Page 1 of 1

Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 8:43 am
by Rampie
More manne,

Ek het Saterdag vir die eerste keer gaan skiet met my nuwe teleskoop op my 300wm. Die eerste skote was laag op 100m en ek stel toe op, na 12 clicks was ek op lyn op 100m, maar die teleskoop kan nie verder stel nie. Ek vermoed dat die smid wat die teleskoop vir my monteer het reeds die meeste kapasiteit vir hoogtestelling gebruik het. Wat staan my nou te doen? Dit is 'n Zeiss Conquest teleskoop. Ek sal dit seker moet terugneem na die wapensmid, maar sal graag wil weet of iemand 'n moontlike oplossing het.

Groetnis,

Johan

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 8:55 am
by Geno
Watse aksie en monterings is gebruik?
Dalk is die monterings agterstevoor.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 8:59 am
by Beyers
Rampie
Watter maak geweer?
Watter maak basisse?
Haal scope met ringe af en doen volgende toets:
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/Basisseongelyk-1.png
die rooi stel 'n linaal voor. As dit lyk soos in die tekening sal jy uit hoogte verstelling raak

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 9:08 am
by Rampie
Dit 's 'n (ou) Sako en die monterings is Sako-optilok. Ek het die teleskoop deur 'n geweersmid (by die winkel waar die teleskoop en monterings gekoop is) laat opsit, en vermoed die regte prosedure is seker om dit terug te neem om te verstel indien moontlik. Indien ek dit self kan doen sal dit makliker wees en tyd spaar, en dan leer ek iets by.

Johan

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 9:15 am
by Rampie
Beyers, bedoel jy dat wanneer die spasie tussen die aksie en die liniaal parallel is gaan ek uit hoogte verstelling raak? Wat sal my opsies dan wees? Moet ek die een montering "shim"?

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 9:17 am
by Geno
Ek sien jy is in die Kaap.
Jy noem dat dit Optilok basisse is. Dis nie dalk in die Paarl by daai ander winkel gekoop nie?

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 9:24 am
by Rampie
Hallo Geno,

Nee, ek is probeer my bes om nie my voet twee maal teen dieselfde klip te stamp nie. Ek het by S&O gekoop, goeie diens so ver. Dit is hoekom ek onseker is waarom die teleskoop my nou laat sukkel.

Johan

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 10:20 am
by Beyers
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/optilok.png
Hierdie ringe en basisse kan slegs geshim word in die ringe. Kan koeldrank blikkie materiaal gebruik. Dit word met pratley steel ingegom en dan ge"lap" Doen een lagie blikkie op n keer en toets hoeveel jy wen.
Daar was in verlede jaar 'n artikel in 'n SA Jagter.

Persoonlik hou ek nie van enige materiaal wat in die ringe gesit word nie.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 10:36 am
by THOMAST
Kry 'n man nie verskillende "inserts" vir daai optilock ringe nie? Ek verbeel my ek het erens gelees dat 'n man hoogte verstellings kan doen deur verskillende inserts voor en agter te gebruik, of om te ruil, maw bo deel onder en agter een voor en andersom.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 10:41 am
by THOMAST

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 11:37 am
by Rampie
Ek het toe gou by die geweersmid 'n draai gemaak. Die teleskoop het lockable turrets. Indien die skroefie bo uitgedraai en die verstelknop verwyder word kan mens sien daar is twee sluitskroefies (grub screws) wat 'n teen mekaar vasdruk en enige verdure verstelling verhoed. Die smid het bloot die een skroefie verwyder sodat die teleskoop verder verstel kan word. Dit is glo 'n beperking wat deur die vervaardiger opgesit word en deur dit terwyder vergroot die verstelling se limiete aansienlik sonder dat die telekoop beskadig kan word.

My ou Tasco teleskoop het ek self geshim - nie in die ringe nie maar onder die ou monterings maar dit was bloot om te verhoed dat die teskoop aan die voorkant op die loop vasdruk. Ek stem saam met Beyers, ek sal nie graag iets in die ringe wil sit nie.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 12:13 pm
by Louis Kriel
Pasop net koeldrank blikkie materiaal roes maklik en jy kan dit nie sien nie. Het my .22 se voorste ringe ge"shim". Gelukkig het ek laas week die scope afgehaal en gesien die een shim is geroes.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 12:43 pm
by Louwrens Nel
Het dieselfde probleem ervaar met my Zeiss conquest op 'n K98 aksie. Enigste oplossing was 'n picatiny rail om meer eluvasie te kry.

Re: Teleskoop op maksimim gestel

Posted: Tue Feb 25, 2014 12:48 pm
by PWV
Soortgelyke probleem gehad. S & O het toe, op aanbeveling van Willem, 'n 20 MOA "rail" opgesit en probleem opgelos.