Page 1 of 1
Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 9:27 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Ek speel al n tydjie lank met die idee in my kop maar kry nie waarna ek soek nie.My gedagte is op n flits grote kamera van soorte te monteer op n geweer vir walk & stalk. Vir ekstreem sport kry mens die GO PRO maar daai is te groot. Ek het op n stadium kan nie onthou of dit in magnum was of watter tydskrif nie gesien dat mens n kamera kry wat monteer kan word op helmets en fietse en motorfietse wat met n sd werk en is +- so groot soos n AAA flits. Het enige van julle manne dalk n idee waar ek so iets aan die hande kan kry en dalk n naam of voorbeelde
Groete
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 9:30 am
by DWB
Kobus, Die Go-Pro kan jy op jou kop ook dra en hy werk baie mooi.
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 9:40 am
by Johan Reyneke
Jy kan ook by Cape Union Mart gaan kyk. Hulle het "extreme" sport kameras wat mense bv gebruik vir sky diving. Dit is so groot soos vuurhoutjie boksie omtrent. Ek het net geen idee wat dit kos nie. Dit het omtrent 'n 150 grade hoek waarteen dit neem.
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 9:47 am
by JPS
Die probleem met al die extreme sport camera's is dat hulle vir redelik naby afneem gefokus is en nie kan inzoom na waar op bok skiet in ruie bos en ook nie genoeg detail het vir lang skote doer ver nie.
Enigiemand al gopro op geweer gemount en reggekom?
DWB gebruik jy jou gopro vir die vark jagte?mdinkmdit werk omrede die aksie redelik naby is?
Groete
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 9:54 am
by DWB
Ek het nie self een nie maar het 'n virend sin een keer geleen om 'n big bore shoot mee af te neem.
Ek sien wel die manne wat dit vir die varke gebruik sin werk goed!
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:02 am
by Hugov
http://www.actiongear.co.za/drift-hd-1080
Die manne het alles en nog meer ek en my maat het die bogenoemde kamera getoets hy kan aan n picatiny rail mount.
Maar soos Deon se hy werk nie so lekker op ver skote nie.
Groete H
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:48 am
by mw
DWB wrote:Kobus, Die Go-Pro kan jy op jou kop ook dra en hy werk baie mooi.
Moet jy hom skeef op jou kop sit? As jy deur die teleskoop kyk gaan hy mos bos/veld aan jou regterkant afneem i.p.v die skoot op die bok?
Groete
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:56 am
by DWB
Ek het met oop visiere geskiet en dit het mooi gewerk.
Weet nie van die teleskoop nie.
Jy kry wel ñ gun mount
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 11:17 am
by JAGTERSREG-JRM
Die problem wat ek met die go-pro het is as volg, ek is nie die kleinste oudjie nie en wil altyd deur die kleinste gaaitjie. Ek is mal oor bekruip en verloor 9/10 keer my hoed in een of ander vorm van tak/doringbos. Ek is selfs partykeer allergies om n waterbottel te dra. Letterlik geweer /ammo/mes/selfoon het gedink n kleiner ligter oudjie kan op n geweer gemonteer word sonder om helse invloed te he op die balans van die wapen.
Die Ion Air by Cape union mart lyk of hy kan werk. Ek sal net fisies moet gaan kyk of dit is wat die job sal doen. Ek het so ruk terig met n go-pro bietjie op die skietbaan gespeel met die .416 op n keps maar die ding het my vining vining begin irriteer alhoewel die werksverrigting perfek was.
Ek is seker ma baie vol strooi ma wil nie he iets moet my "auro" versteer nie as julle verstaan wat ek bedoel.Kan iemand van julle dalk n Go Pro video so vir interesantheid plaas? Dink amper Carl het op n stadium gese Gillie het ook so n kameratjie vir jag
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 12:34 pm
by mariusr
Gaan die recoil van die geweer nie pla as kamera op teleskoop monteer word?! Dink jy gaan jou impak skoot mis!?
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 1:02 pm
by JAGTERSREG-JRM
mariusr wrote:Gaan die recoil van die geweer nie pla as kamera op teleskoop monteer word?! Dink jy gaan jou impak skoot mis!?
Gedagte is meer dat hy onder die kolf of langs die loop vaskom
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 2:32 pm
by Naas1
Hi Kobus
Gaan google (Bullet action camera)
https://www.google.co.za/search?q=bulle ... 80&bih=641 en gaan kyk na die prente onder die google die een waarvan jy hou kliek net op hom en gaan dan na die kamera se blad
Hier is nog 'n blad met so 'n kamera
http://www.cool-mania.com/sport-cameras ... d-1280x720
Hoop dit help
Groete Naas
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 3:05 pm
by DawieKotze
Ek het na hierdie gekyk, maar weet ook nie of hulle so vêr sal afneem nie.
http://www.bidorbuy.co.za/item/13038279 ... amera.html
Hy kan sommer met velcro op die scope vasgesit word.
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 3:50 pm
by alecjohnson
Ek het by iwarehouse so ;n kleinkamera gesien leterlik so groot soos 'n AAA battery wat platgeslaan is tot 7mm dikte, maar ek dink nie dit kan zoom nie.
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 5:51 pm
by jaracal
Kobus
Ek het 'n GoPro en dit werk met boogjag maw tot ongeveer 35-40 Meter.
Die Hero 3 kan wel zoom sien ek maar ek dink dit is slegs 2x.
Indien jy oor 75m skiet sal jy amper geen inpak of iets sien nie.
Leer jou vrou kamera werk doen en dan het jy 'n partner wat in jou sport deelneem en dit ook geniet.
Groete
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 6:11 pm
by JAGTERSREG-JRM
jaracal wrote:Kobus
Ek het 'n GoPro en dit werk met boogjag maw tot ongeveer 35-40 Meter.
Die Hero 3 kan wel zoom sien ek maar ek dink dit is slegs 2x.
Indien jy oor 75m skiet sal jy amper geen inpak of iets sien nie.
Leer jou vrou kamera werk doen en dan het jy 'n partner wat in jou sport deelneem en dit ook geniet.
Groete
Jong vroulief jag self...........en geniet dit vreeslik baie. Tans is sy bietjie preggies en gedink wil die jagte met haar deel dmv die kamera
Groete
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 8:06 pm
by gillie
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Die problem wat ek met die go-pro het is as volg, ek is nie die kleinste oudjie nie en wil altyd deur die kleinste gaaitjie. Ek is mal oor bekruip en verloor 9/10 keer my hoed in een of ander vorm van tak/doringbos. Ek is selfs partykeer allergies om n waterbottel te dra. Letterlik geweer /ammo/mes/selfoon het gedink n kleiner ligter oudjie kan op n geweer gemonteer word sonder om helse invloed te he op die balans van die wapen.
Die Ion Air by Cape union mart lyk of hy kan werk. Ek sal net fisies moet gaan kyk of dit is wat die job sal doen. Ek het so ruk terig met n go-pro bietjie op die skietbaan gespeel met die .416 op n keps maar die ding het my vining vining begin irriteer alhoewel die werksverrigting perfek was.
Ek is seker ma baie vol strooi ma wil nie he iets moet my "auro" versteer nie as julle verstaan wat ek bedoel.Kan iemand van julle dalk n Go Pro video so vir interesantheid plaas? Dink amper Carl het op n stadium gese Gillie het ook so n kameratjie vir jag
Die "probleem" met action kameras is dat dit gemaak is vir hands free, die wye hoek en geen zoom funksie of enige iets. Ek gebruik 'n tipe strap wat saam met de go pro kom om die kamera op die geweer kolf te monteer. Hy is bietjie in die pad en dis iets om aan gewoond te raak, maar werk goed.
Ek dink dis ook belangrik om te onthou dat jy nie professionele video kwaliteit gaan kry nie, Footage is partykeer bietjie rof en man raak amper seesiek partykeer van hoe baie op en af en heen en weer die kamera beweeg.
Ek is seker daar is beter opsies as die go pro wat grootte aanbetref. Sedert die gopro op die mark verskyn het, het die ander vervaardigers oor op die bandwagon gespring. So soek rond, daar is baie opsies. Maar weereens, moenie te veel verwag van die kamera nie, hulle kan ook net soveel in so klein "spasie" inpas. Die groot doel van aksie kameras is om jou hande vry te hê sodat jy kan konsentreer op wat jy besig is om te doen.
Vir wat dit mag werd mag wees, gopro is einde laasjaar steeds as beste aksie kamera gerate . Ek sal later paar links paste van paar jag videos wat ek met die gopro afgeneem het.
O ja, onthou om ALTYD seker te maak dat die memory kaart in jou kamera is!!!!!
https://www.youtube.com/watch?v=efTYzs5 ... ata_player
https://www.youtube.com/watch?v=DaRTtUw ... ata_player
https://www.youtube.com/watch?v=VaYD1vi ... ata_player
http://vimeo.com/44223745
http://vimeo.com/26992918
Lekker aand.
Re: Kamera monteer op geweer wat is die opsies?
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:39 pm
by theedge
Het al n paar van die outjies vir die skool gekry, hulle werk lekker beeld is nie die van gopro nie - kan egter nie ver afneem nie.
Ek het en gebruik gopro dit is n wonderlikke camera beeld is puik - gebruik dit selfs as ek troues afneem - bv in die motor en timelaps. Die gopro laat my egter in die steek as dit kom waar die bok n ent weg is, jy kan nie in zoom nie, ek het gevolglik my sony hd handy cam geneem wat ook klein is - gebruik hom dan om die dier af te neem ens, dan kombineer ek net die gopro en die sony - die gopro gee n baie lekker wyehoek, ek dink met al jou aksie cams gaan jy die probleem vind dat jy nie kan in zoom nie. Met die boog werk die gopro lekker want die afstand van skiet is redelik naby, so gopro kan werk met geweer as n man baie naby aan die dier kom - lol