Page 1 of 1

Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 10:16 am
by Flip Nel
Het iemand hulle al getoets, volgens die advertensie is hulle terug na zero nadat jy hom afgehaal het en weer terug sit. Nou wat ek wil weet werk dit rerig so, of is dit net partymaal. Ek wil 2 verskillende scopes gebruik op een geweer, gaan die mount maak dat ek teleskoope kan ruil sonder om zero te verander.

dankie

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 10:32 am
by mariusr
My seun het op sy CZ550 nege drie gehad dink was med.hight maar die lynx 2-7 se bell agter was te groot slot kon nie oop.Maar die ou waar hy die ringe gekoop het ,het stel op sy 416 rigby en werk perfek volgens hom. Het baie mooi vasgetrek op die CZ550 hy sal maar seker weer op sit as hy ander scope op sit met kleiner oogstuk.

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 12:20 pm
by DWB
Flip, 3 gewere met hulle op en nie 'n dag se klagtes...

Het telke male varke gejag met die oop visiere en dan scope terug gesit en op 200m nog in die kol geskiet.

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:05 pm
by Flip Nel
DWB wrote:Flip, 3 gewere met hulle op en nie 'n dag se klagtes...

Het telke male varke gejag met die oop visiere en dan scope terug gesit en op 200m nog in die kol geskiet.
Baie dankie dis wat ek wil hoor, as ek mag vra Deon wat het jy betaal vir hulle, ek is vandag aangebied vir R1650.00

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 4:10 pm
by henning
Flip, ek se vir jou baie dankie, jy het nou vir my n goeie idee gegee met hierdie post van jou.

Groete

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 5:05 pm
by DWB
Daai klink bietjie rof!

R1000

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 5:58 pm
by mariusr
R1650-is verseker rof!!?S@O was nog laasjaar R1250. My seun het syne gekoop vir R750 2de hans maar alles word nou so duur sal my nie verbaas nie!?

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Wed Feb 19, 2014 6:36 pm
by Flip Nel
DWB wrote:Daai klink bietjie rof!

R1000
Julle moet onthou ek sit hier aan die gatkant van die wereld, gaan so bietjie proebeer rond shop, maar sal happy wees as die ding werk

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Thu Feb 20, 2014 10:45 am
by Marc
Posgeld kan on moontlik nie soveel kos nie ;D

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Fri Jan 08, 2016 9:40 am
by ZKK
Goeie more manne.
Ek het Warne quick detachable mounts op my .375H&H
As ek my scope afhaal en weer terug sit, skuif my POI met omtrent 3" op 100m
Doen ek iets verkeerd?

Groete

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Fri Jan 08, 2016 9:47 am
by Smitstertjies
Het op my 416 Rigby. Werk perfek

Re: Warne CZ 550 Quick Detach Rings

Posted: Fri Jan 08, 2016 11:14 am
by Boomstomp
Ek het 30mm QD ringe wat ek dalk wil verkoop.

Sal vanaand gaan loer of ek hulle kan vind.