Page 1 of 3
Status as Jagter/lid van forum
Posted: Fri Apr 03, 2009 10:41 pm
by Yalair
Laat weet asb wat jou status is as lid van die vorum- Jagter ens sal graag wil sien hoe baie profesionele (heeltydse) jagters daar is
Dankie
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Fri Apr 03, 2009 10:44 pm
by Ambessa
Hallo Yalair
Jou doring. Mooi. Hoop die ouens reageer hierop.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 9:40 am
by Ambessa
Hallo Yalair
Lekker vars na die slapie.
Sien die meeste ouens kiep nog of is bietjie traag om op so 'n mooi herfsoggend voor 'n PC te sit.
Son sal hulle seker later laat ontdooi.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 12:35 pm
by Ambessa
Hallo alma
Op die nuwe pol.
Lyk my die boere doen self hul ding/
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 12:51 pm
by Freddie101
jammer het by verkeerde een gestem.Hoe stel ek dit reg. By tweede laaste een gestem. Boer en skiet by paar ander mense en by myself. Waar moet ek daarvoor stem.
Groete Freddie
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 1:02 pm
by Yalair
Freddie
Jy sal dan onder deelyds inkom, sal dit vir jou regstel
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 6:19 pm
by Ambessa
Hallo Jaracal & Yalair / en almal op die Forum
Wonder hoeveel ander jagters/boere/belange is daar buite wat nog nie dmv "word of mouth" van hierdie Forum bewus is nie?
My deelname en sinvolle interaksie met ander lede op die Forum het my kennis, siening en visie baie geslyp en sterker gefokus.
Dit is onglooflik hoeveel kennis en ervaring in die deelnemers opgesluit is! Onthou "horses for courses!"
Dankie aan almal (bekend en onbekend) se bydraes. Hou so aan.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 6:38 pm
by Kruger
jammer het by verkeerde een gestem.Hoe stel ek dit reg. By tweede laaste een gestem.
Freddie
Dankie tog. Ek is so verlig dat dit 'n fout was. Kon nie glo dat daar boere hier sou wees wat nog glo in geen beheer nie. Sterkte
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sat Apr 04, 2009 7:07 pm
by Ambessa
Hallo Freddie101
Stem saam met Kruger.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun Apr 05, 2009 11:32 am
by britsman
Morning Ambessa,
Wonder hoeveel ander jagters/boere/belange is daar buite wat nog nie dmv "word of mouth" van hierdie Forum bewus is nie?
Yesterday (Sat.4 april) I attended our monthly SA Hunters shoot in Aliwal North and was very surprised by how many of the participants had not yet heard of this forum.
I must say that I made a arse of myself telling Sir Taffies April fools day story of the cat with a kitten and a silver fox pup drinking on her. Anyway I'm sure we will have more of these chaps coming online.
Yalair,
Yalair wrote:
Laat weet asb wat jou status is as lid van die vorum
Goeie idee (en ek moet se jy het baie) -- hierdie opname. Kan jy dit nie deel van die "profile" maak nie?
Freddie,
Freddie101 wrote:
jammer het by verkeerde een gestem.Hoe stel ek dit reg. By tweede laaste een gestem. Boer en skiet by paar ander mense en by myself. Waar moet ek daarvoor stem.
Amper het jy Dr BS dag gemaak.
Groete,
britsman
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun Apr 05, 2009 11:58 am
by Christo
britsman wrote:
Goeie idee (en ek moet se jy het baie) -- hierdie opname. Kan jy dit nie deel van die "profile" maak nie?
Ja-nee die man is 'n genius.
Christo
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun Apr 05, 2009 8:40 pm
by Ambessa
Hallo Britsma
Yes, sometimes one might step into it....
Good to practice my other tale.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 06, 2009 7:13 am
by Ambessa
Hallo Jaracal & Britsman
Sien die ledetal van die forum groei amper daagliks mooi aan.
Daar is egter nog heelwat wat buite hierdie kring staan.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 06, 2009 10:16 pm
by jaracal
Britsman
Sal nog daardie een moet "uit-figure", nou eers doenig met 'n paar ander dinge. Dit is hoekom ek net so nou en dan hier kom loer om te sien hoe dit gaan. Dit gaan goed en is ek bly die forum se lede sorg self vir die lewe van die forum.
Sal laat weet as ek die profile ding kon kleinkry.
Groete
Heinrich
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 9:15 am
by Yalair
Almal op die forum, neem asb deel aan die poll, niemand weet wie wat gestem het as dit jou dalk afsit, samewerking word hoog op prys gestel
Dankie
Ben
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 1:57 pm
by LMB
Ek is nie seker waar om te stem. Ek boer, doen eie beheer en het al van professionele nagjagters gebruik gemaak.
Lukas
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 2:30 pm
by Dawie
Waar stem jy as jy voltyds boer, self beheer en nog vir vergoeding skiet? Hmmmm?
Stem ou by.....Deeltyds (het ander werk).....en by.....Boer en doen eie beheer
Mag ou by 2 plekke stem?
Smaak my Lukas jy sal ook op 2 plekke moet stem
Dawie
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 3:13 pm
by Yalair
Dawie
Pro sien ek op die staduim as persoon wat vir lang preodes weg is van sy huis, al boer hy is sy boerdery dan sy deeltydse werk. As jy voltyds boer sal jy onder deeltyds inkom.
LMB
Wie doen die meeste beheer by jou, as dit jyself is gaan jy by boer en eie beheer inval.
Dis hoe ek dit sien op diestaduim en is oop vir enige voorstelle en kan ons die pol dienooreenkomstig verander
Dankie
Ben
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 3:50 pm
by Ambessa
Hallo Yalair
Lyk my hierdie "poll" het nou 'n regte kopkrapper geword?
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 4:06 pm
by Yalair
Ambessa
Ja te veel vrae en ek het te min antwoorde, dan is ek nog onnosel met compouters ook

, ons sal wel daar kom

Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 7:43 pm
by Ambessa
Hallo almal daar buite
Net 22 van 281 reeds deelgeneem aan die "poll". Ons kan seker baie beter doen.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 8:29 pm
by Christo
Ambessa
Ek gaan nou vote vir elke kaart en transport. Sal wees soos die April vote.
Christo
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 9:48 pm
by LMB
Dit hang seker af wat julle met die stemming wil bereik. Dalk moet daar onderskeid getref word tussen boere en nagjagters, mense wat dit vir geld doen. Anders moet ek en Dawie 2 maal stem. As dit egter gaan oor wat jy die meeste doen, doen is dit maklik.
Groete
Lukas
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 9:53 pm
by Yalair
LMB
Daar word bespiegel oor hoe baie heeltydse nagjagters daar werklik is, wil sien hoe die ding werklik inmekaar steek, het nie besef hoe baie boere dit deeltyds ook doen nie.
Groete
Ben
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 07, 2009 10:02 pm
by Ambessa
Hallo Yalair
Sien daar is nou 23 uit 281. Mooi, ons vorder.
Is die "Boer en geen beheer" nog reg met 1?
Ambessa