Page 1 of 4
Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 12:56 pm
by Rommel
Kom ons sit bietjie bosvark fotos op. Ekke laaik die goete!
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 1:03 pm
by Rommel
Hier is ene
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 1:43 pm
by LRLaubscher
Dis 'n GROOOT ene...
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 1:43 pm
by Jaco vdW
Dis n bielie! waar het jy hom raak geloop?
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 2:03 pm
by Lourens Potgieter
Daai is nie 'n bosvark nie dit lyk amper soos 'n seekoei so groot is hy...

Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 3:12 pm
by RUPERT
Liewe hel dit is n Pappa vark.Wat het hy uit geslag
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 3:46 pm
by Rommel
Nog ene
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:32 pm
by Kallie404
My groot jag-maat en Zim PH , Stephen Meyer met n mooi bosvark beer gejag by my op Mooketsi.
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:39 pm
by Kallie404
Rommel, lekker idee om bietjie vark te raak !! Mooi varke daai van jou. Wat het met daai een gebeur?? Is dit n wit kol of n ou wond/skaaf plek??
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:40 pm
by HUNTERZN
JONG SOG
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:37 pm
by Rommel
Daarsy! Hier kom hulle nou!
Kallie! Daai ot lyk hy kom uit n voerkraal uit! Wat vreet die goed daar by julle? Daai rooi sog was vrek oud! Die hare het al beginne uitval! Die Mosambiekers het my vertel van die vark wat snags hulle kospotte en store roof in die kompond, was eintlik vrek snaaks, hulle was vas oortuig die vark gaan binnekort een van hulle se voete vreet! Het na die 3de dag se moan gaan sit teen n hut en gewag dat donker kom, uur na son af is toe kry sy lood 20m van n gloeinde kampvuurtjie, nie eers nodig gehad om my flits aan te sit nie. Die gras besigheid in die foto agter my is die 'kosstoor', sy was so 30 of wat tree van sy deur af toe die eerste skoot val.
Hunter
Daai is n stewige sog, stoet!
Laat hulle kom, ek kry nou so lekker ek snork sommer, juis besig om my heup teen die tafel te skuur!
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:40 pm
by Rommel
Nog enetjie
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 9:51 pm
by theedge
Nee wat manne ek gaan nie my varkfotos hier plaas nie -- altyd gedink ek het mooi varke geskiet, lol nou sien ek dat ek eintlik maar net die kleinkinders gekry het, Baie netjies mooi varkke daai manne
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 9:55 pm
by Dweetster
Nee wat my kop is nou plat gesukkel met die ipad.
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Feb 20, 2014 10:20 pm
by PWV
Rommel wrote:Nog ene
Het nog nooit een van hierdie otte van naby gesien nie. Ek dink 'n mens moet seker maar versigtig wees vir hulle.
Nog iets. Rommel, watse tape of "strap" het jy om die voorpunt van jou geweer?
Groetnis
P.W.V.
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 6:22 am
by Rommel
Pieter daai is insulation tape, sommer n gewone flitsie teen die kant vas ge-tape. Lyk dalk gagga maar hy werk!
Edge, enige vark is n mooi vark, dis vir my interesant om te sien hoe varke van plek tot plek se kleur en bouvorm verskil! Die varke wat my adrenalien nog die hardste laat pomp het is die wat nou nog hardloop!
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 6:56 am
by Shaker
Baie mooi varke!!
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 7:15 am
by Rommel
Nog ene
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 7:22 am
by DanieDegenaar
So klompie.
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 8:37 am
by hunter74
Eish eendag as ek groot is wil ek ook so `n ot skiet.......
Mooi gedoen manne.
Groete.
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 8:40 am
by DWB
Ek is selfs te skaam om myne op te sit

Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 8:53 am
by Jake1
Dit lyk of die bosvarke se kleur verskil van plek tot plek. Hier by ons het ek nog nie eintlik een gesien met daai kwaai rooi skynsel soos op Rommel sin nie.
J1
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 9:19 am
by Rommel
Jake dit is soos jy sĂȘ, hulle verskil plek tot plek, selfs kop vorm, al varke gesien met laaaaaang dun bekke en ander weer met stewige dik bekke en dan ook hul bou kan verskil- lang rug, hoog op been en dan weer sulke kringgat stompies. Nice om die verskille te sien. Daai rooi varke het ek in Zambezi Delta Mosambiek geskiet, nog nie sulkes in SA gesien nie, wel nie henemal so rooi nie.
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 9:26 am
by Rommel
Soggie
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 9:29 am
by DanieDegenaar
Rommel,
Ek is weer mal oor daai met die wit koppe. Hier by ons nog nie van hulle gekry nie. Wonder of dit is omdat hulle aangepas het in die bos?