Page 1 of 1

strelok gebruikers help asb

Posted: Tue Mar 04, 2014 5:36 pm
by douw
Kan ek asb iemand skakel wat strelok gebruik. Pm my as jou nommer.

Groete
Douw

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Tue Mar 04, 2014 5:49 pm
by Gawie(13mm)
Naand Douw. Het jou pm gestuur.

Groete,
Gawie.

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Tue Mar 04, 2014 8:45 pm
by Beyers
Wat is die vraag?
Dan kan almal leer

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Tue Mar 04, 2014 9:02 pm
by Gawie(13mm)
Dit wil voorkom asof Douw die spoed in v/sek as m/sek ingesluitel het.
Met 3600m/sek sal daai koeƫl jou agter die kop tref voor jy weer op teiken is na die terugskop ;D
Die verniet weergawe het ook nie die groefdraai funksie nie.
Manne die R70.00 is die moeite werd vir die Pro weergawe.

Na die naweek sal ek die moeite doen om 'n beskrywing en uiteensetting van die Pro weergawe te doen.

Groete,
Gawie.

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:44 pm
by douw
Dankie Gawie vir jou tyd en moeite.

Beyers, ek het 'n reeks vrae gehad, en dit het toe sommer maklik gegaan omrede Gawie "screenshots" van sy Strelok kon neem en sommer Whatsapp.

Die probleem wat ek gehad het, was dat ek my geweer ge"zero" het op 200m, en eers van 600meter af wil die program verstelling gemaak het. Ons het toe agter gekom dat ek die spoed ingelees het as 3528, dit was egter in m/s en nie vp/s soos ek gedink het nie.

Groete
Douw

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:09 am
by BRNO (Pierre)
douw wrote:Dankie Gawie vir jou tyd en moeite.

Beyers, ek het 'n reeks vrae gehad, en dit het toe sommer maklik gegaan omrede Gawie "screenshots" van sy Strelok kon neem en sommer Whatsapp.

Die probleem wat ek gehad het, was dat ek my geweer ge"zero" het op 200m, en eers van 600meter af wil die program verstelling gemaak het. Ons het toe agter gekom dat ek die spoed ingelees het as 3528, dit was egter in m/s en nie vp/s soos ek gedink het nie.

Groete
Douw
Douw, daar is darrem n mooi spoed. Gee bietjie jou dope asb man >:D

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:44 am
by douw
Dankie Pierre. Ek gooi maar sommer met die oog, totdat die doppies almal heeltemal vol is, maar hier is die truuk nou. Jy drup 'n paar druppels van daai pers goedkoop Spar Spiritus in elke dop. Jy sal sien die kruit raak dan so taai spulletjie, maar dit maak dit meer kompak....

Die skote het ek almal vir my swaer gegee om te skiet. Hy het egter net een geskiet, en hakkel nou bietjie en sy kop hang so effe skeef. Hy praat ook nie meer so baie soos vroeer nie...

En soos daai man van "Sons of Guns" altyd se: "And please folks, don't try this at home"

>:+ >:+ >:+

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:55 am
by Nickvn
Hi Gawie, ek het iStrelok gebruik met my reticle met baie goeie resultate. Ek het nou Strelok pro afgelaai maar kan nerens die reticle inligting kry nie. Kyk ek mis?

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:57 am
by BRNO (Pierre)
douw wrote:Dankie Pierre. Ek gooi maar sommer met die oog, totdat die doppies almal heeltemal vol is, maar hier is die truuk nou. Jy drup 'n paar druppels van daai pers goedkoop Spar Spiritus in elke dop. Jy sal sien die kruit raak dan so taai spulletjie, maar dit maak dit meer kompak....

Die skote het ek almal vir my swaer gegee om te skiet. Hy het egter net een geskiet, en hakkel nou bietjie en sy kop hang so effe skeef. Hy praat ook nie meer so baie soos vroeer nie...

En soos daai man van "Sons of Guns" altyd se: "And please folks, don't try this at home"

>:+ >:+ >:+
++>: ++>: ++>: Ai, daai arme blonde koppie...

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 10:55 am
by Gawie(13mm)
Nickvn wrote:Hi Gawie, ek het iStrelok gebruik met my reticle met baie goeie resultate. Ek het nou Strelok pro afgelaai maar kan nerens die reticle inligting kry nie. Kyk ek mis?
Nick, jy is korrek. Die Pro weergawe het nie die kruishare nie. Met al die veranderlikkes soos spindrift en carriolus wat in berekening gebring kan word, is die idee om die toestande in tesleutel en dan dadelik testel en te skiet.

Dit is altans wat die program ontwikkellaar se mening is.

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:01 am
by Nickvn
Hi Gawie, dankie. Ek sal maar bly by die iStrelok ek hou van die reticle prentjie.

Ek gebruik Ballistic vir die ander bewerkings en dink dit is n meer volledige program en ek is meer vertroud en gemaklik met hom.

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 8:40 pm
by Christo
Nickvn wrote:Hi Gawie, ek het iStrelok gebruik met my reticle met baie goeie resultate. Ek het nou Strelok pro afgelaai maar kan nerens die reticle inligting kry nie. Kyk ek mis?
Gebruik Strelok+ dan kan jy ook nie vergroting kies waarop die reticle moet werk.

Re: strelok gebruikers help asb

Posted: Wed Mar 05, 2014 8:53 pm
by Nickvn
Christo, Strelok+ op android dink ek is dieselfde as iStrelok op ios. Met iStrelok kan jy ook die vergroting stel. Ek laaik die program. Groete