Page 1 of 1
Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Apr 03, 2009 2:04 pm
by Ambessa
Hallo almal
Bestaan daar 'n vermoede (duidelike tekens?) dat die sosiale-, maar veral ook die voedingsgedrag van die rooikat heelwat anders is as wat algemeen geglo is of in boeke opgeskryf is?
Geld die stelling oral of is dit net op sekere gebiede van toepassing?
Daar is byvoorbeeld heelwat gevalle wat die rooikat maar eers onlangs vir die eerste keer deur redelik grootmense gesien is? Waarom? Was hulle voorheen (dekades gelede) wel daar en het nou weer ingekom?
Watter invloed het die rooikat op die getalle van die rooijakkals (en andersom)?
Indien julle met voorbeelde spesifiek na provinsies/distrikte/dorpe kan verwys (plase sou beter wees sonder om vertroulikheid te skend) sal dit baie help.
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Apr 04, 2009 3:28 pm
by Christo
Sal baie interresant wees, laat weet wat julle weet hier asb.
Christo
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Wed Apr 08, 2009 4:18 pm
by jaracal
Ambessa
Sover ek jag het ek die volgende waargeneem.
Rooikatte was nog altyd aanwesig terwyl jakkalse oor die algemeen in die verlede in sekere gedeeltes van ons land totaal uitgewis was. Die rooikat probleem is altyd makliker om aan te spreek as die jakkalse en kan hulle nie so vinnig aanteel as jakkalse nie. Met die tot standkoming van die wildplase en parke word hulle getalle ook meer. Ons kry hulle nou in dele wat hulle voorheen min gesien is. So albei, jakkalse en rooikat getalle neem toe.
Daar waar baie jakkalse is, is minder rooikatte en anders-om ook. Ek het bv vir amper 8 jaar by 'n boer in Strydenburg gejag en geen rooikat geskiet nie, maar baie jakkalse. Die plaas is 50 000ha groot. Hy het nog altyd in die rivier deur sy plaas met slagyster en hokke rooikatte gevang en beheer. Jakkals getalle is drasties verlaag en het na 8 jaar my eerste rooikat geskiet en daarna meer gereeld.
Hoop dit help
groete
heinrich
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Wed Apr 08, 2009 5:39 pm
by Dawie
Ek het so 'n ruk terug gehoor van 'n Oom naby Merweville (Andr? sal dit kan beaam) wat op sy +- 3000ha plaas die afgelope 3 jaar amper op dieselfde plek oor die 200 Rooikatte gevang het. By my het hulle ook toegeneem, my buurman het 2 weke terug 100m van sy plaasstoor 'n jong kat met 'n klip vrek gegooi en ek het in 6 maande by my 3 keer wyfies met kleintjies geskiet terwyl my bure ook 'n dik span vrekgemaak het. Dit terwyl ons al hoe meer jakkalse ook vrekmaak.
Dawie
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Apr 10, 2009 7:09 pm
by Ambessa
Hallo Heinrich
Dankie vir die info.
Uit alle bronne en terugvoer lyk dit asof beide rjakkals en rkat besig om wyer te versprei - die rjakkals meer as die rkat.
Die vraag is hoekom? Minder mense op die grond (plase)? Of minder beheer en ook minder gekoordineerd?
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Apr 10, 2009 7:17 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
sjoe, 200 rkatte in 3 jaar - neem aan hoofsaaklik met hokke gevang?
Vangste verspreid of net in sekere gebiede op die plaas?
Was dit trekkatte wat inbeweeg het nadat die ouer gebiedskatte gevang is?
Was dit ouer of jonger of beide tipes/ mannetjies of wyfies, ens?
Sien hoe baie ons moet weet.
Hoe kan ons meer uitvand?
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:49 am
by Dawie
Ambessa
Die geslag ens. van die katte weet ek nie, al wat die oom se seun vir my ges? het is dat dit hulle in dieselfde kol oppie plaas gevang is ek neem aan dis hokke en of ysters.
As Andr? weer aanlyn kom sal ek hom vra om bietjie uit te brei, hy boer naby hulle.
Dawie
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Apr 11, 2009 8:27 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
Dankie. Sien uit na meer info.
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Apr 11, 2009 8:39 pm
by LMB
My grootste probleem was weer altyd rooikatte. Jakkalse was baie skaars, maar die afgelope tyd is dit altwee. Jakkalse is beslis meer as so 10 jr gelede, maar nie die getalle waarvan julle praat. Ek kon elke jaar my grond skoon maak, tot so 5 jr gelede. Katte is gevang, meestal met slagysters, jakkalse raak weg, tel dalk aas op of soek ander weiplek as dit te "warm" raak.
Vandag werk dit nie meer. Hulle raak beslis slimmer en ook baie meer "hans", as mens dit so kan stel. Dit is waar die probleem inkom. By my is dit maar een of 2 jakkalse/katte per jaar, maar dit kos baie lammers voor ek hulle in die hande kry!
Plase betrokke is in die Laingsburg/Prins Albert distrik naby en teen die Dwyka rivier. Nie teenaan maar so 1 - 2 plase vanaf die Swartberg.
Groete
Lukas
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Apr 11, 2009 8:45 pm
by Ambessa
Hallo LMB
Sou jou situasie gekoppel wees aan die feit dat jy deurgaans oor die afgelope jare die roofdiere op een of ander wyse bestuur?
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 11:20 am
by tafjak
Skiet verlede week ma-kat met jonge by haar naby lamkamp, groot was die verbasing toe ons sien dat 5kg lam 204 meter ver vanaf lamkamp gedra is om kleintjie te voed. Voorafgaande 2 dae die lamkamp skoongehou met jaghonde en wonder of sy toe kon agterkom dat die gevaar miskien haar kan inhaal as sy verder in die lamkamp vreet.
Het in die 7 dae voor ek haar geskiet het 8 geindtifiseerde lammers(tipiese kat vreet) gevang en saam met kleintjie gevreet terwyl die honde daar gewerk het. Hulle kan ook gevaar waarneem en voorsorg tref.
Taffie
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 11:59 am
by britsman
Taffie, ambessa, lucas en almal
Hier by my het ek maar altyd problemme gehad met rooikatte wat groot lammers (+-34kg) vang as ek te naby aan die berge kom, maar nou word hulle gevang nog verder af in die vlaktes.Ek het hokke gestel (met vrot vis aas) maar het omtrent 10 ystervarke eers gevang (ek lat hulle los), van hulle is 3 keer gevang, voor hulle geleer het on weg te bly.Nou elke keer ek gaan kyk is die hokke toe maar niks in nie, nou vermoed ek dit is meerkatte /muishonde wat hulle aftrap (dit is nou met rooikat uriene).
WAT NOU?
bm
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 12:13 pm
by tafjak
britsman
Kyk of jy die trapplaat se aftrapgewig (watter vreeslike naam wat ek nou in die hande het) om en by die 2 kg kan kry nie. Ek weet egter nie watter "trigger" jy gebruik nie.
Taffie
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 1:01 pm
by britsman
Taffie,
Dankie-- sal plan maak. Kyk asb op Taf TIPs vir die volgende vrae.
bm
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 1:06 pm
by Jaco Bezuidenhout
Taffie
Bel as jy kla is.
Kkat
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sun Apr 12, 2009 7:05 pm
by LMB
Ambessa
Ek glo die gereelde beheer het daarmee iets te doen. Daar was op die stadium ook bure nader aan die berg wat beheer toegepas het, wat vandag nie meer gebeur nie.
My eerste groot probleme was teen bure wat eers ongeveer 8 jr later ontdek het hulle het ook probleme.
Groete
Lukas
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:06 am
by Ambessa
Hallo LMB
Het so vermoed.
Hoe kry reen die grond nat? Eers val die druppels ver van mekaar, dan al nader aanmekaar en kort voor lank sluit die nat kolle bymekaar aan en siedaar die grond is nat!
Is dit nie hoe die gekoordineerde bestuur van die twee roofdiere aangepak moet word nie?
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:34 am
by Ambessa
Hall Tafjak
Ja, selfs die rooikatte is nie te dom nie. Deur die eeue moes hulle by baie gevare aanpas, selfs by die mens.
Ambessa
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Thu Sep 03, 2009 9:06 pm
by britsman
Ambessa en almal,
Ek het 'n jong wyfie rooikat in 'n hok om katsand (Caller se planne)in die hande te kry.Omdat dit half 'n ergenis om meerkatte ,dassies,duiwe en tarentalle te skiet probeer ons nou vars dooie lammers vir haar te gee. Not 'n damn eet sy aan hulle ....... sy vat hulle na die verste hoek en los hulle daar om te vrot. Vandag moet ek meerkatte skiet, anders gaan sy vrek van die hongerte.
Hoe nou?
groete,
brits
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Sep 04, 2009 1:13 pm
by CHRIS
Britsman
dis baie interrisant. Ek het jakkie en lammers wat gevang en nie opgeeet is nie gee ek vir haar en sy vreet hulle op, maar eet nie tarentaal nie.
Hou vir jou duiwe of konyne aan as jy die kat lank wil hou. konyn teel vinnig.
groete Chris
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Sep 04, 2009 1:51 pm
by boeta
Chris
Ek het paar jaar trug marmotte aangehou om kat te voer,kom my buurman se seuns by hok en skiet die,was ek nou di moer in ma nou ja hy is kla dood.Ma wat ek wil se,het ek nou n verpesting gehaad met daai marmote hulle teel erger as remotes,dink da oppi plaas loop nog n paar willes rond.
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Sep 04, 2009 3:38 pm
by CHRIS
Boeta
Ek het skuur hier waar remote toe met wit hase(weet nie of dit konyn is nie) geboer het. van 5 tot baie in 2jaar. Al die buur plase het naderhand van die goed gehad. Toe die jakkalse my toe so kwaai eet koop ek toe die klomp wit hase en sit hulle in die veld, sien hulle is mos stadig so jakkie gaan hulle vang en my lammers los. Wat wo , dit het jakkals eksrta vit gegee en 6mnde later sien jy nie wit haas nie, nie eers in lusern lande nie
Groete Chris
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Fri Sep 04, 2009 10:02 pm
by JACQUES BOTHA
Maninne en
Manne
Jy sien daai haas voorsel van my is nie n slegte een gewees nie, doulle nog oorgewig is hol hulle nog stadiger /////
en dan is daar nog minder predasie druk op die jakkalse en dan teel hulle WEER MINDER....of hoe se die slim manne..
Chris hoe lyk dit het die jakkals getalle toe hulself beheer en minder kleintjies gekry?
Nou sal ons seker teorie en praktyk by mekaar kan uitbring????????????
Re: Rooikat : sosiale- en voedingsgedrag
Posted: Sat Sep 05, 2009 11:09 pm
by Ambessa
Hallo Britsman
britsman wrote:...in 'n hok om katsand ... ...dit half 'n ergenis om meerkatte ,dassies,duiwe en tarentalle te skiet probeer ons nou vars dooie lammers vir haar te gee. Not 'n damn eet sy aan hulle ....... sy vat hulle na die verste hoek en los hulle daar om te vrot. Vandag moet ek meerkatte skiet, anders gaan sy vrek van die hongerte.

...lyk na 'n regte wilde katjie, die enetjie? Wil net spartelende wilde diertjies eet...
Sterkte. Who said life is fair...?
Ambessa