Page 1 of 1

Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Wed Feb 19, 2014 10:50 am
by kierriie
Hi Manne.
Ek het Saterdag getrawl met n klein 3.5cm sensation pulse s carp kleur en n 4.5 cm crank 2 rooi onder goud teen kant en groen bo. So by 8uur het ek n paar gevang op die crank 2 toe hou die vis hier by 10uur op byt op hom toe byt hulle verder op die sensation. Het sondag weer gegaan was bewolk het geen byt gekry nie. kan iemand my dalk help met die kleure in bewolkte weer. Het saterdag 13 geles gevang waarvan die grootste een 5kg was. Sal bietjie fotos opsit. Dankie Nico

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Wed Feb 19, 2014 12:38 pm
by Carl
Geen idee van kuns aas nie maar vir vlieë is dit "dull day dull fly" so bv swart werk dan goed. Swart gee beter kontras in swak lig. Lekker vissie die 5kg een.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Wed Feb 19, 2014 2:00 pm
by kierriie
Dankie sal n donkerder een probeer

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Wed Feb 19, 2014 2:06 pm
by Katefbessie
kierriie wrote:Hi Manne.
Ek het Saterdag getrawl met n klein 3.5cm sensation pulse s carp kleur en n 4.5 cm crank 2 rooi onder goud teen kant en groen bo. So by 8uur het ek n paar gevang op die crank 2 toe hou die vis hier by 10uur op byt op hom toe byt hulle verder op die sensation. Het sondag weer gegaan was bewolk het geen byt gekry nie. kan iemand my dalk help met die kleure in bewolkte weer. Het saterdag 13 geles gevang waarvan die grootste een 5kg was. Sal bietjie fotos opsit. Dankie Nico
plaas asseblief die fotos ek sien uit!

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Thu Feb 20, 2014 4:28 pm
by kierriie
Hier volg n paar fotos. Het vandag 10 gevang saam n vriend. Die naweek saam my laaitie.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Thu Feb 20, 2014 4:35 pm
by kierriie
Nog fotos

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Thu Feb 20, 2014 4:37 pm
by kierriie
Nog n foto. Sal na die naweek weer opsit, gaan Saterdag weer n draai maak.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Thu Feb 20, 2014 9:34 pm
by theedge
Mooi maat daai vis is dan groter as die knaap

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 12:58 am
by junglejulian
Mag mens nog met n boot op vanderkloof ry? Ek het gehoor natuurbewaring is nou vol dinge.ek het al met die kayak van Verwoerddam tot in Douglas geroei en n moerse klomp geles gevang,Daar is so klomp onverwagte stroomversnellings naby en onder Hopetown wat my sleg gevang het.kon darem met die vliegstok lekker speel daar.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 7:50 am
by musgrave270
Julian

Sover ek dit het moet jy en jou boot net die regte papiere hê. Daar is blykbaar "speedcops" op die dam.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 8:16 am
by Katefbessie
waar is die 5kg foto?

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 10:39 am
by Jake1
Baie geluk! Mooi visse daai. Probeer ook Salmo Hornet 4f in verskillende kleure veral die Hot Perch kleur. Probeer ook die Salmo hornet 3s. As jy hulle wil terug gooi moet jy maar probeer om hulle nie met lip grip te laat hang nie, dit beskadig wel hulle bekke. Weereens mooi visse daai.

J1

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 11:25 am
by kierriie
Jy mag met boot op dam ry kyk maar vir speedkop. Een van die dae mag ons seker ook net pypenpyptig(55) ry. My laaitjie hou die 5 kg vis vas. foto met selfoon geneem. lyk nie so groot op foto nie. Sal die lip grupper by huis los. nie gedink hy sal hom beseer nie. Dankie vir die info oor die salmos, sal hulle probeer.

Re: Geelvis vang op Vanderkloofdam

Posted: Fri Feb 21, 2014 12:11 pm
by Jake1
Kierrie daai salmos gebruik ons vir geelvis, maar het al baie kurpers(net grotes) en babers ook gekry so tussen die geelvis deur as ons troll van die vlot af. Ons nommer een vir die afgelope 3 jaar is die Salmo Hornet 4cmF in die "hot perch" kleur wat vir meer as 70% van die vis gesorg het. Wat interessant is van die Hot perch kleur is dat hy in modderbruin en silwer skoon water werk, dis seker om dat hy helder en donker kleure het. Petrie van kyknet "hier gaan ons alweer" en Bernard Venter(skakelbeampte vir kunsaashengel SA) het vir ons op uitnodiging op ons vlot kom wys hoe word dit gedoen met die Salmos. Ons deel nie hierdie geheim met sommer enige plaaslike hengelaars nie want daar is te veel ouens wat vis vang om te verkoop, en dit sal die reeds bedreigde geelvis 'n lelike knou gee. Ons laat alle geelvis weer vry en behandel hulle soos babatjies sodat hulle nie seerkry nie. Dit sou nice wees as ek 'n foto kan sien van die kunsase wat vir julle werk.

Jake1