Page 1 of 1

"Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Thu Feb 27, 2014 12:03 pm
by Eugene Vermeulen
Het op die internet gesoek vir so iets en kon niks planne of produkte van die aard kry nie.
Die manne wat herlaai weet hoeveel doppe kos en as dinge hier by ons in die suide van Nam gebeur, gebeur dit vining en is nie altyd tyd om uit te klim en doppe te soek en op te tel nie.
https://imagizer.imageshack.us/v2/880x495q90/34/wm27.jpg
https://imagizer.imageshack.us/v2/283x503q90/197/xc38.jpg
https://imagizer.imageshack.us/v2/880x495q90/36/sbjr.jpg
Prototipe 1
Gaan die naweek getoets word. sover kan dit baie maklik verwyder en opgesit word
en vang ook die doppe baie lekker.

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Thu Feb 27, 2014 12:15 pm
by tripodmvr
Baie welkom hier by ons. Lyk na 'n puik patent. Gee nog meer terugvoer asb.

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Thu Feb 27, 2014 1:05 pm
by Johan Reyneke
tripodmvr wrote:Baie welkom hier by ons. Lyk na 'n puik patent. Gee nog meer terugvoer asb.
Asb, stel ook belang om meer te hoor

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Mon Mar 03, 2014 9:51 am
by Eugene Vermeulen
Het getoets die naweek, werk soos n bom sit stewig al hang geweer met scope na onder soos in my uri. Gaan nou net n zip in die onderkant insit om die uithaal van doppies maklikker te maak. Die catcher kom nou op die 7mm ook want dit gaan uitstekend werk met die oestery ook. Niks meer doppies wat hier onder jou voete rondrol nie. Hy pas lekker in die geweer kas ook . ++>:

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Mon Mar 03, 2014 10:10 am
by Biltong
Hi Eugene, dit lyk baie netjies. Hoe maak hy vas aan die geweer? Ek kan nie sien op die fotos nie.

Groete.

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Mon Mar 03, 2014 1:25 pm
by Johan Reyneke
Biltong wrote:Hi Eugene, dit lyk baie netjies. Hoe maak hy vas aan die geweer? Ek kan nie sien op die fotos nie.

Groete.
Asb Eugene. Sit dan sommer hier http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... it=gadgets

Ons sal bitter graag meer wil sien

Re: "Brass Catcher" Vir Slotaksie .243

Posted: Mon Mar 03, 2014 2:28 pm
by BRNO (Pierre)
Maak sommer een vir n 9mm ook asb.