Page 1 of 1

Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Wed Jan 26, 2011 10:47 am
by H.DE BEER
Dagse manne.
My beste groepering op 250m is 28mm.  My herlaai data is S385/BR2/142gr Sierra.
Ek ondervind hoe spoed variasie en groeperings is nie konstant.
Al julle slim manne, help asb.
Broughton loop 30" RSA aksie.
Kamer nek .292"

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Tue Mar 15, 2011 4:05 pm
by Wouter Roets
Meneer de Beer

Jy sal so bietjie moet uitbrei oor jou doppe, voorbereiding op hulle, Tpl met jump en dies meer. Ek kan sommer aan n klomp dinge dink wat dit kan veroorsaak maar jy sal bietjie moet help met informasie.

So by the way welkom hier en vertel so bietjie meer van jouself!

Groetnis
Wouter

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Tue Mar 15, 2011 4:33 pm
by Arnold
Kan jy ook asb die lading en spoed van die kombinasie gee.

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Thu Mar 17, 2011 1:05 pm
by Moeras
"My beste groepering op 250m is 28mm."

Skiet jy kompedatiewe Benchrest?

Indien nie - meet bietjie hioe groot 'n springbok se brein is....met daai groep grote kan jy gemaklik gaan jag.

Hel as ek daai grote op 200m kan kry sal ek ophou herlaai en gaan jag.

;D

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Fri Mar 18, 2011 10:17 am
by MJK
As ek daai groep skiet op 250m smile ek baie breed, pak my goedjies op en gaan huis toe en klink glasie op uitstekende dag op die baan.... ;D ;D

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Fri Mar 18, 2011 10:59 am
by JOHANNIC
MJK
daai plankgeweer van jou kannie so ver skiet nie ;D
De beer S385 is veronderstel om konstant te wees.
Is die verskil in groepe vertikaal of horisontaal?
Groete johan

Re: Herlaai data vir 6.5x284

Posted: Fri Mar 18, 2011 2:10 pm
by MJK
Juistement Johan

Soos die Gert vir my gese het laas Saterdag by Bloem - skiet met hom soos jy darts gooi - laat hy van bo af inval ;D ;D

Sorry vir hijack vannie thread....