Page 1 of 1
Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 8:05 am
by boeta
Maane hoop daar is iemand wat my kan help.Ek is op soek na gras wat ek kan plant vir ekstra weiding.Het n paar jaar trug in landbouweek blad gelees van n vrou wat met 300 bokke op so ek 4 hektaar boer en sy wou hulle na 400 bokke maak die jaar maar nou kry ek nie daardie stukkie nie.As ek reg kan onthou was daar sewe soorte gras wat geplant was.
Ek het so 8 hektaar wat ek onder dit wil plant.
Boeta
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 11:40 am
by Yalair
Boeta
Die mengesel is meerjarige raaigras, kropaar, langswenk,wit en rooi klawer onder goeie bestuur hou hy so 4-7 jaar, die klawer kan opblaas veroorsaak maar dit wissel van plaas tot plaas en spaar so 100n/h per jaar as jy klawer insit drakrag so 25 skaap/h koste hier by ons so R2700.00/h sonder bemesting vir eenjarige raaigras onder besproeing (voyager55) 30kg/h kan jy kyk na so minimum 30 skaap/h anders kan jy hom meng met rog 15kg voyager55 en 25kg rog, die rog gee meer droe materiaal en help dat die pens nie so los is nie weet nie wat is jou omstandighede nie volg die link en soek dan vir: Vestig Weidings Maklik Met Volledige Saadmengsel
http://www.pannar.com/tech_article.php? ... ntry_id=28
As jy nog raad soek laat weet maar
Groete
Ben
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 11:46 am
by worshond
Boeta
As jy nie reg kom nie bel vir Duane Corbishley 033 4139500 (verpackings direkteur van pannar) hy sal jou in kontak sit met die regte mense. Ons is huis vriende en hy is baie behulpsaam. Hoop dit help.
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 12:04 pm
by Stefan764
Boeta
Ken n oom wat met 1600 ooie op 8ha boer, net kikuio. PM my dan kan ek jou sy details ook stuur as jy met hom wil gesels.
Stef
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 12:52 pm
by boeta
Dankie manne
Stefan nou praat jy my taal.Is die 8 hektaar in kampies opgedeel en besproei die oom met spryers.Wei die skaap ook sekere tye,of is hulle permanent op die gras.Gee die oom nog iets by soos droe lusern of lek.Hoe lyk die siektes onder die diere.
Boeta
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 1:07 pm
by Stefan764
Boeta
Ek was nog nie op sy plaas nie, maar ja, hy werk met spreiers. Die skaap is nie permanent op die gras nie. In die winter voer hy radyse wat hy self plant.
Hy het baie kampe, net een spreier per kamp. Sy drade is ook redelik laag, net so bo die knieg. Van die siektes kan ek jou nou nie se nie ou maat, weet nie hoe kwai pla die siektes in dai tipe opset nie.
Die oom boer so 50km uit Vryburg op die Tosca pad.
Stef
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 1:08 pm
by boeta
Yalair
Dankie vi die link.As ek BT mielies sien raak ek hartseer want ons mag hom nie hier plant nie,en die wurms vreet ons op.Die manne spyt nou al met chopper wat baie help.
Hier is dit maar droe klimaat en baie warm,soek maar iets wat hier sal werk en my vee getalle so biekie kan opstoot.
Worshond
Dankie sal hom bel as ek nie reg kom nie
Boeta
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 1:37 pm
by worshond
Dis reg so het klaar met hom gereel hy wag vir jou oproep.
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 2:04 pm
by Yalair
Ken n oom wat met 1600 ooie op 8ha boer
Stef
Dis nogal wild 5m? per skaap dis amper voerkraal toestande, kan nie dink dat dit genoeg standhoudende voeding kan gee nie, sal graag meer wil weet watter byvoeding, lekke ens gegee word kan jy meer inligting kry?
Boeta
Sal nie iets anders as BT mielies plant by my nie het nou in wat saad skiet alla mensdom maar hulle is mooi.
Groete
Ben
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 2:10 pm
by Stefan764
Hallo Ben
Ek sal bietjie uitvind en trugkom na julle toe oor die tipe lek (byvoeding) en dies meer. Ek ken n heelpaar ouens wat baie sukses met die radyse en rape het.
Maar ek weet wel dit is 1600 skaap op 8ha...
Groete
Stef
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 5:00 pm
by Yalair
Stef
Dankie sal dit wardeer, trek nie jou woord in twyfel nie, wil net agter die toepassing kom, is besig om oor te gaan om my skaap intensief te boer en wil alle moontlikhede ondersoek
Groete
Ben
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 8:30 pm
by BOKRAM
Iemand meer inligting oor ' SUGAR GRAZE ' ??!! Geskik vir reenval area <350 mm ?
Byvoorbaat, dankie
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 18, 2011 9:07 pm
by Doepie01
Hallo Bokram
My reenval is ook omtrent daarrond. Ek plant SUPER DAN en Hunning Grazer onder besproeiing en doen uitstekend. Ek het so n idee Sugar Graze is van dieselfde familie.n Sorghum/soetriet gewas?? Gooi wat jy wil weet en ek sal probeer help.
Groete
Doepie
Re: Aan plantings weiding
Posted: Mon Jan 24, 2011 6:51 am
by Arnold van Wyk
Hi Stef
Het jy al meer inligting oor die oom se opset, of n kontak nr asb.
Dankie
Arnold
Re: Aan plantings weiding
Posted: Mon Jan 24, 2011 8:25 am
by Stefan764
Arnold en Ben
Nee jammer kerels. Moet bieg het so bietjie hiervan vergeet. Ek gaan Schweizer toe die naweek wat kom, sal dan inligting kry en julle laat weet.
Groete
Stef
Re: Aan plantings weiding
Posted: Mon Jan 31, 2011 11:48 am
by Stefan764
Yalair wrote:
Stef
Dankie sal dit wardeer, trek nie jou woord in twyfel nie, wil net agter die toepassing kom, is besig om oor te gaan om my skaap intensief te boer en wil alle moontlikhede ondersoek
Groete
Ben
Hallo Ben
Ek was die naweek so doenig tussen my pa se herlaaigoete, die skietbaan en die roepery lat ek nooit verder oor die topic uitgevra het of uitgevind het nie. Eerlikwaar het dit weer by my g@t uitgewai.
Die boer se naam is Jop Fourie. Hy boer 50km uit Vruburg op die Tosca pad. Sy selnommer gekry vanmore. Dis Nul82 7777 vier nege 1.
Gee hom dalk self n lui en hoor maar hoe hy te werk gaan. Dis seker ook beter om mar self met die kundige te praat as wat ek sy goete wil interperteer.
Hoop dit help. Ek dink die biesigheid kan werk as n ou genoeg water en arbeid het.
Groete
Stef
Re: Aan plantings weiding
Posted: Mon Jan 31, 2011 3:18 pm
by BLOK
Oom Ben
Beter nog doen oom n guns en gaan kyk daai man se opset dis iets om te sien, praat van GO BIG, Job verstaan van, regtig nekiese opset wat hy daar het.
Blok.
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Dec 20, 2011 9:15 pm
by Belona
Goeie Dag,
Het sugar graze geplant, is daar iets spesifiek wat ek ooie met lammers mee moet doseer, asook speen lammers, wat ek op sugar graze wil laat wei, Het reeds bloednier, bloutong, multimin en prodose gedoen, kan ek die vee maar begin deur hul 'n uur lank op 'n dag in te jaag, is dit nodig vir ekstra lekke.
Indien iemand iets meer weet oor sugar graze en skape wat daarop wie, raad sal welkom wees
Dankie
Re: Aan plantings weiding
Posted: Wed Dec 21, 2011 7:05 pm
by Dawid
Belona
Dis mos maar dieselfde as die ( Nutrifeed) babala baster wat ek geplant het en kan blykbaar lekker bewei word sonder galsiek......( waars die slim voer manne nou as mens hulle nodig het) Maar ek glo dis goed om die diere eers gewoon te maak aan die weiding en nie dierek pal te wei nie.Al die nodige doserings sien ek het jy klaar gedoen.
Wat lekke aanbetref gee ek net Wildsblok en wintertyd Protien lek.
Glonie eks ver van verkeerd af nie want al my diere leef nog

Re: Aan plantings weiding
Posted: Thu Jan 12, 2012 10:28 am
by Raven
JJJ
Re: Aan plantings weiding
Posted: Thu Jan 19, 2012 1:31 pm
by FrancoisN
boeta wrote:
Yalair
.As ek BT mielies sien raak ek hartseer want ons mag hom nie hier plant nie,en die wurms vreet ons op.Die manne spyt nou al met chopper wat baie help.
Worshond
Heelparty BT mielies hier rond word deesdae ook gespuit die wurms is besig om weerstandig te raak teen die BT geen. Daar kom glo volgende jaar weer n nuwe geen uit wat weer sal maak dat al die wurms vrek. Hopelik.
Sugargraze het ek al geplant en werk vir my beter as n staande hooi. Wanneer dit al geryp bly daai riet sappig ek vreet beeste hom nogals lekker. Daar moet net gewaak word om nie te lank te wag(AUG) voor beweiding nie ander word daai riet droog en dan wil beeste hom nie meer vreet nie.
Groete
Katvis
Re: Aan plantings weiding
Posted: Sun Jan 22, 2012 1:08 pm
by BOKRAM
Katvis,
ekt so 2 ha Sugargraze geplant die naweek, met genade van Bo, so 29 mm gereen selfde aand. Nou pla die tarentale net, watse raad het die manne vir die spikkelvoels , ek's net naweke op die plaas.
Raad asb vd saaiboere ?!!
groete !
Re: Aan plantings weiding
Posted: Tue Jan 24, 2012 2:30 pm
by FrancoisN
Bokram ek weet lood hou hulle weg maar siende dat jy nou nie in die week daar is nie kry jy n gas gun wat elke hoeveel keer jy hom stel n skoot afskiet en dan die goete verjaag. Weet dat manne hom op sonneblom lande gebruik en dan het ek al gehoor dat die voels die geluid gewoond raak.
Hier by ons het ek gesien dat die kleingraaninstituut waar hulle proewe teen die teerpad geplant het iets wat blink in die lande gesit het. Weet nie wat dit was nie maar ek dink iets soos blank CD's kan werk maar dit was natuurlik vir Kwelas en nie noodwendig vir tarentale nie.
Groete
Re: Aan plantings weiding
Posted: Wed Jan 25, 2012 8:52 pm
by BOKRAM
Dankie, verbeel my, ekt al die storie van die lood gehoor , hahaha !! Sal die cd-storie probeer, dankie ! Ekt al gesien blink prisma's op huise se dakke wat draai, wat die selfde werk verrig, maak sin.
groetnis