Page 1 of 1

Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:06 pm
by LUAN
Ouens wat vir 9mm laai watse soort doppies verkies julle wat die langste sal hou?
En waar koop julle/beste prys?

Dankie

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:10 pm
by G-force
Ek het n mixed bag van so 5000.Van hulle was once fired en ander weet ek nie eers nie.Hulle hou goed,al tien talle kere herlaai met hulle.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:23 pm
by Arnold
Ek het nou maar eers begin laai vir 9mm en het gevat wat ek in die hande kon kry. Het meestal PMP en S&B. ek kort nog so klompie soos wat Ge het ;)

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:24 pm
by LUAN
Is n Rand n doppie wat 1 maal gevuur is n goeie prys?

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:29 pm
by Arnold
Ek sou nie sê dit is 'n goeie prys nie, maar eerder die going rate vir 9mmP
Jy kan maar koop.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:50 pm
by LUAN
Waar koop julle nuwe doppies?

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:54 pm
by G-force
Ja dis die algemene prys daai.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:56 pm
by Arnold
Weetnie waar jy nuwe doppies gaan kry nie. S&B ammo was tot ander dag R3 per rondte en dan hou jy maar die doppie ...
Ek het nou laaste R160/50 betaal vir S&B. Vir my is dit nie die geld werd om nuwe doppies te koop nie.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 9:22 pm
by Alwin
.303 wrote:Ouens wat vir 9mm laai watse soort doppies verkies julle wat die langste sal hou?
En waar koop julle/beste prys?
Die gratis doppies is altyd die beste. ++>:

Nee, ook nie altyd nie, soms is hulle al beskadig. Skietbane is altyd 'n goeie bron van doppies. Maar jy moet maar sorteer. Jy kry die wonderlikste verassings tussen hulle. Ek het al 'n paar 9x18 Makarov doppies, tussen die nader gekry.

My pistole skiet gemengde doppies heel gaaf. Maar daar is een uitsondering: Ek het 'n Taurus PT92, wat se loop 'n groefdiameter van 0,358" het. Daarom voer ek hom met gegote loodkoeëls, wat die regte grootte het. (Die korrekte grootte is nie so kritiek op goeie kwaliteit CMJ en FMJ tipe koeëls nie.) Die grooter koeëls maak dat die doppie meer uitsit, as ek die koeël indruk. Daarom kry die gelaaide patroon 'n effense "boepens". Sommige doppe, met dikker wande, sit dan in die kamer vas. Daarom sorteer ek my doppe volgens wanddikte, op die plek waar die koeël stop. Die dunnes word vir die Taurus gebruik en die dikkeres vir al die ander. Op die "ander" laai ek normale 0,356" koeëls en druk die gelaaide patrone deur 'n "LEE Carbide Factory Crimp Die". Verder is die doppe van enige fabrikaat onder die son. Ek het lankal ophou tel hoeveel make ek het. Die hele lang relaas is net om te verduidelik, dat daar soms spesiale omstandighede kan wees, wat dopkeuse beinvloed.

Die doppe hou gewoonlik lank genoeg, om te verloor in die lang gras, voordat hulle moeilikheid maak. Maar ek het al doppe 40 keer gelaai, voordat sommiges begin tekens van ouderdom toon. As die doppie 'n prominente "belt" begin toon, net voor die uittrekker groef, of die slagdoppies wil uitval, of krake kry, is dit tyd om hulle skroothandelaar toe te stuur. Maar jy kan die grensgevalle dalk uithou, en bere vir die dag as jy 'n lekker boslaan gaan skiet.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Wed Feb 19, 2014 9:28 pm
by Carl
Ek koop maar en skiet uit dis lekker!!!!! Om doppies te maak.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 7:27 am
by Arnold
Hoeveel doppies soek jy? Ek neem aan jy het toegewyde status sodat jy meer as 200 rondtes kan hê?

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 7:42 am
by Adrian
Meeste handwapen doppe hou baie lank. Ek het onder andere nickel dope wat so lank en baie herlaai is dat hulle weer terug keer brass toe!

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 7:53 am
by BRNO (Pierre)
Ek het ook so jaar of wat terug begin 9mm laai. Meeste van my doppe het ek by die skietbaan opgetel. Ek lyk altyd soos n hoender wat loop en pik. Baie het ek by die "seun" wat by die skietbaan werk gekoop teen 50c per dop. Wel n paar army ammo gekry wat nie weer kan werk nie. Sommer vinnig vinnig het ek nou ongeveer 1000 gelaaide rondtes in die kluis, en nog so 1500 doppe wat le en wag..

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 10:27 am
by alecjohnson
koop net S&B doppies hou lank genoeg, PMP bars vinnig het so 200 van hulle gehad

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 10:43 am
by Louis Kriel
Ek het in 1990 my eerste 9mm (Glock 17) gekoop en begin herlaai. Die strerkste doppe is pmp en Sellier en Bellot. Ek herlaai nog steeds van die heel eerste doppe wat ek in 1990 gekry het. Dit moet al by die 30 keer wees. Van die ladings was vrek warm, in die storm en drang jare. Nou laai ek net genoeg sodat my Millenium se slide betroubaar "cycle". Ek meng my pistool doppe. Sluit in: PMP, S&B, Cor bon, Win, Remington, PMc Starfire, Aquila en Norinco. Die dunste is Norinco en as ek iewers gaan skiet waar ek dalk n paar doppe kan verloor gebruik ek die Norinco's want ek voel vir hulle!

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Thu Feb 20, 2014 1:59 pm
by Fano
Ek het laas week doppies by een van ons lokale gunshops gesien, Lugers teen R170/50. Om doppies te koop is amper nie die geld werd nie, koop goedkoopste ammo wat jy kan kry en skiet uit vir doppies om te herlaai. Ek doen IPSC en skiet met enigde doppie wat ek in die hande kry in my CZ75 - ek kry bitter selde storings. Ek gebruik doppies totdat ek dit verloor of dit bars, en as dit bars gooi ek dit in my scrap brass houer om later te verkoop. Doppies hou baie lank, maklik meer as 10 skote.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 9:10 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ek het oor die jare baie gemenge doppies gehad.

ek het Geco en PMP hoofsaklik gehad en het hulle tientalle kere gelaai en geskiet sonder dat ek juis probleme gehad het. Dopleeftyd hang af van 'n paar goed. Die een is hoe groot die kamer is. Die ander is tot watter mate jy crimp en die nek "bell". Hoe minder jy daai twee doen hoe beter vir leeftyd. Ligter ladings is ook natuurlik ligter op doppe.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 12:13 pm
by Alwin
AFRICAN LEADWOOD wrote:Ek het oor die jare baie gemenge doppies gehad.

ek het Geco en PMP hoofsaklik gehad en het hulle tientalle kere gelaai en geskiet sonder dat ek juis probleme gehad het. Dopleeftyd hang af van 'n paar goed. Die een is hoe groot die kamer is. Die ander is tot watter mate jy crimp en die nek "bell". Hoe minder jy daai twee doen hoe beter vir leeftyd. Ligter ladings is ook natuurlik ligter op doppe.
Heeltemal waar.

Daar is een ding, wat ons skuts blykbaar moeilik wil verstaan. Baie mense laai hulle 9mmP's met S121. Met daardie kruit, is die druk al klaar baie hoog, soms op of oor maks, as ons genoeg spoed kry om "Faktor" te haal of betroubaar te voer. Dit mag dalk nog veilig wees, maar dit verkort die dopleeftyd dramaties, en soms ook die pistool se leeftyd. En ek raai nie nou nie, het dit gesien by die plaaslike binneshuise skietbaan. Die hoë druk, maak dat doppies se kop-gedeelte begin uitsit, totdat dit nie meer maklik in die kamer pas nie, of die slagdoppie los raak of uitval. Die paar sent besparing op die kruit, kompenseer nie vir die kostes van die verkorte dopleeftyd nie. (En ook nie vir die herstel-of vervangingskostes van die pistool nie.)

Dus, vir die beste dopleeftyd, kies die stadigste kruit (wat die laagste piek-druk gaan lewer) wat akkuraat is in jou pistool. My 9mmP's loop almal seepglad met S221. (Ja, die 45 en 9mmK werk heel goed met S121, maar dis 'n ander saak.)

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 12:23 pm
by Arnold
Bietjie van 'n Hi-Jack:
338LM, Hoeveel S221 gooi jy agter 'n 147gr om te faktor en is daar genoeg plek in die dop? Ek gaan nou maar MS200 probeer in die 9mm (begin nou vir hom laai), maar kom heel goed reg met S121 in die 45 soos jy noem.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 12:33 pm
by LUAN
Ek gaan MS200 gooi as ek kyk na somchem se tabel lyk dit na die kruit wat die mees veelsydig presteer in 9mm agter alle gewigte koeels. Ek gebruik dit tans in die 7.65mm so nou hoef ek nie te verander.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 7:31 pm
by Alwin
Arnold wrote:Bietjie van 'n Hi-Jack:
338LM, Hoeveel S221 gooi jy agter 'n 147gr om te faktor en is daar genoeg plek in die dop? Ek gaan nou maar MS200 probeer in die 9mm (begin nou vir hom laai), maar kom heel goed reg met S121 in die 45 soos jy noem.
Arnold, ek het 6,0 gn S221 Lot 170 agter 'n Hornady 147 XTP gelaai, vir 1000 fps uit 'n 4" loop (G19). Dis 'n maksimum lading. Soos gewoonlik, begin laag en werk op oor 'n chronograaf. (Pasop vir S221 Lot 213, hy is BAIE vinniger, werk beter op MP200 laaidata. Lot 214 is weer op standaard.)

S221 het 'n hoër digtheid as al die ander handwapen-dryfmiddels. Vir 6,0gn gebruik ek 'n 0,4cc meetvolume. Dus gee dit my 15gn per cc. Daarom pas S221 in alle redelike ladings, al is die dopspasie beperk.

Ek het lank my 9mmP's gelaai met MS200. Dit gee goeie akkuraatheid en brand mooi skoon. Die enigste probleem wat ek gekry het, is dat MS200 soms nie die gaatjie in die kruitmeter mooi volmaak nie. Dit is waarskynlik omdat die relatief groot, plat korrels moeilik vloei. Dis net 'n probleem met kleiner ladings, so ongeveer 4,5 gn en minder. Hoe kleiner die gaatjie, hoe meer gereeld gooi hy 'n te lae lading. En daardie onverwagte storing a.g.v. 'n swak lading, is net die ding om 'n lekker kompetisie te bederf... Ek gaan my laaste MS200 maar opgebruik in my 45, daar werk dit foutloos.

Die ander groot voordeel van S221, is dat dit baie maklik vloei en daarom baie konstant meet, met volumetriese kruitmeters soos bv die LEE Auto Disk. Nog nie een swak lading gehad sedert ek S221 gebruik nie. Maak net seker daar is nie onnodige speling op die kruitmeter nie, want die kleiner korrels mors ook maklik.

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Fri Feb 21, 2014 11:14 pm
by Arnold
Dankie, ek gaan beslis S221 probeer met die 147gr wat ek nou gaan skiet. Ek dink ek laai nou so 3.5gr met n 0.40 cc disk. moet die naweek n paar ladings toets om te sien wat dit in my g19 maak

Re: Watse 9mm doppies?

Posted: Mon Feb 24, 2014 4:39 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Dit is gewild om 'n vinniger kruit agter 'n swaarder koeël te laai om die terugskop wat aangevoel word te verminder. My doppe wat so baie maal gelaai is was almal 120-125gr lood koeëls. Hulle is geskiet in 'n CZ75 en 'n H&K P7.

As ek reg onthou was daai lading 4.2 of 4.3gr MP200. Dit was 'n geruime tyd terug.

Ek het al heelwat MS200 en S121 ook al gelaai. Iewers het ek data vir die 147gr met S121 (nie S221) en dit voel wel asof dit "sagter" skiet as die stadiger kruit, maar gee my nou twee magasyne een gelaai met MP200 en een met S121 en vra my watter is watter en ek wonder of ek die verskil sal weet!

Die data is nou weer aan lyn beskikbaar.... S221

147gr CN JOSYD CAST


Start 4.9 928
Max 5.5 997
Daai maks lading se PF is indrukwekkend.

Die ander ding is dat sekere wapens die dop nie goed ondersteun na aan die kop nie en van die kamers is groter as ander om betroubaarheid te bevorder. Dit sal die dopleeftyd baie negatief beinvloed.