Page 1 of 1

50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Thu Feb 06, 2014 8:18 am
by Taylor
Dag se Almal.

Ek hoop dat ek hierdie deel reg uit Facebook uit gekry het.
Kom ondersteun en geniet die dag saam met ons hier op Frankfort.

En vergewe my, ek kry nie die foto`s en logo`s oorgesit nie.

Wilgerivier Tak SAJWV

Hallo almal op die blad!
Hier is die geweer wat op 22 Februarie 2014 deur ons almal op Dasklip skietbaan getoets kan word. Dis `n Truvelo .50 BMG asook die Truvelo .308 Sniper geweer. Baie pryse is op die spel in Truvelo groepering skiet.
Kostes: R 180/skoot op .50 BMG.
R 450/3 skoot Groepering met .50 BMG. :R 50/3 skoot Groepering met .308 CMS.
BRING en BRAAI na afloop van die dag se verrigtinge. Almal is baie welkom om die dag saam met ons te kom geniet, Zimbi Books & Guns gaan ook weer saam met ons wees.
Hoop om almal van julle daar te sien!!!
— with Zimbi Books-Guns. (4 photos)

Daar gaan nice pryse wees en ook n Swartwildebees op n lucky draw.

Groetnis
Taylor

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Thu Feb 06, 2014 9:27 am
by Taylor
Voor ek vergeet, daar word n luggeweer tabel vir junior`s0/13 en jonger ook geskiet. En da vie die res van die mense gaan ons ook die SAJWV Vlakvark tabel skiet.

Groetnis.

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Wed Feb 12, 2014 2:31 pm
by Marc
Vertel bietjie meer skiet verrigtinge van die dag. Hoe werk die tabelle en watse kalibers kan ons saambring. Ek neem aan die dag is oop vir almal en nie net lede nie.

Ek weet ook nie so lekker waar die skietbaan geleë is nie en sal graag wil bywoon, hoe kom ek daar ;D

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Tue Feb 18, 2014 11:15 am
by Taylor
Dag se almal.
Hier is n link na die FB blad van dietak. julle sal meer hier wys raak.


https://www.facebook.com/WilgerivierTak ... =3&theater

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Sun Feb 23, 2014 8:58 pm
by Marc



'n Stukkie video van Jaco Nell agter die stuur van sake, Robbie ons het jou gemis ou maat :'(

Ek was aangenaam verras met die geweer, die terugskop is in dieselfde klas as my .338 Lapua Magnum sin maar die perkusie was aansienlik meer ;D Wat 'n droom om te dryf, as ek so luister gaan daar binnekort een in my midde wees O0

Dankie vir die geleentheid manne, ek sal enige dag weer saam julle tak kom skiet ;)

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Mon Feb 24, 2014 6:28 am
by DWB
Daai brawe sakkie onder die tent sonder oormowwe se ore gaan virseker nooit weer dieselfde wees nie........

Re: 50BMG Fun shoot op Frankfort

Posted: Mon Feb 24, 2014 9:53 am
by Marc
Boertjies jong ;D ;D