Page 1 of 2
Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:29 am
by Ian
Ek skiet die week twee jakkalse wat brandsiek het en die boer Francois lig my in dat dit 'n normale verskynsel is na planttyd. Hulle plant bone en mielies wat behandel is met gif vir die rotte en muise. Die jakkalse eet die muise en rotte en die gif is nie genoeg om die jakkals te dood nie en so word sy gestel afgetakel deur die gif met tyd.
Dink 'n bietjie waar en wanneer het jy so 'n jakkals geskiet. Net na plantyd, naby lande wat nou onlangs geplant was en vra ook die boer of sy gewasse behandel is met gif.
Maak nogal sin.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 9:39 am
by spekieries
Never mind die brandsiek Ian, maar jy het 'n paar mooies bymekaar gemaak!Daardie heel linkerkantse een op die eerste foto lyk na 'n groot reun.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 4:28 pm
by Koos Barnard
Hel, maar so 'n "swart" jakkals lyk lelik.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:00 pm
by Gerhard
Ian,
Gaan vind uit wat veroorsaak brand siek...
Gaan kyk dan wat is die redes wat brand siek onder wild nie net jakkalse versprei.
Kyk dan na die tyd vd jaar en dan kom jy agter die kap vd byl.
Mooi geskiet...
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:19 pm
by Ian
Gerhard wrote:Ian,
Gaan vind uit wat veroorsaak brand siek...
Gaan kyk dan wat is die redes wat brand siek onder wild nie net jakkalse versprei.
Kyk dan na die tyd vd jaar en dan kom jy agter die kap vd byl.
Mooi geskiet...
JO JO JO Gerhard
Jy is 'n bietjie aanvallend nou. Ek boer nou al 9 jaar met wild en as die bosluis populasie kwaai is veroorsaak dit ook brandsiek onder die wild. Julle mense wat 'n mens se geloofwaardigheid so toets op 'n openbare forum moet nou flippen stop. Francois werk ook nou saam met Onderstepoort en as jy my pos mooi lees is dit nie ek wat dit sê nie maar die boere wat 24-7 op die grond is en nie 'n stadsjapie wat sulke aantuigings maak nie.
Ek is nou GATVOL vir dat die mense se geloofwaardigheid so op die forum getoets word en geen wonder ons het 'n klomp puik mense al op die forum verloor nie.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:43 pm
by Drenalinjunkie
Ian wrote:Gerhard wrote:Ian,

Ek dink jy lees Gerhard se post n bietjie verkeerd of is jy n bietjie sensitief die tyd van die maand?
Jy het mooi geskiet daar!
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 10:13 pm
by Francois Marais
Ian
Ek trek glad nie jou geloofwaardigheid in twyfel nie, MAAR..
Vind asb vir my by vriend Francois uit waar reken hy behoort die brandsiek jakkalse hier by my vandaan te kom, ek is so amper 300km van die naaste saaigrond.......
Mooi loop
Francois
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... lse#p38685
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sat Feb 08, 2014 11:45 pm
by James Wilson
Iaan, ek vermoed iemand anders het jou kwaad gemaak, en nou haal jy dit op forum lede uit?
Ek dink jy het dalk n harde dag of week gehad. Maar sjoe ou maat, wees maar kalm.
Mooi geskiet.
Terloops, brandsiek en gif aanwending op gewasse, is nie dieselfde ding nie. Al lyk die netto resultate dalk dieselfde. N brandsiek jak se pels lyk soos jou fotos, maar so n jak het ook verder n kondisie probleem. Jou jakke lyk egter lekker sterk.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 1:52 am
by Cobus(Cobb)
My jag is kort geknip deur reen, sit nou maar die tyd en forum lees.
Ian het nie hier voorendag gekom met wyshede nie, hyt net kom vertel wat hy gesien/geskiet het, en wat die boer hom vertel het...sy 2 + 2 maak dus nou 4 en hy vra nou maar net wat julle anner manne dink...
Sovêr blyk die antwoord te wees VERGIFTEGING nie soseer BRANDSIEK nie....
So swart brak lyk maar lelik..
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 4:15 am
by Gerhard
Ian wrote:Gerhard wrote:Ian,
Gaan vind uit wat veroorsaak brand siek...
Gaan kyk dan wat is die redes wat brand siek onder wild nie net jakkalse versprei.
Kyk dan na die tyd vd jaar en dan kom jy agter die kap vd byl.
Mooi geskiet...
JO JO JO Gerhard
Jy is 'n bietjie aanvallend nou. Ek boer nou al 9 jaar met wild en as die bosluis populasie kwaai is veroorsaak dit ook brandsiek onder die wild. Julle mense wat 'n mens se geloofwaardigheid so toets op 'n openbare forum moet nou flippen stop. Francois werk ook nou saam met Onderstepoort en as jy my pos mooi lees is dit nie ek wat dit sê nie maar die boere wat 24-7 op die grond is en nie 'n stadsjapie wat sulke aantuigings maak nie.
Ek is nou GATVOL vir dat die mense se geloofwaardigheid so op die forum getoets word en geen wonder ons het 'n klomp puik mense al op die forum verloor nie.
Nee my vriend...
Ek is dslk n stadsjapie...
Ek is dalk nie eers meer in die land nie.
Maar ek het darm al n ding of twee gesien en gedoen...
Ek het seker so goeie twee jaar terug jakkalse met brandsiek gekry die tyd vd jaar.Toe met natuurbewawring en met navorsers in kontak gekom en navraag gedoen oor wat dit veroorsaak.
Die antwoord...
Daar is meit wat op wild se velle voorkom.
Sodra n dier soos n jakkals onder stress begin kom agv redes soos min kos begin die meit sterk navore kom en die hare begin uitval.
Dan lyk hulle soos die jakkalse wat jy geskiet het. Die jakkals verloor kondisie en met die winter vrek hulle agv koue veral as dit n koue winter is.
Ek het die selfde gesien op ander wild onder andere rooibok en kudu...
Brandsiek is eenvoudig een vd natuur se maniere om populasie beheer toe te pas.
Gaan soek maar hier op die forum ek het daai tyd gepost daar oor sou jy belangstel...
Wat jou ander op en aanmerkings aan betref ... Dis soos water v n eend se rug
Maar bevestig net ek mis nie juis veel hier op die forum nie.
Mooi loop...
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:14 am
by tafjak
Ian
Die slimmanne kan kom se^ wat hulle wil. Glo meit wat voorkom(ek val nie forumlede aan nie), maar die meit moet ook oorsprong he^. Lyk my dit kom voor in areas waar die kos(voedsel) erg te kort word en nie die getalle(bekke) kan voed nie.
Ek wil my verstout om te noem dat stres baie te doen moet he^ hiermee. Kry brandsiek onder jakkalse slegs in dele waar die getalle abnormaal hoog en die drakrag van die veld dit nie kan onderhou nie. In Natal waar amper twee beeste op hektaar kan wei word ook brandsiek onder jakkalse waargeneem, maar die kleinwild is totniet. So ook die kleiner prooidiere soos muise rotte goggas ens.
Dan kan jy brandsiek oinder jakkalse kry in die karoo waar jy 20ha nodig het vir elke bees, maar weer is die "jakkalskos" min.
Dink jy kan brandsiek onder jakkalse toeskryf aan kos te kort en dan moet stres 'n invloed he^.
Mooiloop
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:23 am
by DawieKotze
Ek begewe my totaal op 'n veld wat ek nie ken nie, maar het darem ook al so bietjie (15 jaar) by intensiewe boerdery betrokke gewees.
Kan dit nie maar 'n geval wees dat die gif wat die jakkalse inkry 'n bydrae kan lewer tot die stress wat hulle alreeds het as gevolg van honger en oorbevolking nie.
Die gif is dan net die laaste "trigger" om die meit wat reeds teenwoordig is te laat gedy en vandaar die brandsiek te laat uitslaan nie.
Almal is dus reg, want dis net nog 'n stress faktor wat bydra.
Groetnis
Dawie
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:44 am
by DWB
Oom Dawie, ek weet ook net mooi niks hiervan nie, maar wat oom sê maak vir my genoeg sin...
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:45 am
by mariusr
So ver ek weet word brandsiek deur tipe myt veroorsaak.Die ding lyk glo baie soos klein krokodiljtie onder mikroskoop!? Dit kom voor by honde en katte wat goeie voeding gekry het so weet nie of kos daarmee te doen sal he nie?!
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:57 am
by Jake1
Ons praat van 2 goed hier 1) Brandsiek soos ons dit ken 2) Vergiftiging.
Ian dis baie interessant dat jy dit noem. Die vraag is dus, hou die twee verband met mekaar? Wat ek hier gelees het klink dit of stress die mede-deler is in altwee situasies, hetsy oor kos of vergiftiging. My ander vraag is of die gif nie moontlik 'n ander tipe vel irritasie tot gevolg het nie? want daar word genoem dat die jakkalse wat Ian geskiet het eintlik in goeie kondisie is vir iets wat brandsiek het.
Dit is wat ek hou van hierdie forum, ons kan objektief dink en vrae vra oor 'n onderwerp en baie keer kry ons wel antwoorde al is daar soms bietjie stryery tussenin.
J1
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 10:59 am
by G-force
Die manne wat Ian so sleg gese het moet maar dink voor julle hom so aanval.Hy weet wat die algemene rede vir brandsiek is soos die meeste van ons doen op die forum.Al wat hy probeer doen het was om n mening te lig dat daar ook n ander tipe brandsiek is.Dan word daar vir hom gese hy moet gaan oplees hoekom n jakkals en ander diere brandsiek kry.
Die doel van n forum is om gesprek te voer om jou kennis uit te brei,as jy nie kan bydrae tot n spesefieke "topic" stel ek voor dat jy niks tik nie en net later weer kom lees,dalk leer jy iets.As ek net wil loop en stry dan sal ek my vrou se sy word dik of haar kos proe sleg of so iets.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 11:02 am
by G-force
As n mens gif inkry sal hy of doodgaan of baie siek word.Sy hare sal seker ook kan uitval met sekere tipes gif?Hy kan dalk maer ook word.Wat was daai krieket speler se naam wie se vrou hom so bietjies bietjies gif gegee het oor die jare?Hy het moes ook so sieklik geword en nie and kon vastel wat aangaan nie.Ek dink die boer wat dit vir Ian gese het het dalk iets beet.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 11:22 am
by tafjak
Jan gif kan seker dit ook veroorsaak, maar nog nooit dit agtergekom nie. Ek jag(seker al so 13jaar of meer) die afgelope 11jaar in verskeie streke van die land, basies al orals gejag in hierdie land.
Wat ek gesien het(nie nagevors) is dat jakkalse in die streke(areas) waar hulle nog nie regtig uitgedun is nie, erg onder brandsiek deurloop. Ek het ook al in areas gejag waar jakkalse vir die afgelope 30+ jare nog nooit gejag is nie, en hier was die ergste brandsiek gevalle teegekom. 2jaar later is weer daar gejag en die brandsiekgevalle het drasties afgeneem. Dit sluit gif uit hierdie geval, maar sal nie die "gifinkry" afskryf nie.
Mooiloop
Ps. Mooi foto's van darie bloujakkalse Ian en vreeslik leersaam.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 1:22 pm
by Johan Nel
Ek teoretiseer nou hier. Ek weet met honde is dit die diere wie se immuunstelsel onder druk is wat chronies vatbaar is vir brandsiek. EK het al waargeneem in kennels dat sekere honde heeltyd uitbrake het ten spyte van behandeling, en dan kom die ander honde aangrensend tot hom is, niks oor nie.
Nou wat die gif aanbetref dink ek beslis dat daar meriete is in die boer waarna Ian verwys se waarneming, want indien die jakkalse die gif inneem deur vergiftigde diere te vreet, kan daardie diere se immuuniteit beslis aangetas word deur die gif en kan dit die sekondere simptome van vatbaarheid vir die brandsiek tot gevolg he.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 1:33 pm
by spekieries
Krieketspeler: Tertius Bosch - Nogal 'n tandarts gewees.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 1:49 pm
by NicoSmit
My een hond 'n baster Boerboel het baie soos daai jakkalse gelyk toe sy klein was sy was in 'n goeie kondisie en glad nie maer nie maar het daie min hare op haar lyf gehad die veearts het demodectic mange by haar gediagnoseer kyk hier onder wat Wikipedia oor dit sê daar is heelwat op google ook oor die siekte
Wikipedia sê...
Demodicosis, also called demodectic mange or red mange, is caused by a sensitivity to and overpopulation of Demodex canis as the animal's immune system is unable to keep the mites under control.
Demodex is a genus of mite in the family Demodicidae. Demodex canis occurs naturally in the hair follicles of most dogs in low numbers around the face and other areas of the body. In most dogs, these mites never cause problems. However, in certain situations, such as an underdeveloped or impaired immune system, intense stress, or malnutrition, the mites can reproduce rapidly, causing symptoms in sensitive dogs that range from mild irritation and hair loss on a small patch of skin to severe and widespread inflammation, secondary infection, and in rare cases can be a life-threatening condition. Small patches of demodicosis often correct themselves over time as the dog's immune system matures, although treatment is usually recommended
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 8:53 pm
by Capt. Yoda
Daai mielies wat behandel is vir rotte is nie n ding om me te speel nie.As n koei draat spring waar daai mielies net begin uit kom sal jy haar ook daar tussen die mielies kry le oor n dag.
As n rot vrek van dit en die Jak eet hom gaan hy ook vrek, die tempo waarteen hy agter uit gaan hang maar net af van hoe baie gif hy in kry.Een van die "side effect" van meeste rotgif is haar verlies maar gewoonlik sal die dier vrek voor die hare begin uit val.In die geval van die Jakkies het hulle n lae doses in gekry so hulle hare val nou uit.
Is maar soos G-Force gese
G-force wrote:As n mens gif inkry sal hy of doodgaan of baie siek word.Sy hare sal seker ook kan uitval met sekere tipes gif?Hy kan dalk maer ook word.Wat was daai krieket speler se naam wie se vrou hom so bietjies bietjies gif gegee het oor die jare?Hy het moes ook so sieklik geword en nie and kon vastel wat aangaan nie.Ek dink die boer wat dit vir Ian gese het het dalk iets beet.
Daai 2de foto wat IAN op gesit het lyk soos meinge/miete maar ek glo oor n paar weke sou hy ook soos daai swart Jaki gelyk het.
Meinge en veral miete sou daar taamlik stukkende plekke op die jak se vel veral tussen sy lieste gewees het soos wat hulle heeldag sit en krap.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 9:25 pm
by Johan Nel
Capt. Oblivious wrote:Daai mielies wat behandel is vir rotte is nie n ding om me te speel nie.As n koei draat spring waar daai mielies net begin uit kom sal jy haar ook daar tussen die mielies kry le oor n dag.
As n rot vrek van dit en die Jak eet hom gaan hy ook vrek, die tempo waarteen hy agter uit gaan hang maar net af van hoe baie gif hy in kry.Een van die "side effect" van meeste rotgif is haar verlies maar gewoonlik sal die dier vrek voor die hare begin uit val.In die geval van die Jakkies het hulle n lae doses in gekry so hulle hare val nou uit.
Is maar soos G-Force gese
G-force wrote:As n mens gif inkry sal hy of doodgaan of baie siek word.Sy hare sal seker ook kan uitval met sekere tipes gif?Hy kan dalk maer ook word.Wat was daai krieket speler se naam wie se vrou hom so bietjies bietjies gif gegee het oor die jare?Hy het moes ook so sieklik geword en nie and kon vastel wat aangaan nie.Ek dink die boer wat dit vir Ian gese het het dalk iets beet.
Daai 2de foto wat IAN op gesit het lyk soos meinge/miete maar ek glo oor n paar weke sou hy ook soos daai swart Jaki gelyk het.
Meinge en veral miete sou daar taamlik stukkende plekke op die jak se vel veral tussen sy lieste gewees het soos wat hulle heeldag sit en krap.
Kaptein,
Ek is nou bietjie van die topic af, maar wil net gou die volgende se oor die rotgif wat in graanlande uitgesit word. Daar is twee tegnieke waarvan ek bewus is. Die gif is of 'n lokaas wat onder spesifieke houers geplaas word, soos emmers sodat nie teikendiere nie daaraan vreet nie; of dis 'n pil wat 'n sterk gaswerking het wat in die rot/muisgate gegooi word en dan toegetrap word. Die rot/muis vergas dan ast ware. Dit wil voorkom dat jy reken die gif is in die graan opgeneem om die muis/rot dood te maak as dit daaraan vreet, maar dit gebeur nie. Die muise en rotte doen eintlik die meeste skade aan die ontkiemende saad wat deur hulle gevreet word op daardie stadium. As die plant eers sterk aan groei is, pla hulle nie meer so erg nie. Vee behoort nie sommer aan die gif blootstelling te kry nie.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Sun Feb 09, 2014 9:34 pm
by Capt. Yoda
Johan die gif wat ek van praat is "gebind" aan die mielies.Hy kom in n sak wat klaar reg is en jy plant hom.Die rot of springhaas rot eet hom dan nou as n pit of as hy ontkiem.Sodra hy n "mielie" is kan jy weer die kop eet.
Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl
Posted: Mon Feb 10, 2014 6:33 am
by Henry 7
Ek weet nie hoeveel verskillende brandsiek tipe myte mens kry nie maar by skape moet ander skape wat brandsiek het die "gesonde" skape aansteek maw brandsiek ontstaan nie net nie of kan nie net uitbreek nie hy word ingebring dis hoekom alle skape wat jy aankoop vir brandsiek gespuit moet word en dit 'n aanmeldbare siekte is.Sou jy brandsiek kry moet alle skape op die plaas behandel word en jy gaan vir 'n ruk onder kwarantyn geplaas word en mag nie skape van jou plaas af skuif nie.Gewoonlik moet jou kampe 30 dae of so leeg lê vir die myte om te vrek-weet nie of die wet intussen al verander het nie-so basies kan die myt nie vir langer as 30 dae sonder 'n gasheer oorleef nie.
Henry