Page 1 of 1
Ford ECO sport
Posted: Tue Feb 04, 2014 8:23 pm
by Danie01
Hi manne
Ek trek plaastoe en gaan van die plaas af elke dag in en uit ry stad toe vir werk, 130km per dag. Ek soek iets ligter op brandstof as my bakkie en hoog genoeg van grond af om grondpad te ry.
Ek kyk na die eco sport. Wat is jul kommentaar en hoe trek die karre? Wat is hul ware brandstofverbruik en watter een sal jul eerder voorstel?
Wat dink jul van die juke as tweede opsie?
Groete
Danie
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 5:57 am
by ANDRIES
Danie ons het al heelwat van hulle verkoop en nog geen klagtes gekry nie.Ek self het nog net Robertson toe gery en was verbaas hoe lekker die voertuig ry.
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 7:11 am
by Danie01
ANDRIES wrote:Danie ons het al heelwat van hulle verkoop en nog geen klagtes gekry nie.Ek self het nog net Robertson toe gery en was verbaas hoe lekker die voertuig ry.
Andries, was dit die pertol 1L of diesel 1.5L? Trek hy dam genoeg sodat n man n kar op die pad kan verbygaan sonder om spoed op te wen as ek dit so kan noem?
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 9:27 am
by Wouter Roets
Daan
Daai 1.0 Turbo petrol enjentjie trek n barshou! Ek is retig baie impressed met die Eco-sport wat vriende van ons het.
Groetnis
Wouter
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 10:10 am
by johans
ek weet nie wat die prysverskil tussen die ford en juke is nie maar ek sal verseker die ford kies
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 11:43 am
by ANDRIES
Danie skuus ek was uit gewees.Dit was die diesel.Het gou iemand gebel wat 1 het en vir algemene gebruik kry hy 16km/l.Hy het nog nie langpad getoets nie.Jy kan maar die diesel koop.Hy trek 'n barshou.
Re: Ford ECO sport
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:55 pm
by Danie01
Dankie julle
Ja ek is bang die diesel trek nie so lekker nie, kry goeie kommentaar oor die 1L petrol.
As pertol en diesel se brandstofverbruik baie na aanmekaar is, is dit seker n beter opsie om vir die petrol te gaan?