Page 1 of 1

Perde voer

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:42 pm
by Gert Odendaal
Goeie naand lede

Ek het nou `n perd vir wie daar voor gesorg moet word. Ek weet my vriend Chris Moolman gee nie om ,om my perd saam met sy perde te voer nie, maar ek voel dit sal net regverdig wees om as ek my bydrae gee. Nou is die vraag , watter tipe voer behoort ek my hings te gee...waar is die beste plek om voer vir my perd te koop en wat is die mengsel verhouding vir die soort voer.

Ek hoor graag van die manne wat perde het en self voer.

Groete

Gert

Re: Perde voer

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:51 pm
by wlm
Ek kan jou nie help nie Gert want ons is bietjie ver van mekaar maar lusern bly maar altyd 'n wenner.
Nie dat dit op daardie spoghings van jou van toepassing is nie maar ek vertel dit sommer vir die mooi. 'n Kwart baaltjie lusern sal 'n perd in goeie kondisie hou, maar 'n hele baal sal 'n perd wat eers verwaarloos is nie kan vet kry nie.

Re: Perde voer

Posted: Tue Feb 04, 2014 5:57 am
by ANDRIES
Gert vind uit op watse dieet die vorige eienaar die perd gehad het.As jy sommer die dieet verander kan die perd koliek kry en dan hou jy begrafnis.

Re: Perde voer

Posted: Tue Feb 04, 2014 7:52 am
by Dolf014
Toe ek perde gehad het, het ek so 'n paar beginsels/gewoontes gehad;
1. Kwart baal lusern (party keer het ek vir haar vars lusern gesny, sy was mal daaroor)
2. Veekos se perde pille. Vermy urium so vêr jy kan. Te vel mielies maak 'n perd vet/lui.
3. Elke dag 'n dosis "Corn Oil Plus" oor die pille gegooi. Daai produk laat 'n perd blink dat jy 'n sweis bril moet opsit as jy die stal instap. Dis goed vir die perd se haar/vel asook imuniteit. (ek het nie meer die merrie nie, maar ek het nogsteeds fotos van haar blink lyf)

Dis maar my opinie.

Re: Perde voer

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:22 am
by Dawie Malan
Gert

Voer teff en/of erogrostis vir voer. (Witbank sal baie boere hê wat daarmee boer.)
Epol Cubes vir konsentrate.
Kry 'n goeie veearts (Duncan Prinsloo in Bronkhorstspruit) om jou perde te check en te spuit - veral vir Perdesiekte in Desember.

Daar is geen mengsels nie. Perde eet voer en konsentrate soos wat hulle wil. Probeer pryse kry by Midfeeds in daardie area.

Groete

Dawie

Re: Perde voer

Posted: Tue Feb 04, 2014 10:26 am
by Geno
Ons het ons saalperde, nes Dawie Malan slegs teff en cubes gevoer.

Re: Perde voer

Posted: Tue Feb 04, 2014 10:48 am
by PWV
Gert Odendaal wrote:Goeie naand lede

Ek het nou `n perd vir wie daar voor gesorg moet word. Ek weet my vriend Chris Moolman gee nie om ,om my perd saam met sy perde te voer nie, maar ek voel dit sal net regverdig wees om as ek my bydrae gee. Nou is die vraag , watter tipe voer behoort ek my hings te gee...waar is die beste plek om voer vir my perd te koop en wat is die mengsel verhouding vir die soort voer.

Ek hoor graag van die manne wat perde het en self voer.

Groete

Gert
Gert, die ou mense het geglo 'n perd moet ook elke dag sy skeppie hawerpitte kry.
Groetnis

Re: Perde voer

Posted: Wed Feb 05, 2014 9:51 pm
by Gert Odendaal
Groot waardering en dankie vir hierdie spontane raad en advies van die lede , dit is lekker om te sien dat daar manne is wat ook `n passie vir perde het, Ek gaan gebruik maak van die advies, ek leer nog self saam met my perd. Gelukkig het ek `n baie goeie leermeester, Chris Moolman toor met die perd, en verduidelik vir my elke stap en metode wat nodig is om die perd mak geleerd te kry. Ond het vandag die eerste keer `n saal op die perd gesit, dit was `n geskop en gespring van `n ander wereld.
`n Paar fotos :
Chris Moolman by my perd:
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0137.jpg
Ek en Chris met my perd en sy saal in plek..
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0147.jpg