Page 1 of 1

MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 6:08 pm
by birklec
Goeie Dag lede!
Ek wil net graag hoor of iemand die bogenoemde teleskope ken of al gebruik het,en hoe jul hom gevind het?
Ek het gekyk na die 6-24x56 taipan en viper vir my Tikka varmint 260.
Hoor graag van jul.
Groete

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:16 pm
by Sangoma (IAN)
Ek persoonlik sal nie MTC aanbeveel nie. Die rede, geen back-up diens tans in die land.

As iets fout gaan sal jy def sukkel om dit te laat regmaak of te diens.

Kyk eerder na Rudolph, omtrent in dieselfde prysklas.

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:30 pm
by birklec
Dankie Sangoma!
Hoe sal die Hawke tac 30 met MTC en Rudolph vergelyk?

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:34 pm
by G-force
Ek en Geno het al die Viper en die Taipan gebruik vir nag en dag skiet.Daar is beter glas ja maar hulle doen goed en breek nie sommer nie veral as jy na hul prys kyk.
Groete
Ge

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 8:18 pm
by birklec
Dankie G-force.
Watter een is beter vir lang afstand en veldskiet kompetisies?
Wat in selfde prysklas sal die mtc viper of taipan klop?

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 9:05 pm
by Sangoma (IAN)
Lynx en Rudolph in my opini is baie beter waarde vir geld. Kyk of jy nie dalk n goeie 2de handse een kan kry nie. Hier op die forum was n Rudolph 6-24 te koop vir R5000.

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 9:19 pm
by James Wilson
n MTC Viper, is vir my baie soos n 308. Ky kan met albei eksperimente doen, en dit bly werk.
Wie van julle net al deur n n MTC Viper gekyk! Een van die mees heldersye wcopes op die mark. Dit sĂȘ ek as n Swarovski eienaar.

Ek net my MTC verloor in n ongeluk. Ek kannie glo dat vir die prys, is daar iets wat die scope kan klop nie.

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Wed Mar 05, 2014 9:38 pm
by birklec
Is daar enige verskil in glase tussen die viper en taipan?

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Thu Mar 06, 2014 7:47 am
by Geno
Ek het 2 Taipans.
Een op my .25-06, en een wat op my .204 was, wat nou 'n backup scope is. Albei het nog net goeie diens gelewer.

G-Force het 'n Viper op sy .338LM gehad, wat ook goed gewerk het.

SP (Voltydse jakkalsjagter) jag jakkalse met 'n Viper.

Ludwig het 'n Taipan gehad watse lense losgekom het. So, altesaam is dit maar hit or miss.

Daar is sprake dat iemand die Optisan agentskap gekry het in SA, maar die ou antwoord nie eers eenvoudige vrae van my af nie.

Ek sou ook eerder kyk na Lynx of Rudolph in daardie prysklas. Selfs Nikon. Al 3 daardie fabrikate se naverkope diens is baie goed.

Groete,
Eugene

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:25 am
by BLOK
Ek het ook n Tampan geskiet, lense was baie helder maar die scoe kon maar net nie sy zero hou nie. Elke keer voor jy uitgaan moes jy eers eker maak hy skiet reg. Ek weet Sp wat tans een mee jakkals skiet se hy moet ook maar elke week gaan kyk of die scope nog op zero is.

Seker nie n sleg scope nie, maar met hul naverkope diens as ek luister wat ondervind word, dink ek daar is ander op die mark vir die selfde prys wat die werk net so goed sal doen.

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:30 am
by Geno
Blok, joune was 'n MTC Viper, nie Taipan nie. SP het ook 'n Viper.

Die Taipan is 'n baie beter scope as die Viper.

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:49 am
by BLOK
Jy is reg Geno ek het gaan kyk myne was ook n MTC al was dit die Viper. ;) ;D ;D

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Thu Mar 06, 2014 9:27 am
by Marc
G-force wrote:Ek en Geno het al die Viper en die Taipan gebruik vir nag en dag skiet.Daar is beter glas ja maar hulle doen goed en breek nie sommer nie veral as jy na hul prys kyk.
Groete
Ge

Ek stem Ge, ek het myne teen my wil verkoop en moet ek se dis 'n baie lekker teleskoop in sy gewig klas. Hy stel hou vir hou akuraat en kom altyd terug zero toe, hulle is robust en kan bietjie pakslae vat as dit kom. Die enigste nadeel is die effe dowwe glas, maar vir sy prys moes hulle op iets terug hou. Die turrets is baie goed.

My 5c

Re: MTC Viper of MTC taipan teleskoop

Posted: Sat Mar 08, 2014 12:24 pm
by wouter Stols
my tikka 30-06 het n viper op 8-32X60

nog nooit terug gekyk nie!!! in my opinie fantastiese scope vir min geld!