Page 1 of 1
Boorgat son pompe
Posted: Thu Feb 27, 2014 2:33 am
by Heinz Petersen
Ek moet nou vir my n sonpomp koop vir die een boorgat daar by my. Ek is opsoek na een wat so 3000 lt/h kan gooi.
Ek was gister by AC/DC gewees en hulle pryse is baie goed, maar ken nie hulle produk nie. Het iemand al met hulle water pompe te doen gehad.
Spaar my n bietjie skoolfonds en laat weet wat julle aanbeveel.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Thu Feb 27, 2014 7:15 am
by wlm
Heinz
Ek ken nie AC/DC nie (behalwe die wat Heavy Metal maak), so ek kan nie op hulle kommentaar lewer nie. Nelson Adams is naby jou, probeer hom ook. Die oom verstaan vir sonpomp en sy produkte, pryse en diens is goed.
Sonpanele se pryse het ook weer gesak so moenie sommer die eerste beste kwotasie aanvaar nie.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Thu Feb 27, 2014 7:55 am
by FrikvanDyk
Heinz
AC/DC is goed maar nie die goedkoopste oplossing nie . Jy kan Pumpwise probeer ken nie hulle pryse nie .
Re: Boorgat son pompe
Posted: Thu Feb 27, 2014 8:57 am
by Dawie Malan
Probeer Grundfos.
Hulle is net hel duur.
Groete
Dawie
Re: Boorgat son pompe
Posted: Thu Feb 27, 2014 11:54 am
by Yogi
Probeer Bundu power, baie goeie pryse, wye reeks en naverkoopdiens is baie goed.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Fri Feb 28, 2014 11:18 am
by boogman
Ons Gebruik Watermax pompe en panele - Kom van PE.
http://www.allpower.co.za
Nog net goeie diens gekry
Re: Boorgat son pompe
Posted: Fri Apr 25, 2014 9:47 pm
by Gerhardus Nel
Het raad nodig om n sonpomp uit moddergat te kry, 106m diep, nie seker of die gat toegeval het nie...hoe kan n mens te werk gaan om die pomp uit te kry?
Re: Boorgat son pompe
Posted: Tue Apr 29, 2014 11:53 am
by HCVWYK
Boogman, ons het 4 van die Watermax OA pompe. Nog nie een van hulle was al langer as 2 jaar in n gat dat hy nie ophou gooi het nie. Dan moet hulle ingaan vir n diens wat elke keer R2000 plus skaap sonder water beteken.
Weet nie of dit ons water is wat hard is en of dit maar net Watermax is nie.
Dink ons moet nou maar die duurder pompe soos Lorentz of Grundfos koop wat ek hoor 10 jaar in n gat sit sonder moeilikheid of diens.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Tue Apr 29, 2014 12:59 pm
by boogman
Interesant. Ons sin hardloop van begin 2012. Ons ruil die pole elke 4 maande om. Ons het een gehad wat so na 10 maande probleme gehad het. Direk PE toe gestuur en binne week nuwe een terug gekry.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Tue Apr 29, 2014 3:51 pm
by Yalair
Bel die mense sonkrag na 380V ek het nou al 2 baie beter as 24v pompies
http://www.alexsolar.co.za/
Re: Boorgat son pompe
Posted: Tue Apr 29, 2014 3:52 pm
by HCVWYK
Ek ken daai PE toe stuur. Dit gebeur gereeld. En in daai tyd wat hy weg is moet jy skarrel om alles water te gee. Sal die pole omruil ding probeer.
Op Stellenbosch ook n plek wat dit nou kan self diens. Het die naweek een opgetrek wat nogi 6 maande loop nie en weer gaan staan het.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Tue Apr 29, 2014 6:50 pm
by wlm
HCVWYK
Ek is nie 'n groot Watermax-"fan" nie. Nelson Adams se pompe kan jy sommer self diens. Al die nodige parte is los te koop.
Ek gee maar die volgende raad vir wat dit werd is. Moenie die pompe te diep onder die watervlak in die boorgat plaas nie. Hoe nader die pomp aan die water se oppervlak is hoe kleiner is die kanse vir skade aan die pomp.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Wed Apr 30, 2014 9:08 am
by HCVWYK
WLM, waste maak is die pompe van Nelson A.
Ons OA watermax pompe het almal so tussen 120W en 160W panele op.
Het ook n Surflo pompie vir backup. Baie eenvoudige konsep en kan ook self diens, maar hy gooi bietjie min en ek dink nie jy kry n groter een nie.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Wed Apr 30, 2014 9:14 am
by wlm
Nelson Adams bemark Shurflo. Die hoeveelheid Watt wat jou sonpanele lewer moet in verhouding wees met die pomp se vereistes.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Wed Apr 30, 2014 9:43 am
by HCVWYK
WLM, nee dis reg van die verhouding. Ek kon net nie onthou wat die l/h was nie so wou n aanduiding gee van hoeveel water die OA watermax lewer.
So ver ek weet het Shurflo net een model pomp en hy lewer minder water.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Wed Apr 30, 2014 6:04 pm
by wlm
Jy is reg, Shurflo is net genoeg vir 'n veesuiping. As ek reg kan onthou so 200-300 liter/uur.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Sun May 18, 2014 3:08 am
by Heinz Petersen
Ek het toe maar vir my een gekry van AC/DC. Die pomp lewer 3500lt per uur met 4 150watt panele( ekstra) en die kontrole kas met tenk en diepte skakelaar vir R9000.00.
Het dit so ses weke terug in gesit en moet sĂȘ daai pomp werk. Jy kan hom stel van 200lt tot 3500lt water per uur.
Hulle het my ook verseker van parte wat beskikbaar is en n jaar waarborg.
So vir R15000.00 met die panele dink ek nie ek het sleg gekoop nie in vergelyking met Watermax pompe wat jou R23000.00 kos en dan moet jy groter panele opsit om daai hoeveelheid water te kan gee wat jou by die R30 000.00 gaan kos.
Re: Boorgat son pompe
Posted: Wed Jun 11, 2014 12:39 pm
by DinoF
Ek het twee Surflo pompe wat al vir so jaar loop. Tot op datom geen probleem gehad nie. Lewer so 4000 L per dag en baie bekostigbaar. Werl lekker as jy so tot en met 100 koeie in n kamp het. Het al ondersoek gedoen oor ander pompe wat meer water gee maar die pryse is kwaai. Die ouens by meer as een winkel beveel aan dat n ou na CRI pompe van Indie af kyk. Glo n Grundfos copy maar hulle diens is glo ligjare beter as die van grundfos.