Page 1 of 4

Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:40 pm
by Nico Harris
Ek het vandag vir die eerste keer op 1000yds gaan skiet. Die doel van die oefening was net om op die teikin te wees en te kyk hoe groepeer die geweer. Ek het n meter by meter plaat gesny en hom wit geverf. Toe het ek n +-9 duim blok op hom geplak met groen lumo plakkers.

Ek het gewag tot die wind baie stil is en net vir hoogte gestel. 26.4moa op. daarna 5 skote geskiet wat almal laag op die teikin was. Daarna 3moa opgestel en n groep bo die teikin punt geskiet. Altwee die eerste groepe was onder moa.

Ek het toe die scope 1 moa afgestel wat hom in die kol sou sit. En weer 5skote geskiet. Die groep was op die regte plek en 7duim ;D ;D ;D

Aangeheg is eerstens n foto van waar ek skiet. Die klein wit kolletjie op die foto is die teikin.
Tweedens n foto deur die scope op 25x.
Derdens n foto van my groep.

Ek het geskiet met my savage lrp. Zeiss conquest 5-25x50 hd 5. Met 105 amaxe gelaai teen 2930ft/s.

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:41 pm
by Nico Harris
1

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:42 pm
by Nico Harris
2

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:42 pm
by Nico Harris
3

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:47 pm
by Gawie(13mm)
Jou Yster. Ek is nou baie jaloers.
Dit is baie mooi gedoen. Op foto twee kan jy mooi sien dat die kruishaar waterpas lyk met die teiken, maar die "level" wys anders.

Dankie vir die deel.

Groete,
Gawie.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 5:52 pm
by Nico Harris
Hi Gawie.

Dis bedrieglik op die foto. Die teikin is net daar neer gesit en is nie mooi level nie.
Maar die gat jeuk was so erg ek moes net n paar skote op hom kry voor ek hom nog mooi level op gesit het.

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:00 pm
by mariusr
Pragtig! Mooi gedoen!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:09 pm
by Gawie(13mm)
Nico Harris wrote:Hi Gawie.

Dis bedrieglik op die foto. Die teikin is net daar neer gesit en is nie mooi level nie.
Maar die gat jeuk was so erg ek moes net n paar skote op hom kry voor ek hom nog mooi level op gesit het.

Groete

Nico
Jy moet hom juis skeef opsit. Dit sal jou leer om die bubble te vertrou. As jy dan op 'n ander plek gaan skiet sal jy liewer jou bubble vertrou in plaas van jou oë.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:21 pm
by Nico Harris
Dis ook waar! Ek vertrou altyd die bubble!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:27 pm
by Arnold
Baie mooi Nico!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:33 pm
by Nico Harris
Dankie Arnold!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 7:04 pm
by alecjohnson
Blikemmer!!! dis pragtig! nou wil ek ook dit doen >:+ >:+

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 7:05 pm
by Chrisjan
Baie mooi, die groep het mooi centre gehou. Nou gaan die korter afstande na niks voel. Die lang afstand gogga byt darm so lekker...

Weereens baie mooi.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 7:14 pm
by Nico Harris
Dankie Chrisjan!

Ja daai googa het n wilde byt! Wil net nog skiet en ook verder skiet!!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 7:47 pm
by PWV
Nico
Dit is nou uitstekend. Ek is skoon jaloers.
Vertel bietjie hoe jy tewerk gegaan het. Het jy allerhande metings gedoen soos temperatuur en windsnelheid of het jy net die teleskoop op gestel en op die boeremanier geskiet?
Groetnis

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 8:23 pm
by cassie_calvinia
jy raak nou yster nico!
mooi man!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 8:33 pm
by Heinz Petersen
Baie goed gedoen Nico. n Man kry so n gevoel deur jou wat jy nie kan beskryf.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 8:47 pm
by Naas1
Baie mooi Nico uitstekende skietkuns

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sat Feb 01, 2014 9:33 pm
by Nico Harris
Dankie manne.

Oom PW- ek wag vir my leica 1600b om te kom dan kan ek mooi fyn uitwerk. Vandag wou ek net op teikin kom en sien of my groepe ok is. Gelukkig was daar omtrent geen wind nie en ek kon dadelik op die teikin wees. Net laag!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:17 am
by vriell
Dis uitstekend !!!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:49 am
by tau
liewe ouers!!!!!! Baie mooi.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 10:35 am
by Chevvy SS
Demmit!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 1:30 pm
by BRNO (Pierre)
Nico, nice gedoen. Baie geluk. Wys asb watter tipe rus jy gebruik het vir die skote. Het jy dit agter op die bakkie staangemaak

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 2:40 pm
by Koos Barnard
Nico
Baie mooi gskiet. Dis 'n springbok op 1000yds morsdood.
Mooi loop

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Sun Feb 02, 2014 2:43 pm
by Nico Harris
Dankie oom Koos!

Pierre die rest wat ek gebruik is n caldwell The Rock wat ek op n rubber matjie op my dak laat staan. Ek staan en skiet dan.

Groete

Nico