Page 1 of 1
kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:05 pm
by Biker
Dagse
As enigiemand weet waar ek so gou as moontlik kleinbek bass in die hande kan kry laat weet . Dit is dringend want nadat ek die karp uitgewis het wil ek so gou as moontlik stok met die kleinbek bass. Ek kan plaaslik grootbek kry maar omdat dit so koud is by my sal kleinbek beter aard en ek gaan weer forelle ook in sit.
Groete
Biker
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:04 pm
by FCLoretz
Forel en kleinbek bass in dieselfde dam?
Gaan jou kleinbek bass nie die forel op eet nie
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:12 pm
by henried
FCLoretz wrote:Forel en kleinbek bass in dieselfde dam?
Gaan jou kleinbek bass nie die forel op eet nie
Dudale in Franchoek, voor die dam begou is, het die 2 visse saam gehou, dit het mooi gewerk.
Omdat dit bass is sou ek dink jou grootste probleem gaan 'n permit wees.
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:17 pm
by RUPERT
Bass word beskou as een van die indringer visse wat hulle will uit he.Ek dink jy kan probleme optel.
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:23 pm
by henning
Biker, ek vra uit onkunde, hoekom nie net forrelle, wat sal die nut wees van die bass ook in die dam?
Groete
Henning
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:58 pm
by Biker
Manne
Moet nou nie my kopseer julle s'n maak nie. Ek wil soveel as moontlik roofvis insit so as daar weer karp inspoel in jare van groot vloede en hulle broei dan moet die kleintjies sommer gou opgevreet word. Die dam is 12 ha groot en het dele met baie plante en vlak water. Die forelle hou in die dieper water veral in die warm somer maande. Bass verkies weer daardie warmder water en dan is daar ook n hengel vis vir die somer wanneer ons nie die forelle vang nie. Ek het ook nog n wonderlike dam wat net forelle in het. ASb help ek soek kleinbek bass[daar is soveel bass in SA en ons neem kennis van sogenaamde permitte]
Groete Biker
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 4:09 pm
by Frikkiedbr
Biker,
gaan kyk hier:
http://www.olx.co.za/q/fingerlings/c-604
http://www.fishingdirectory.co.za/fishfarming.html
FISHERIES HARTBEESPOORT SEND EMAIL
Company Details
Physical Address : HARTBEESPOORT, NORTH WEST, ZA View Driving Directions
Web Address :
http://www.fisheries-sa.co.za
Tel No : (012) 259-3904
Fax No : (086) 543-6443
Departments
Department : CONTACT PERSON
Contact Person : CASPER KRUGER
Cellular No : (083) 315-8707
Department : CONTACT PERSON*
Contact Person : ZELDA
Cellular No : (083) 247-4746
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 5:00 pm
by Biker
Dankie Frikkie
Sal daar gaan krap
Biker
Re: kleinbek bass
Posted: Wed Feb 19, 2014 6:54 pm
by henried
Wat van Geelvis?
Daar is 9 spesies...ek weet daar is boer in die Porterville omgewing wat dit in hulle damme het, Dean Impson het dit altyd gedoen en van hulle weer later in die rivier gaan sit.
Die dam waar ek al gevis het net buite Portervill was hulle saam met bass.
Re: kleinbek bass
Posted: Thu Feb 20, 2014 6:34 pm
by Biker
Henried
As ek grootbek geelvis kan kry ,ja, maar hulle sal ook nie aanteel in stil water nie. As mens elke jaar vingerlinge kan kry is dit n opsie
Groete
Re: kleinbek bass
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:31 pm
by henried
Die manne sal dalk kan help....
http://www.fosaf.co.za/ywg.php