Page 1 of 1
Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 11:25 am
by Jakkie 321
Dagse
Skape word nie dood gebyt nie en daar is net n hap uit die bout uit. Geen byt merke aan die nek of kop area nie. Ook geen krap merke nie.
Daar is al 50 skape so verloor oor die afgelope 2 maande.
Sal kyk of ek fotos kan kry maar op hierdie staduim het ek nie.
Wag in afwagting vir julle opinies.
Dankie
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 11:31 am
by Skolla
Hond of honde ?
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 12:03 pm
by katjak
Dit is defnitief rooijakkals. Jaag die skaap tot hy moeg is en gaan le en vreet dan. Rooikat vreet nie aan lewendige aas nie. Honde verskeur die karkas. Jy kan maar gaan sit en wag vir hom. Heel moontlik ook n ou jak. Groete. Katjak
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 12:54 pm
by roux cf
Rooijakkals!!!
Rooikat sal nie n ding laat lewe nie, en honde skeur gewoonlik die ore ens uitmekaar.
Gaan soek maar daai vlekkies, as daar jonges is wat wissel, kan dit ook die sondaars wees.
Maar dis sonder twyfel ROOIJAKKALS!
Groete,
CF
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 5:58 pm
by johans
baie ouens gaan verskeie opinies he,neem fotos en stuur dit vir niel viljoen.ek dink egter ook dis jakkals
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 6:30 pm
by Wayne
My experience: Dogs make a mess, sheep are bitten all over, so I would rule out dogs. Katjak has probably nailed the culprit, old jakkie.
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 6:42 pm
by Martin Marais
Rooijakkals,sonder twyfel. Katjak som dit vir jou baie korrek op. My persoonlike ondervindig is dat dit gewoonlik 'n baie ou alleenloper jakkals is wat so vang. Die slagtande is al geslyt,en dus sukkel hy om die skaap dood te byt.
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 7:48 pm
by Mac
Klip in die bos;
Hoekom dink julle dit is 'n ou jakals as dit oorweldigend in die 3 tot 4 maande wat die jong jakkalse uit beweeg dat boude happe uit gebyt word?
Re: Wat vreet so!
Posted: Wed Mar 05, 2014 8:00 pm
by johans
Mac wrote:Klip in die bos;
Hoekom dink julle dit is 'n ou jakals as dit oorweldigend in die 3 tot 4 maande wat die jong jakkalse uit beweeg dat boude happe uit gebyt word?
Ou jakkals weet dalk hy kani doodbyt nie?ekt by my gevind dat jong jakke probeer het om dood te byt-kwesplekke aan die kop
Re: Wat vreet so!
Posted: Thu Mar 06, 2014 7:49 am
by Geno
Mac wrote:Klip in die bos;
Hoekom dink julle dit is 'n ou jakals as dit oorweldigend in die 3 tot 4 maande wat die jong jakkalse uit beweeg dat boude happe uit gebyt word?
Ek stem saam met Mac.
Jong vlekke wat nie lekker weet hoe om te vang nie...
Re: Wat vreet so!
Posted: Thu Mar 06, 2014 8:31 am
by roux cf
In my vorige post het ek dit gemeld, maar lyk my dis mis gelees.
As jong jakkalse wissel, en dis moontlik daar is tewe wat laat gewelp het, is hulle bekke baie seer en byt hulle nie so lekker nie. On hierdie rede word prooidiere net gehap en pense en boude word dan happe uit gebyt. Hoop dit maak sin. Sien dit gereeld.
Groete,
CF
Re: Wat vreet so!
Posted: Thu Mar 06, 2014 3:42 pm
by Jakkie 321
Baie dankie vir al julle inligting dit maak sin.
Groette