Page 1 of 1

Dimmer wat werk

Posted: Sun Jan 23, 2011 11:17 pm
by Andr? Gous
Kry n ou Rough Neck sweis masjien se ampeer meter ;opsteller in die hande.Ek gebruik een en het nog nooit moeilikheid gehad nie.Ek het myne so naby as moontlik aan my linkerhand op gesit en werk baie lekker.PASSOP NET die draadtjies aan die agterkant word bietjie warem. Ek moet seker foto neem en opsit.Hy sal ook nie skree nie en sal vir jare hou want is ontwerp vir 220 volts .Dis my boere patent dimmer en werk vir my goed.Sal graag wil weet of nog iemand so een gebruik. Groete Gous 

Re: Dimmer wat werk

Posted: Mon Jan 24, 2011 7:35 am
by tafjak
Gous

Ja, daar is nogal so paar manne wat die ding gebruik. Dit is meganiese reostaat en werk met coils, daarom nie die fyn impulse wat wat by die eletroniese reostaat gehoor kan word nie. Kos net aardige bedraggie as jy so iets wil gebruik, in die omgewing van R800 het ek laas probeer uitvind. As die prys verbeter het tot nou sal dit lekker goed wees, maar die 12V reostaat moet eintlik na gesoek word omdat die 220/380V kan brand as hy lank aangelos word.

Mooiloop

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 11:39 am
by Francois Briedenhann
Weet enige van jule wat werk nog vir n dimmer?en as ek dalk 1 iewers kan koop

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 11:43 am
by Wielie Waps
Henk Ellis is op die forum - koop maar een by hom dis van der beste.

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 12:53 pm
by Francois Briedenhann
Henk.                  Waar vekoop j die dimmers en wats die pryse?kan ek een laat kom tot in kathu?

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 1:02 pm
by skaapwagter
wel ek het die lightforce dimmer, nog geen probleme, julle moet nie speel met dun drade na die ligte nie, dimmers like nie 'n voltage drop nie, daar het al rook uit myne gekom van te lae volts, maar hy werk nogsteeds.  as jy 'n dimmer gebruik is dit nodig vir 'n rooi filter?
Skaapwagter

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 1:37 pm
by Francois Briedenhann
N rooi lens?ek het een

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 2:01 pm
by Ponkie
skaapwagter wrote: wel ek het die lightforce dimmer, nog geen probleme, 
Skaapwagter

Ek kyk ook nou na een van hulle, wil juis nog hoor of daar nog manne is wat hulle gebruik?

Groetnis
Ponkie

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 3:58 pm
by Francois Briedenhann
Weet een van julle ooms wat die dimmers kos?

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 4:05 pm
by JPS
Hello "oom Ponkie" ;D ;D ;D

Lekker lag ek nou, Ponkie wil mos vir ons almal hier kom oom.

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 9:34 pm
by Ponkie
JPS

Nee wag eks nog lank nie 'n Oom nie! Haha!  ;D

Is nou wel nie meer in die tiene nie, maar darem nog lank van Oom af! Haha!

Francois, jong ek weet nie, sal gou by Safari kyk, maar dink hier in die lyn van R500, mag verkeerd wees!

Groetnis
Ponkie

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sat Apr 09, 2011 9:45 pm
by JPS
Ponkie,
Allie pad newlands toe vir klomp strooi >:(

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sun Apr 10, 2011 9:47 am
by KSV
Francois,

Gaan more vir my nog een laat kom van Henk af.

Laat jou Pa my lui dan deel ons die posgeld?

Maak mooi!
Hein

Re: Dimmer wat werk

Posted: Sun Apr 10, 2011 10:01 am
by Dawie
Click op...

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2

Henk Ellis
henke@atns.co.za
Sel  0823313132
Werk 0219371177

Re: Dimmer wat werk

Posted: Mon Apr 11, 2011 8:45 am
by Danie01
Ek het een van daai lightforce dimmers op my stoel gehad, geen probleem daarmee nie, werk goed, maak soms n fyn geluidtjie en kan hom maar verkeerdom ook koppel, hy sal nie brand nie.
Ek het toe so paar maande terug besluit om n backup dimmer ook te kry, koop toe een by Henk.

Henk se dimmer sonder die switch werk soos n bom. Daar is geen geluid wat pla nie, net so klein blaf geluidjie voor lig begin skyn. Ek kan regtig Henk se dimmer aanbeveel, dit goedkoper as lightforce en daardie dimmer is nou permanent op my stoel en die lightforce is my backup.

Ek hou daarvan om te bly by dinge wat werk em dan is die heel bekostigbaar ook!

Groete
Danie

Re: Dimmer wat werk

Posted: Thu Apr 14, 2011 8:05 pm
by Pvdw
Het so bietjie rondgevra oor die dimmers wat elektronies werk. Kry toe een by 'n vriend wat hulle so paar jaar terug gebou het om te toets. Dit is een van sy prototipes.

Wel ek het hom gekoppel soos die manne voorgestel het met dik drade an alle laste is gesoldeer. Koppel hom toe op my 100W Nite Stalker en siedaar, 'n skietlamp wat so sterk soos 'n kers brand :D :D

Die dimmer laat die gloeilamp amper niks skreeu nie. Ek brand al amper my oor om naby te hoor voor ek die sagte suis/bewe geluid hoor. Die dimmer het ook 'n 3 stadium skakelaar in. een vir AF, 2 vir dimmer en 3 vir bypass/ volsterkte. So jy hoef nie die dimmer van dof af op te stel na helder toe as jy dit vinnig nodig het nie, jy skakel net van posisie 2 na 3 en als is sommer net daar lekker helder.

Darm lekker om met manne te gesels wat weet wat hulle doen.

Toets die dimmer nou week na volgende in die veld op jagplaas met BAIE jakke. Die bure voer die jakke om vir die oorsese besoekkers in die aand te wys hou oulik die brakkies is :o :o :o.

Peet