Page 1 of 1

'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 9:28 am
by Jakkie 321
Dagse

Ek is gevra om vir n week by een boer te gaan roep.

Gaan ek nie oorroep nie want ek dink dit is mos nou wat ek virkeerd gaan doen.

Die veld is meestal gras met bosse aan die agter kant van die lande. Sou julle naby aan die bosse gestaan het of meer op die gras vcelde?

Groette

Re: 'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 9:39 am
by musgrave270
Môre Jakkie

Kanse is 100% dat die jakkalse in die bebosde areas bly. As jy te naby aan die bosse staan gaan hulle jou ore aansit. Probeer so ver as moontlik van die bosse af staan om jou die grootste moontlike skiet area te gee. Jou staanplek t.o.v die windrigting en roeper posisie is net so belangrik. Probeer so staan dat jy windaf van die bosse staan of dat die wind dwars oor jou waai vanuit die bosse. Probeer die roeper plaas dat die jakkalse op die roeper se wind werk.

Net my 2c

Groete
Ruan

Re: 'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 9:45 am
by G-force
Dit hang af hoe groot die plaas is,om elke aand vir n week te roep aan 600 hektaar is beslis nie n goeie idee nie.

Re: 'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 2:35 pm
by hebron
Jakkie, as jy genoeg staanplekk kan kry sonder om meer as 2 keer op dieselfde plek te staan vir die week en jy kry reaksie kan jy n killing maak. As die plaas/e dit nie toelaat nie moet jy baie spaarsamig roep om nie die jakkies skelm te maak nie.

Re: 'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 2:39 pm
by Skolla
Pasop vir jakkalse wat in bosse bly.
Hulle is skrikgat om te ver uit die bosse te kom.
Ek dink jy moet hulle uit die bosse uit kry maar jy moet ook naby genoeg wees dat jy kan skiet as hulle net n entjie uit die bosse kom en dan vassteek.
2c

Re: 'n Week se roep?

Posted: Tue Mar 04, 2014 4:24 pm
by Jakkie 321
Dankie manne vir julle inligting.

Wind waai sag en lekker bewolk. Sal julle more se wat gebeur het.

Groette

Re: 'n Week se roep?

Posted: Wed Mar 05, 2014 9:48 am
by F.L.A.S.H
Hoe het dit toe gegaan Jakkie

Re: 'n Week se roep?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:21 am
by Jakkie 321
FLASH

Nee jong ongelukkig niks gesien of gehoor nie. Ek dink die ongediertes is meer aktief in die vroee oggend ure.

Maandag aand bakoor gesien en 3 ander wat my wind gewerk het.

Dink ek gaan maar eerder los vir die week en die naweek 2 uur die oggend uitgaan.



G-Force

Dis darem 3000 hektaar.

Groette