Page 1 of 2
Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 4:20 pm
by Francois Marais
Manne
My hand aan n video produksie probeer, verbasende klomp werk vir n klein stukki video.....lewer asb kommetaar, hierdie is n eerste probeerslag, so enige kritiek is aanvaarbaar......hoop die link werk.
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 4:47 pm
by Witpietskiet
Dit lyk baie goed, geluk Ouboet.
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 5:31 pm
by WillemS
Nog, ek soek nog!!
Baie goed gedoen!
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 6:01 pm
by Francois Marais
Manne
Thanks, die video se kwaliteit is bietjie sleg, manne wat weet vertel my asb, moet ek video teen groter, wet nie wat , laai, by my wys hy heel duidelik, voor ek hom op fotobucket laai, gaan weer try, sal hom regkry.....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:02 pm
by Francois Marais
Nog enetjie, miskien is sy kwaliteit beter, kom ons sien......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:12 pm
by Pvdw
Lekker hol daai jakkie nou
FM ek sal nou graag al jou mails wil sien met so 'n "video clip" by asb. geen verskonings nie
Lekker om so iets te sien.
Een van die dae is dit my beurt om dit self te ervaar.
Peet
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:19 pm
by Francois Marais
Pvdw
Het nog net met my laaste jag kamera opgesit, is al, drie wat ek nu gaan post, nog baie om te leer, kry nie die kwaliteit lekker nie, het dit nu kleiner gemaak, sien maar wat gebeur.......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:25 pm
by Francois Marais
Manne
Hiers die laaste enetjie.........
Hierdie mannetjie het my redelik besig gehou, seker so 10 min se video wat ek uitgesny het, baie bosserig gewees, hy het later agtergekom alles is nie pluis nie, maar gelukkig oor n oop kolletjie beweeg, was so n jaaroud mannetjie (reun).
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:32 pm
by Stefan764
Wel gedaan mater!
Stef
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:34 pm
by Gerhard
Watse kaliber skiet jy mee op die video?
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:45 pm
by Francois Marais
Gerhard
Skiet met n 25 Koevoet, 87gr Sierra Varminter teen 3650 ft/sec, kon self nie glo dat daai Jakkals so lekker hardloop met daai gat deur sy ribbes nie, was seker net so 2" te ver agter.
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 8:24 pm
by Gerhard
Francois Marais wrote:
Gerhard
Skiet met n 25 Koevoet, 87gr Sierra Varminter teen 3650 ft/sec, kon self nie glo dat daai Jakkals so lekker hardloop met daai gat deur sy ribbes nie, was seker net so 2" te ver agter.
Mooi loop
Francois
Ja ek hou ook van daai "BANG FLOP"
Maar ek kry so nou en dan met die 45gr PMP SP op 2800fps die selfde runner effek
Ek gaan nou Sierra Varminter 40gr laai vir die Hornet en bietjie kyk wat maak die punte op jakkals se kind...
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 8:58 pm
by Christo
Baie mooi, nou weet ek nog minder watter kamera om te koop.
Daai "wha" hie by my het 'n ongelooflike echo. As ek "wha" hoor ek net "wha,wha,wah" daar waar daai jakkals was. Kiss is al wat werk.
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 9:17 pm
by Gerhard
Christo wrote:
Baie mooi, nou weet ek nog minder watter kamera om te koop.
Daai "wha" hie by my het 'n ongelooflike echo. As ek "wha" hoor ek net "wha,wha,wah" daar waar daai jakkals was. Kiss is al wat werk.
Kiss werk vir my ook lekke
Re: Jakkals Video
Posted: Tue Jan 18, 2011 10:05 pm
by Francois Marais
Christo
My bek is te droog teen die tyd wat daai jakkals naby is, gewoonlik maak ek maar net die klank dood en wag dat hy self stop, as hy nie wil nie moet hy maar die koeel so op n draf kry......
Hierdie met n baie OU kamera geneem, Sony 17 something, een van die min video cameras wat ek kon kry wat "night shot" funksie nog het, neem nog op n tapie op....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 7:29 am
by Geno
Francois,
mooi videos!
Gou 'n vinnige vraag, sit jy die kamera aan jou geweer vas?
Hoe maak mens met so iets, wil dit graag probeer.
Groete,
Eugene
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 8:06 am
by Yalair
Geno
Ek het die Bushnell kamera wat op scope sit, moet bieg ek gebruik hom redelik min in die laaste tyd

Hiers een video
http://s562.photobucket.com/albums/ss66 ... debees.flv
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 8:20 am
by Francois Marais
Geno
Ek het n bracket gemaak wat op my stoel se geweer-arm vanbout, bietjie n proses om die cam en gun te kry om op selle plek te kyk, maar as jy daar gewen het is jy gewax.
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 8:59 am
by tafjak
Benna
Mooi kamera, maar die Lyman case trimmer daar agter is egter die ding wat ek sien. Seker die beste wat ek al gehad het(myne toe gaan verruil vir RCBS) en is ek nie spyt nie. Darie Lyman trim elke dop presies dieselfde lengte. Wen baie gr?nd goed by v?rre.
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 9:36 am
by Geno
Thanks manne,
Ek dink ek gaan 'n soortgelyke bracket maak wat met scope ringe aan die scope vas kom.
Sal julle op hoogte hou.
Groete,
Eugene
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 10:07 am
by Geno
Right, ek het so bietjie op die net gekrap en die volgende gekry.
http://www.deerridgeinnovations.com/
Item total:$49.99
Shipping and handling $22.00
Total:$71.99 USD
Dis bietjie duur, en hy is langs die geweer, nie bo op nie.
Sal maar stoei met my eie kontrepsie.....
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 10:25 am
by Yalair
Taffie
Ja hy werk mooi, die case trimmer sal hom nie ryl vir ander een nie
Ek moet byse ek kry die video nou duideliker as die een nadat ek die boekie gelees het en sttings gestel het, sal ander een oplaai as ek lus raak vir die bucket ding
FM se video lyk byverre beter inelkgeval
Groete
Ben
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 10:27 am
by Gerhard
Geno wrote:
Right, ek het so bietjie op die net gekrap en die volgende gekry.
http://www.deerridgeinnovations.com/
Item total:$49.99
Shipping and handling $22.00
Total:$71.99 USD
Dis bietjie duur, en hy is langs die geweer, nie bo op nie.
Sal maar stoei met my eie kontrepsie.....
Geno,
Ek weet nie hoeveel jy al so gespeel het met die video kamera as jy jag nie.
Jy wil nie n kamera op jou geweer he nie.
Jy sal verbaas wees hoeveel beweeg jy die geweer en hoe swak jou video kwaliteit sal wees.
Jy wil eerder die kamera op jou skietstoel sit wat vir jou n stabile basis gee vir goeie kwaliteit video.
Dan wil jy as die jakkals in kom die kamera aan sit meskien bietjie zoom en dan vergeet van die kamera en konsentreer om die jakkals of kat om te kry.
Daai is die prioriteit...
As jy dit op video kry is dit net 'n bonus.
Ek gaan die naweek bietjie speel met my kamera en die stoel...
Meskien kry ek n paar video clips volgende week...
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 12:02 pm
by Francois Marais
Gerhard
My kamera is so opgestel, dit beweeg heel tyd saam met die geweer, maar is nie op die geweer nie. As ek die eerste keer ogie gewaar sit ek die kamera aan, op full zoom, waat maar 20X is, druk rec en vergeet van hom, sit eers weer af as ek klaar geskiet het, neem bietjie onnodig af, maar die kan mens edit......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals Video
Posted: Wed Jan 19, 2011 12:05 pm
by Gerhard
Francois Marais wrote:
Gerhard
My kamera is so opgestel, dit beweeg heel tyd saam met die geweer, maar is nie op die geweer nie. As ek die eerste keer ogie gewaar sit ek die kamera aan, op full zoom, waat maar 20X is, druk rec en vergeet van hom, sit eers weer af as ek klaar geskiet het, neem bietjie onnodig af, maar die kan mens edit......
Mooi loop
Francois
Ja, dit is my plan ook.
Wil die kamera reg onder die geweer op die skietstoel monteer.
Behoort dan redelik maklik wees om alles in lyn te kry...
