, maar ek hoef nie my lig te verhelder as ek wil skiet nie, as ek 'n silhouette het, kan die skoot maar loop,
Mac

Ek lei van jou en Dawie af dat wanneer die teiken nie goed verlig is nie, die verligte kruishaar handig te pas kom, maar dat die intensiteit nie te hoog gestel moet word nie.

Watter kruishaartipe gebruik jy onderskeidelik op die Leupold en die Lynx?

Groete
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Tue Feb 01, 2011 7:53 pm
by Mac
Die Lynx het 'n verligte kolletjie in 'n basiese kruishaar, en die Leupold 'n verligte kruis was vry staan. werk vir my.

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Wed Feb 02, 2011 12:14 am
by Francois Marais
Manne

Hier is die Zeiss se kruise, #4, #8, #43 onderskeidelik.....

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Wed Feb 02, 2011 12:15 am
by Francois Marais
Hier is die Leopold se Varmint Hunter kruis.......

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Wed Feb 02, 2011 6:26 pm
by klipspringer
Dankie Francois, nou kan ons die kruishare mooi besigtig.

Ek moet se daai Leupold Varmint kruishaar lyk lekker vir vinnig skiet aangesien daar heelwat mikpunte is wat jy in verskillende toestande en op verskillende afstande kan gebruik.

Daar is manne wat ook van die volgende kruishare hou:
Zeiss #42
Nightforce NP-2DD
Leupold Illuminated Duplex (Met die los kruisie)
Lynx iPlex

As jy my vertel hoe sal ek dit graag laai.

Dankie
Jan

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Posted: Thu Feb 03, 2011 9:31 am
by Dawie
Terloops

Ek wag nog vir my NP-2DD scope so as ek hom kry gaan ek mooi die Mill-Dot met hom in die aand vergelyk....

'n Ding wat bietjie krap van die Nightforce is dat jy die scope moet oopmaak op die sidefocus en dan met 'n skroewedraaier die intensiteit van die verligting v.d. kruishaar moet stel,  dit los jou in jagsituasie net met 'n keuse van aan en af.

Oorsig van Nightforce kruishare......

http://nightforceoptics.com/nightforces ... rview.html

Bietjie meer oor die kruishare....

http://nightforceoptics.com/nightforces ... etail.html

NP-2DD.....

http://nightforceoptics.com/nightforces ... html#np2dd

Mill-Dot....

http://nightforceoptics.com/nightforces ... tml#mildot