Page 1 of 1
.223 Herlaai Vraag.
Posted: Mon Jan 24, 2011 6:38 am
by whisper

More manne, hier gaan ek met die vrae alweer........ Ek het n nuwe stel herlaai dies gekoop vir my .223, en hulle het gekom in n stel van 3. Die derde een wat ek nie ken nie, en nooit gebruik het nie is n "factory crimp die". Die ander twee is ek gewoond, maar die nuwe ene ? Hier is my vrae.......... waarvoor gebruik mens die outjie, en is dit nodig as ek hom nooit tevore gebruik het nie, en sal dit vir my enige beter resultate gee. Ek is nie n totale moegoe as dit by herlaai kom, en was goed geleer, maar ek wil altyd leer.
Pretty walk.
Whisper.
Re: .223 Herlaai Vraag.
Posted: Mon Jan 24, 2011 6:42 am
by whisper
Skies mods, ek het hom op die verkeerde plek gepost!

Sal iemand die post onder herlaai sit asseblief........ nog nie my koffie gehad nie...........
Whisper.
Re: .223 Herlaai Vraag.
Posted: Mon Jan 24, 2011 6:59 am
by Beyers
Wyl die post op die verkeerde plek is laat ek gou antwoord. GUMTREE vir die die. Dis nie nodig om die dop te krimp nie.
Re: .223 Herlaai Vraag.
Posted: Mon Jan 24, 2011 7:33 am
by whisper
Bwahahaha baie goed oor die gumtree!

Dankie Oom Beyers, ek het so ge"guess" hoekom moet ek nou n werkende systen verander, dalk is ek n moegoe...............

Weereens dankie.
Whisper.