Page 1 of 1

Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:34 pm
by MichielC
Goeie naand manne,

Ek was die naweek op die skietbaan ek kon nie my nuwe geweer ingeskiet kry nie.

Geweer : CZ 7mm rem mag
Scope : Zeiss Conquest HD5 5-25 Z800
Ringe en basisse : Lynx

Die vorige naweek, het ek 25 meter geskiet, en so paar verstellings is hy op sy plek.

Op 100 meter na die 1ste koot (hoog links) stel ek hom vertkaal af, en die reen tree in.

Saterdag skiet ek n skoot en hy het vertikaal reg gestel, maar steeds ver links uit.

Maak n verstelling na regs, en na so 3 of vier clicks kan hy nie verder regs stel nie.

Die geweer groepeer mooi, maar steeds ver links van middel.

Ons probeer die"windage" stel maar die resultate bly dieslfde, stel weer die windage en klein verskilee maar steeds ver links van die middel.

Gaan weer na 25 meter, stel op, af na links en dan weer terug,die geweer skiet op n tikkie op die selfde plek na ek hom weer ver regs gedraai het. Die scope stel wel horisontaal en vertikaal reg. hy kan net nie verder regs nie.

My plan is hom in die week by n wapensmit te kry in die week.die scope is deur die handelaar ge mount en ge bore sight.

Wat dink julle is fout? Het ek rede tot bekommernis ?

Groete,

Michiel

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:50 pm
by wlm
MichielC
Raak rustig en werk stapsgewys deur die proses. Kyk dat jou geweer se kolf-skroewe vas is. Gaan jou basisse se skroewe na om te kyk of hulle vas is. Stel jou teleskoop weer op sy senter. "Bore sight" dan die teleskoop se kruishaar deur slegs die ringe te verstel. As jy dit nie self kan kan doen nie, kry hulp. Doen die laaste fyn verstellings deur nou die teleskoop se knoppe te gebruik op die skietbaan..
Dit sal baie uitsonderlik wees as die Zeiss die oorsaak van jou probleme is.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:01 pm
by Wismit
Dit klink vir my of jou scope reeds maks na regs gestel is. Verstel hom nou links tot hy nie meer kan nie. Tel die hoeveelheid clicks. Stel dan weer die helfte van daardie clicks regs dan weet jy jou kruishaar is in die middel.

Doen dit ook met die vertikale verstellings.

Dan sit jy jou scope weer op.

Haal jou slot uit , staan so meter terug en kyk deur jou loop na 'n teiken wat jy opgesit het so 50m vorentoe. Kyk dat die kol van jou teiken min of meer in middel van jou loop is.

Sonder om die geweer te skuif sit jou scope op dat die kruis ook op die kol is en draai vas.

Van daar stel jy hom maar gewoonweg in.

As jy dit nie gaan reg kry om die kruis naby die kol kan sit nie is jou scope se ringe se gaatijes dalk nie mooi in lyn geboor nie en sal jy jou geweer dalk maar weer na 'n ander geweersmid vat.

Hoop ek het vraag reg verstaan en geantwoord.

My 2c

W.S

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:09 pm
by tripodmvr
Lynx ringe kan links na regs verstel. Klink asof die geweersmid nie die teleskoop sentreer het nie. Vat dit terug na hom toe dat hy sy werk regmaak.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:10 pm
by Flip Nel
Proebeer ringe onder bietjie verstel en kyk of jy nie meer die scope in die middel te kry nie, hy is dalk bietjie off centre

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:10 pm
by Flip Nel
tripodmvr wrote:Lynx ringe kan links na regs verstel. Klink asof die geweersmid nie die teleskoop sentreer het nie. Vat dit terug na hom toe dat hy sy werk regmaak.

Post ek en oom so saam

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:29 pm
by Silent Hunting
tripodmvr wrote:Lynx ringe kan links na regs verstel. Klink asof die geweersmid nie die teleskoop sentreer het nie. Vat dit terug na hom toe dat hy sy werk regmaak.
+1. Daai klink presies vir my ook wat fout is.

As "ek" scope mount:
Sentreer kruis haar.
Sit geweer op xbag en kry 'n lamppaal so 400m+ weg. Hoe verder, hoe beter.
Kyk deur die loop en kry op daai paal.
Nou stel jy teleskoop basisse tot jou kruishaar ook op daai paal is.
Siedaar.

Groete,

Henk

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:56 pm
by F.L.A.S.H
Dankie manne

daar leer ek ook sommer iets vanaand

mooiloop

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Sun Feb 02, 2014 10:48 pm
by mariusr
Die manne is heel reg ek is basies seker dat die ringe nie in lyn is nie daarom dat jy uit "cliks"" uit hardloop!? Senter eers weer die teleskoop en doen dan die verstellings aan die ringe.Vra ook of hy die ringe "gelap"het?

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 12:07 am
by Pappabeer
Michiel,

Ek glo dit is dalk n basis windage probeem, maar net 'n vraag: die rede hoekom hy stop is nie dalk agv die "Zero Stop" nie? Maw, jy kan hom verder regs stel, maar die grub skroefie van die Zero Stop verhoed jou.

Hoop jy kom reg

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 6:20 am
by DWB
Kry Warne ringe n moenie worry oor hierdie tip van bollie nie :D

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 7:45 am
by Jaco Bezuidenhout
More Michiel.Ai,party geweer handelaars/manne agter die toonbank. Hy was seker te besig of te lui om daai scope korrek soos die manne hier bo genoem het te mount vir jou. As jy kan probeer om jou ringe te lap ook. Dis wel od forum al bespreek. Ek sentreer altyd my scope md lynx ringe,haal scope af en lap dan. Maak mooi skoon en sit dan scope trug,od baan skiet ek n skoot op 50m en as hy nog se maar 10cm of so van vertikale lyn af is stel ek weer met behulp van ringe tot so na as moontlik. Hoop jy kom reg.
Jaco

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 8:03 am
by Hein22
tripodmvr wrote:Lynx ringe kan links na regs verstel. Klink asof die geweersmid nie die teleskoop sentreer het nie. Vat dit terug na hom toe dat hy sy werk regmaak.
Stem saam.

Die windage is maklik om te verstel en kan ook baie verstel word, so jy behoort makilk hierdie probleem op te los. Maak net seker jy stel na die regte kan toe, maw as jy regs skiet stel die scope regs (met windage skroewe) na die gat toe op die papier en nie na die kant toe wat jy will hê die gat moet skuif nie. Dit is dieselfde as jy 'n basis moet shim, as jy laag skiet shim jy agter ens.

Hoop jy kom reg.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 8:12 am
by cassie_calvinia
kry 'n piccatini!!!

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 8:19 am
by Hein22
cassie_calvinia wrote:kry 'n piccatini!!!
As die gate skeef geboor is, wat met baie van die "ouer" wapens die geval is, gaan 'n piccatini jou nie help nie en is jy soms beter af met die lynx tipe bases en ringe.

Maar ek hoor wat jy sê, meeste van my wapens het ook piccatinni rails op met QD ringe en dit is baie gerieflik.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 8:24 am
by cassie_calvinia
As die gate skeef geboor is, wat met baie van die "ouer" wapens die geval is
daarvan kan ek getuig. my 308 was seker 2mm uit van voor na agter.
het toe NF se blank rail gekoop, en hom maak pas. maw, die gate skeef op die rail geboor, dat rail true is.
en. sommer 5mm allancaps ingesit

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:16 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ek stem saam met baie wat reeds hier gesê is en dit is goeie raad.

Persoonlik keuse is seker belangrik maar ek soek minder plekke waar die teleskoop verstel kan word. Ek is ook lief vir Warne ringe en die basis / ring kombinasie op die gewere anders as CZ.

Tel die klieks en kry die reticle in die middel. Skiet dan weer en kyk of die verstellings werk soos dit moet. As dit reg is dan is dit waarskynlik dat die probleem met die basisse lê. Of die verstelling, of dat die skroefgate skeef is. Met die CZ is dit seker minder waarskynlik agv hoe die dovetail werk.

Maak die bokant van die ringe los en kyk dat die ringe lekker in lyn is en dat die teleskoop lekker in die onderste deel van die ringe lê. Die teleskoop moet lekker kan draai in die ringe en die ringe moet parallell met die buis wees. Anders as jy hom vasdraai dan plaas dit stresse op die buis en dan sal verstellings nie betroubaar wees nie.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 03, 2014 10:55 pm
by MichielC
Goeienaand manne, baie dankie vir al die raad, ek waardeer ! Ek sal beslis probeer en terugvoer hier gee

Dewald, kan jy asb. Bietjie meer uitbrei oor die oor die grub skroefie, waar begin ek kyk ?

Groete,

Michiel

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:58 am
by Pappabeer
Het jy die target turrets op?

Hy kan slegs 360 grade draai agv die Zero Stop funksie. Indien jy meer wil stel, wat jy wel kan, moet jy eers die een grub skroefie binne die turret uithaal. Daar is twee skroefies wat 90 grade teenoor mekaar sit en mekaar stop. Ek sal voorstel dat jy vir Dean of een van die teleskoop manne by S&O kontak dat hulle sommer vir jou verduidelik, dan het jy gemoedsrus dat alles reg is.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Tue Feb 04, 2014 9:00 am
by junglejulian
More Michiel!
Die boekie wat saam die teleskoop gekom het verduidelik dit baie mooi.Op jou boonste stelknop is daar n skroefie wat van bo af kan uitdraai.As die doppie dan afkom sal jy sien daar is n klein Grub skroefie wat dien as n stop.jy kan die skroefie uithaal sodat die stelknop dan n volledige omwenteling kan doen.Die doel van die skroefie is dat jy weer kan terugkom na zero sou jy op of af stel en nie bv 2 of 3 omwentelings stel en dan dink jy is nogsteeds op zero nie.

Dit is nie nodig om die skroefie in te los nie maar dit help as jy baie vir elevasie op ver afstand stel.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Tue Feb 04, 2014 12:01 pm
by 375fanatic
los die scope so en sorg net dat die wind altyd van regs af waai :laugh: :laugh:

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 17, 2014 9:48 am
by MichielC
375 Fanatic, ek het dit probeer, maar op 25-100m doen die wind net te min om die 150gr te skuif.

Manne, dankie vir al die antwoorde, ek het die geweer by n smit gehad, en die paar skote wat ek tot dusver geskiet het, lyk hy reg. Kom ons hoop dit bly so.Die scope was nie reg "ge-mount" nie.

Die smit het wel vir my gese dat ek mooi moet dophou, daardie lynx ringe kraak somtyds, en dan wil niks werk nie. Hy het selfs aangebied om die arbeid verniet te doen sodra ek ander ringe opsit. Hoop dit is nooit nodig nie.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 17, 2014 2:26 pm
by Silent Hunting
Bly jy het reg gekom.

Re: Teleskoop wil nie Zero nie.

Posted: Mon Feb 17, 2014 2:46 pm
by PWV
Weet nie of hulle dit nog maak nie, maar hier was 'n kelder wat 'n brandewyn met die naam, Fokol, gestook het. Die gesegde was: "As niks wil help nie, sal Fokol help."
Nou wil ek net sê, as geen een van die rate wat hierbo gegee is wil help nie, sal Fokol help!
Groetnis