Page 1 of 3
TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:01 am
by bullseye
More manne
Ek het n slim ou se raad nodig. My geweer is gezero op 100m, op 200m val die patroon 24mm, op 300m val die patroom 232mm en op 50m skiet die geweer 20mm laag.
Die senter van my scope en loop is 81mm uitmekaar.
die scope het n 20MOA cant base.
die patroon is 123gr lapua scenar punt met n bc van 0.263 G7 OF G1 VAN 0.547 AS EK REG IS.
Die chrony sê spoed is 2965f/s
Die probleem is ek het 4 balistiese programme op i-phone en almal sê as volg 0=100m 200m= 8clicks 300m= 24 clicks.
Nou die probleem is as volg in reallife kry ek n zero op 100m, op 200m zero ek weer met 4 clicks en nie 8 clicks nie, op 300m zero my geweer presies soos programme voorspel naamlik 24 clicks. Nou hoekom is daar so n verskil op 200m? En volgens die drop wat is my regte spoed?
Baie dankie ek luister en leer graag.
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:36 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Twee dinge wat ek wil bevestig.
Wat is jou groefdraai en is die afmeting wat jy gee vir die teleskoop hoogte van "centre to centre" van die loop en tèleskoop?
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:45 am
by Beyers
Bietjie meer info asb
Kaliber?
Senter van loop tot senter scope 81mm? Foto asb
As jy Strelok+ gebruik is daar 'n trajectory validation funksie wat help met die truing van jou program. Ander programme gebruik dalk die begrip truing of dalk tuning.
Volgens Todd Hodnet is die truing meer akkuraat hoe nader jy aan die oorgangspoed tussen supersonies en spoed van klank gaan. Ek vermoed jy skiet 'n 6.5 x 55 dus behoort dit in die omgewing van 800m te wees. Dis nie altyd prakties moontlik om op die afstand te skiet nie.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:49 am
by Flip Nel
Ontho ook by baie vervaardigers is die BC. baie optimisties, en dit verander ook teen watter spoed jy skiet
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:52 am
by THOMAST
Bullseye,
Ek sou voorstel dat jy jou teleskoop se verstellings gaan toets.
Baie teleskope se verstel/click waardes is nie presies wat hulle aandui nie.
As hy in duime/MOA verstel, stel jou teiken op 100 jaarts (91,44m) en as hy in cm/mRads verstel, stel jou teiken op 100m.
Teiken moet verkieslik 1-1,5m hoog wees, met vertikale streep in middel en mikpunt heel onder.
Skiet nou 3 skoot groep op jou zero stelling en verstel in 1 duim /2cm inkremente (jou keuse) op en skiet weer groep ens, totdat jy nie meer teiken het om op te skiet nie.
Kry die middelpunt van elke groepring en merk dit. Meet dan die impakverskuiwing tussen groeperings (as jou teleskoop regop vertikaal gestel is hoort jou groepies al op die vertikale streep te bly) en ook die totale afstand tussen jou eerste en laaste groep.
Deel daai afstand met die hoeveelheid clicks wat jy in totaal gestel het en jy het 'n meer akkurate click waarde vir jou teleskoop.Meeste van die ballistiese programme het 'n aanpassing itv click waardes om die clickwaardes meer akkuraat te maak.
As jou groeperings mooi egalig en eweredig opgaan teen die streep, is die Kaap Hollands. As daar afwykings is en die hoogte toename nie konstant is nie, is daar fout met teleskoop/basise
Doen hiedie toets sodat jy weet, en nie net aanneem nie
Soos die gesegde "Om te meet is om te weet"
Dan praat ons weer.
NS. Ek het 'n vriend wat 'n Lynx teleskoop op sy 270 het. Hy het altyd geglo sy geweer skiet baie plat, want hy hoef net 1 duim op te stel na 200m vanaf sy 100 zero. Ek het my ou Lynx so getoets en as ek 2 duim stel op die elevasie, het dit met 3 duim verstel op die teiken, so ek het van beter geweet
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 11:02 am
by bullseye
Gawie die twist is 1 in 8" en ja 81mm is die afstand tussen senter van loop en senter van scope ek weet dit is hoog. Beyers ek kan vir jou n foto sms maar ek sukkel te veel om fotos op forum te laai , jammer.
Die kaliber is 6.5x47L.Ek het nog glad nie die geweer se bene gerek nie, nog net tot op 300m geskiet, so klankgrens is nie nou al ter sprake nie. Baie dankie sover vir terugvoering, Beyers ek het nou net daai funksie gekry op strelok dit is al beter staan nou op 6 clicks vir 200m moet nog 2 clicks afkom.
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 11:08 am
by bullseye
Thomas ek gaan dit nou eers doen baie dankie vir verduideliking sal weer kom praat as klaar getoets is. Flip jy is reg daarom dat ek wil dubbel seker maak met spoed en BC
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 11:24 am
by Beyers
bullseye wrote:Gawie die twist is 1 in 8" en ja 81mm is die afstand tussen senter van loop en senter van scope ek weet dit is hoog. Beyers ek kan vir jou n foto sms maar ek sukkel te veel om fotos op forum te laai , jammer.
Die kaliber is 6.5x47L.Ek het nog glad nie die geweer se bene gerek nie, nog net tot op 300m geskiet, so klankgrens is nie nou al ter sprake nie. Baie dankie sover vir terugvoering, Beyers ek het nou net daai funksie gekry op strelok dit is al beter staan nou op 6 clicks vir 200m moet nog 2 clicks afkom.
Bullseye.
Dankie daardie hoogte is vrek hoog: my sel no nul ag 2 44 33 drie drie 4
Volg ThomasST se raad om die akkuraatheid van jou scope se verstellings na te gaan.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 11:53 am
by Gawie(13mm)
Ek stem saam met Beyers. Die hoogte is redelik "exstreme". Het die kolf 'n verstelbare wangstuk of is die wangstuk baie hoog, want as dit nie is nie gaan jy baie sukkel met parralaks. dws. jy gaan sukkel om die teiken, teleskoop en jou oog elke keer reg op te lyn.
Met die Strelok Pro kan jy of die spoed regstel of die BC aanpas.
Sterkte.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:06 pm
by Arnold
Skuus Bullseye, jou data wat jy weergee klop nie.
Wat is die inkrement wat jou scope stel?
24 clicks op 300m om 232mm te stel gee 'n verstelling van 0.11 MOA per click ...
(het jou scope 1/8ste MOA verstelling?)
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:14 pm
by Biltong
Bullsey, oorweeg bietjie jou koeel se vlugbaan in vergelyking met jou siglyn (line of sight) en die effek van die teleskoop wat so baie hoog bokant die loop is. Gewoonlik is 'n lekker platskiet kaliber se total drop op 100 omtrent 50mm wat gewoonlik gelyk is aan die hoogte van die teleskoop bo die loop. Dit beteken dat die koeel se vlugbaan op 100m parallel met die siglyn is en dalk reeds begin daal in sy trajek. Waar die teleskoop so baie hoog is, is die koeel se trajek sodanig dat dit steeds besig is om te styg wanneer dit die siglyn en teiken ontmoet op 100m en kruis die siglyn eers hier by 160m.
Trek twee ballistiese grafieke oor mekaar met dieselfde data, gezero op 100m, maar waarvan die scope hoogte by die een 50mm en by die ander 80mm is en kyk na die verskil.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:23 pm
by Beyers
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/IMG_4046.jpg
OK 81 mm
Mooi geweer
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:56 pm
by bullseye
Biltong ek stem met jou, maar is dit nie die cant wat dit veroorsaak nie?op 150m zero geweer ook.
Arnold die scope stel 1/8MOA per click maw 8clicks is 1 duim op 100yards.Jy is welkom om te kom kyk my scope zero op 100m en as ek 24 clicks opdraai dan zero hy op 300m.Wat ek gedoen het, is ek het geskiet op 300m sonder om te stel toe print die groepering 232mm onder mikpunt. Stel toe 24 clicks en mik op mikpunt en skiet presies daar.
Gawie die geweer het n wangstuk.
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 1:28 pm
by Gawie(13mm)
'n Foto spreek 'n duisend woorde.
Baie mooi platform.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 1:32 pm
by THOMAST
Bullseye, hoeveel duim elevasie het jy , maksimum?
Ek verstaan dat die 1/8ste verstelling teleskope gee minder MOA elevasie as hulle 1/4 eweknie teleskope
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 1:33 pm
by Biltong
Bullseye, toets bietjie die volgende. Gebruik jou ballisitese program en stel jou zero op 200 -lees nou wat is die elevation op 100m -dit behoort omtrent 16 mm te wees. Dis rondom vyf clicks op jou scope -baie na aan jou skietresultate van vier clicks.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 2:20 pm
by Arnold
OK uit bogenoemde het jou scope omtrent 'n 12% fout met verstelling as jy die 232mm met die 24 clicks vergelyk op 300m
Om op 100m te zero en daai val op 300m te kry sê die program jou koeels trek teen 3100fps (as die BC wel korrek is), maar dan volgens die program val jou koeels op 200m met so 43mm. (dit is nou by seevlak kondisies)
Interessant, ek weet nie maar laat weet of hy dieselfde maak op verder afstande.
Mooi geweer.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Wed Feb 05, 2014 3:04 pm
by Gawie(13mm)
Ek het hom nou net soos Arnold op Strelok Pro bereken. Jou spoed is of 3088vt/sek of daai koeël se BC is 0.526.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 7:15 am
by bullseye
More manne
Gawie,Arnold,Biltong ek het nog nie weer kans gehad om weer te skiet nie,die spoed wat julle uitwerk is soos ek ook uitwerk maar dis te hoog, volgens quickload is my spoed rondom 2940f/s wat beteken my druk is lekker laag op 59000. My doppe is mooi wat beteken dat my druk nie hoog is nie, as ek n 100f/s opgaan is daar iewers weer n node maar my druk sal na 69000 gaan wat meer stress op my doppe gaan sit wat ek nie wil hê nie. Dan beteken dit my chrony is ook nie reg nie.
Ek wil nie graag eers daaraan dink dat my scope foutief is nie, want dit is n MARCH en het hom spesifiek gekoop oor hulle sê sy turrets is so presies.Maar ja ek begin die scope verdink, wil net eers die toets van Thomas gaan doen om te bevestig. So om op te som ek vermoet dit is of die teleskoop of die bc van punt wat nie reg is nie.
Dankie vir insette sover.
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 7:26 am
by Arnold
Die BC is heel moontlik te hoog en die scope stel nie reg nie. As jou scope egter konstant 0.11MOA per click stel is dit ook nie so groot kopseer nie.
Die sagteware wat ek gebruik het n plek waar jy n korreksie faktor vir jou scope se verstelling kan insit.
Wat my so bietjie baffle is die trajek self waar jy op 100 zero, dan val hy 20mm op 200m en 232mm op 300m. Daai 200m se val pas nie mooi in nie en moet meer wees volgens die programme.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 7:58 am
by bullseye
Arnold dit is presies wat my pla wat die programe sê en reallife is presies amper 50% verskil, net by 200m en op 300m weer reg, ek het dit oor 3 verskillende skietsessies so gekry maar ek gaan weer toets.
groete
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 8:05 am
by Beyers
Kontroleer bietjie die syfers
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/Screenshot_2014-02-06-07-45-42.png
Trajectory validation gedoen op 300m
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/Screenshot_2014-02-06-07-52-12.png
Verstelling bereken vir 200m
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/Screenshot_2014-02-06-08-07-56.png
Waardes uit tabelle
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/Screenshot_2014-02-06-08-10-09.png
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 8:43 am
by bullseye
BEYERS,BEYERS, BEYERS dankie dit beteken ek het reg gemeet, maar dit beteken ek moet my chrony weggooi of is die verskil van kroon tot 5m waar chrony staan n 100f/s+-?Ek wil net eers opgradeer na STRELOK+
Beyers baie dankie
Bullseye.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 8:49 am
by Beyers
Die syfers mag dalk effe verskil van joune
Onthou die omgewingsfaktore was gestel vir my hoogte bo seevlak, lugdruk en temp.
Wat seg die ander ballistiese programme?
Miskien moet Bullseye ook sommer die data vir QL benodig gee, dan werk mens die waardes met die QL ballistiese program uit.
Re: TRAJEK OM SPOED TE KAN UITWERK
Posted: Thu Feb 06, 2014 8:52 am
by bullseye
OK kom ons sê strelok en my afmetings is reg en die spoed is 931.2m/s met al die gegewens op vorige posts waar is quickload se node?
Ek gebruik s355 kruit,dopkapasiteit is 47.5 waterkapasiteit,gebruik 37.8gr kruit, 123gr lapua senar punt,tpl is 2.640" ek kan nie langer seat as gevolg van freebore, maar ek is ook nie teen lands nie.het n 28" loop.
Help nie ek gee ander spoedlesings nie want chrony is foutief.
Is dit moontlik om te voorspel?