Page 1 of 1

Jakkals velle

Posted: Thu Jan 20, 2011 9:50 pm
by fanie17
Ek het besluut om n jakkalsvel karros te laat maak.Dan gaan hulle nie verniet dood nie.Ek soek so omtrend 50 gesoute velle,sal dit laat looi.Ek sal daarvoor betaal.Help asb.

Re: Jakkals velle

Posted: Thu Jan 20, 2011 10:12 pm
by Geno
fanie17 wrote: .Dan gaan hulle nie verniet dood nie.
Oom Faan, hulle gaan nie verniet dood nie. Hulle vrek oor hulle lus het om skaap te vang.

Ek het so 'n jakkals karos, hy's baie warm!

Re: Jakkals velle

Posted: Thu Jan 20, 2011 10:13 pm
by fanie17
Geno nou help dan

Re: Jakkals velle

Posted: Fri Jan 21, 2011 5:17 am
by Geno
ek sou graag wou, maar ek het nie 'n clue hoe om so iets te maak nie. Daai karos van my is baie oud, het hom seker 15 jaar terug by my ouma gekry, en ek weet nie hoe lank sy hom gehad het nie. Die ander moeilikheid is dat jakkies meeste van die tyd vlenters geskiet word, dan is die vel onbruikbaar.

Re: Jakkals velle

Posted: Fri Jan 21, 2011 8:06 am
by James Wilson
fanie17 wrote: .Dan gaan hulle nie verniet dood nie.
O aarde, hulle gaan jou kielhaal!! ;D

Re: Jakkals velle

Posted: Fri Jan 21, 2011 8:02 pm
by Robert
Fanie

Ongelukkig kan ek jou nie help aan velle vir jou koros nie,

Ek is nie in die velle handel nie en nadat die .308 (ja, ek skiet eenĀ  :o ;D) die jakkie getref het is daar nie veel oor om karos te maak nie of jy gaan kol-kol koud kry onder die las velle.

Sterkte, so 'n karos slaap diep lekker in die koue aande.

Robert

Re: Jakkals velle

Posted: Sat Jan 22, 2011 1:19 pm
by Vasvat
Fanie ,
pm my ek het vir jou kontakbesonderhede ens vir die nodige goete en mense!
Vasvat
Sel 0823269183

Re: Jakkals velle

Posted: Sat Jan 22, 2011 1:23 pm
by Penkop
Nee man,

Julle moet beginne kopskote skiet sodat ons vir oom Fanie kan help...!!