Page 1 of 1

FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Tue Feb 18, 2014 8:39 am
by Hennie van der Merwe
Dagsê manne,

Wat is die voordele en nadele van beide, want ek sien bitter min dat lede iets sê oor FFP teleskope?
Burris en Vortex, en n paar ander maak hulle, maar hulle lyk nie baie gewild onder die jagters en skuts nie.

Groete,
Hennie

Re: FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Tue Feb 18, 2014 8:47 am
by Wildjagter
More Hennie.

Gaan lees bietjie hier (as jy nog nie het nie)...miskien gee dit bietjie meer informasie vir jou

http://www.primalrights.com/forum/article.php?a=4789

Groete,

Cobus

Re: FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Tue Feb 18, 2014 8:59 am
by Hennie van der Merwe
Thanks Cobus.

Nogal 'n luxury om n FFP scope te hê.

Re: FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Tue Feb 18, 2014 9:03 am
by JTM
Ek skiet teiken met 'n FFP scope waarvan die turrets en die reticle ooreenstem en van MRAD (millradian) gebruik maak. In my opinie is dit die lekkerste setup om mee te skiet.

Hang seker net af van scope na scope , maar partykeer kan die reticle op die laagste vergroting te klein raak om die merke daarop lekker te sien.

Dalk is dit nie so belangrik vir jag om FFP te hê nie. Dis meer vir taktiese skiet bedoel waar jy jou teiken/area kan lê en dophou en mooi meet met die kruishaar en sommetjies maak. Wild mag dal te veel beweeg om jou daai tyd te gee om die kruishaar te benut.

Wat lekker is van die bypassende turret en reticle is dat jou merke op die kruishaar en vertelling lekker ooreenstem. Dit maak vinnige verstelling maklik.

Re: FFP vs SFP

Posted: Tue Feb 18, 2014 9:11 am
by Hein22
Hi Hennie,

Ek verkies die FFP scopes omrede ek op enige vergroting can mil en my hold-overs bly altyd dieselfde op enige vergroting. Die nadele is natuurlik dat die kruisdraad vergroot en verklein saam met die vergroting van die teleskoop wat gewoolik veroorsaak dat die kruisdraad baie klein is op min vergroting en soms bietjie duk kan wees op maksimum vergroting.

Second focal plain scopes is gekalibreer vir 'n sekere vergroting, enige ander vergroting verander die waarde van die holdovers. Dit kan natuurlik uitgewerk word maar die wiskunde is te veel vir vinnig skiet in veld skiet toestande.

Baie benchrest skuts verkies sfp omrede hulle fyner kan sien op hoe vergrotings. As jy gaan range met 'n rangefinder en dan turrets dail ipv reticle holdovers gebruik, dan is SFP seker net so goed. Ek skiet hoofsaaklik met die reticle en daarvoor die FFP keuse.

Groete,
Hein

Re: FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Tue Feb 18, 2014 6:31 pm
by Alwin
JTM wrote:Ek skiet teiken met 'n FFP scope waarvan die turrets en die reticle ooreenstem en van MRAD (millradian) gebruik maak. In my opinie is dit die lekkerste setup om mee te skiet.

Hang seker net af van scope na scope , maar partykeer kan die reticle op die laagste vergroting te klein raak om die merke daarop lekker te sien.

Dalk is dit nie so belangrik vir jag om FFP te hê nie. Dis meer vir taktiese skiet bedoel waar jy jou teiken/area kan lê en dophou en mooi meet met die kruishaar en sommetjies maak. Wild mag dal te veel beweeg om jou daai tyd te gee om die kruishaar te benut.

Wat lekker is van die bypassende turret en reticle is dat jou merke op die kruishaar en vertelling lekker ooreenstem. Dit maak vinnige verstelling maklik.
Wat JTM hier së, maak 100% sin. Stem saam met die FFP en Mil/MRAD (Afr: milliradiaal) indeling op beide die "recticle" en die "turrets". Maar al hierdie goed is eintlik net relevant vir langafstand skiet.

Vir gewone jag, tot so 300m, en veldskiet tot 350m, werk 'n gewone Duplex tipe "recticle" in die "SFP" heel goed genoeg. Ook as jy 'n "krismisboom recticle" het, wat dan net op 1 spesifieke vergroting kan werk, help die SFP se eienskappe, dat jy die "recticle" kan kalibreer, deur bloot die vergroting te stel. Baie handig en baie vinnig. Moet net nie deurmekaar raak nie...

Die Europeërs gebruik al lankal hulle geliefde no4 recticle, in die FFP. Ek kon nooit verstaan, wat so lekker is daaraan, vir wildevarke op spoed en takbokkies uit die "Hochsitz" skiet nie. Ek sou 'n SFP teleskoop verkies het. Maar almal se persoonlike voorkeure verskil, daarom glo ek ons gaan nog lank al twee tipes kry.

Re: FFP vs SFP (first focal plane vs second focal plane)

Posted: Fri Feb 21, 2014 9:26 am
by AFRICAN LEADWOOD
Besef ook dat met 'n FFP jou kruishaar dikker raak soos jy die X'e opdraai. Dit moet om die milling en hold over ens reg te hou op al die verskillende vergrotings. Dit kan soms beteken dat jy vind dat die FFP reticles te veel van die teiken toemaak na jou smaak. Dit hang af van die ontwerp en wat vir jou aanvaarbaar is.