Page 1 of 1
RCBS Case Prep Center
Posted: Wed Jan 26, 2011 11:25 am
by Jeagermeister
Alweer ekke..
Iets gee julle seker al die idee dat ek die jaar wil sorg dat my doppe mooi skoon is n??
Vertel tog asb, wie van julle gebruik bg masjientjie? Enige iets om op te pas voor?
Ek sien die manne op Youtube Modify hom sommer om ook die doppe op lengte te sny...
http://www.youtube.com/watch?v=JZGkWUtKz4k
Hier is 'n fotokie van die masjien..
Ek het net gisteraand besluit om 200 tot 300 doppe op 'n slag so met die hand te sit en werk is nie vir my nie...
"n bietjie terugvoering sal hoog op prys gestel word, goed en sleg...
Dankie Boere
JM
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 01, 2011 8:47 am
by Wouter Roets
Oom Jeagermeister
Ek het so een. Het het hom seker vir so jaar en n half al. Sal nie kan sonder hom nie! Veral as jy baie laai. Hy maak darem jou lewe soveel makliker. Die borseltjies gebruik ek ook baie om die doppe skoon te maak aan die binnekant nadat ek dit getumble het. Kan nie glo wat daar uit kom nie! Die flashole borseltjies werk ook bitter goed. Alles is net so vinnig en gemaklik met die ding! Vat hom, jy sal nie spyt wees nie!
Groete
Wouter
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 01, 2011 9:52 am
by Jeagermeister
Dankie Wouter..
Liewe Ons, ek is 2 jaar jonger as jy, moet asb nie "oom" nie!! Ha Ha!!
Nee man, soos jy se, ek kan net nie sien hoekom die masjientjie nie kan werk nie, het gisteraand weer knap aan 'n 130 doppe sit en chamfer en primer pockets skoongemaak... 'n sieldodende werk man..
Probleem is nou net om een van die Masjientjies in die Hande te kry iewers in Nam of SA..
As jy weet van ene wat erens in 'n winkel staan, laat weet asb..
Groete
Jeagermeister
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 01, 2011 1:12 pm
by FDJ
Hi JM
Gaan kyk by
www.huntersboma.co.za.
Het een al daar gesien
Groete
Francois
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 01, 2011 6:22 pm
by Wouter Roets
Oompie

Ek sien Safari and Outdoor het een vir R1700. Daai 120 doppe vat jou nie langer as so 15 minute en jou vingers wil ook dan nie afval nie! Ek weet regtig nie hoe iemand wat baie laai sonder hom kan klaarkom nie!
Groete
Wout
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:10 am
by Taylor
Dag se Julle almal
Ek het ook n dag of twee terug mer Safarie gepraat, en hulle het nie in vooraad nie. Hulle prys is ook in die omgewing van R2200-00 maar sal weer inkry.
As iemand weet waar om te kry, laat my ook weet asb.
Groetnis
Re: RCBS Case Prep Center
Posted: Tue Feb 08, 2011 11:58 am
by Jagtersdok
Ek wil vir my ook een van daai menere aanskaf