Page 1 of 1
Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 1:01 pm
by BLOK
Ek het op die site afgekom wat jag toerusting verkoop hulle verskeidenheid is nogal groot. My vraag is ek sien hulle verkoop limbsaver wat hulle beweer barrel whip verminder. Ken enig iemand die produkte of iemand dit al gebruik. Dit is die eerste keer wat ek dit sien dit laat dink my nogalbaie aan die rubbers wat tennis spelirs aan hulle rakette sit.
Blok.
http://www.gandermountain.com/modperl/p ... rchID=4006
http://www.gandermountain.com/modperl/p ... rchID=4006
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:03 pm
by PRIVATE RYAN
Ek ken nie die spesifieke produk nie,
maar Limbsaver se boogprodukte
is uitstekend en daar gaan baie
navorsing in dit in. Ek glo nie
hulle sal iets ondeurdags in die
mark bring nie.
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:24 pm
by Geno
'n Klient van my het so ding gebruik.
Hier is hy:
Volgens hom, skuif jy die ding rond om die "sweetspot" te kry, dan is die geweer blykbaar akkurater.
Groete,
Eugene
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:26 pm
by PRIVATE RYAN
As ek so na daai rughou kyk
moet hy nog bietjie skuif.

Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:33 pm
by Geno
Hahaha ja, die bok is in die hardloop geklop.....
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:35 pm
by James Wilson
PRIVATE RYAN wrote:
As ek so na daai rughou kyk
moet hy nog bietjie skuif.
haai dis vreeslik, ek het my nou amper doodgelag. mooi gese!!!

Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:35 pm
by PRIVATE RYAN
Die dominee gaan kwaad
wees as jy sy biltong so
aan flarde skiet!
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 2:36 pm
by BLOK
Ryan
Goeie een, dink hy moet sy scope ook nog n biekie skuif. Hets die gaget gesien en dit was nogal net n snaakse ding
Geno, behalwe dat jou klient nou nie die bok se sweetspot kon kry nie wat se hy daarvan werk dit of is dit weer net n geldmaak produk.
Blok.
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 3:07 pm
by Geno
Blok, die man het vasgestaan dat die ding werk, maar ek weet nie.
Maar, limbsaver se produkte is kwaai!
Re: Limb Saver
Posted: Fri Jan 21, 2011 10:34 pm
by Topcat
Limbsaver op boog is dood logies en maak sin.Maar op n geweer??!!Bid jou aan!Wat wil jy save?Niks anders as geldmaak nie.

Wat is volgende,Doinker, shockabsorber?!!
Re: Limb Saver
Posted: Sat Jan 22, 2011 1:01 am
by .220 Swift
Klink soos Browning se BOSS sisteem -
http://www.browning.com/customerservice ... asp?id=107
Werk mooi op my Browning .338 Win Mag
Re: Limb Saver
Posted: Sat Jan 22, 2011 9:16 am
by Biltongjagter
Hierdie is nou so goed as om die singgeluid (humming noise) in jou bakkie se ewenaar weg te dokter deur 'n paar piesangs met baie dikker olie daar in te gooi!!!
Die Limb Saver produk of die Boss los nie die probleem wat die loop vibrasie veroorsaak op nie, dit probeer dit net demp of verminder.
Natuurlik sal akkuraatheid verbeter as die loop vibrasie verminder word hiermee, maar dit is nie die werklike oplossing van die probleem nie. Di? bestaan steeds met die gebruik van die produkte.
Beslis beter maniere van doen, sou ek s?!
Hierdie gedeelte hierna is nie haalbaar nie - BOSS kan verseker nie die koe?l se trek deur die loop vertraag of versnel om juis op 'n tydstip wanneer die loop sg. 'n 'stilstand' ervaar, juis dan toelaat dat die koe?l die loop verlaat nie.
"How the BOSS works.
The BOSS simply tunes the vibrations of your barrel. This allows the bullet to leave the barrel the split second it is stationary."
Re: Limb Saver
Posted: Sat Jan 22, 2011 11:30 am
by .220 Swift
Bietjie duurder as 'n paar piesangs - en ook meer effektief ;)
Re: Limb Saver
Posted: Mon Jan 24, 2011 8:15 am
by BLOK
Ek het self die idee gekry dat hulle sommer net jou gedagtes fine tune om n paar sente te maak. wonder nou na daai piesang storie, en ek het dit al probeer dit werk maar net vir n kort rukkie, as n man jou loop binne smeer met piesang sal die punt nie gladder gly en so ook die wip uithaal nie.

Dit kan mos baie goedkoper uitwerk en dan kan ons mos nou lekker str@nt praat daaroor.
Blok
Re: Limb Saver
Posted: Mon Jan 24, 2011 12:27 pm
by .220 Swift
Skoenmaker, hou jou by jou lees...ek is nie 'n kundige in die wonderlike wereld van piesang benutting nie - kan maar net se dat die BOSS sisteem vir my werk.
Re: Limb Saver
Posted: Mon Jan 24, 2011 12:28 pm
by Geno
.220 Swift wrote:
maar net se dat die BOSS sisteem vir my werk.
Hoe ervaar jou ore die BOSS?
Re: Limb Saver
Posted: Mon Jan 24, 2011 12:37 pm
by .220 Swift
Baie goeie vraag - kannie die .338 skiet sonder ordentlike gehoor beskerming nie. Ek gebruik 'n Peltor produk in die veld.