Page 1 of 1

Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:34 pm
by Blackie Swart
My dag kon net nie beter nie.Oppad veld toe kom hardloop jakkals se kind langs die pad en wou oorgaan. Sy tyd was bietjie uit en my bakkie se regtervoorwiel vat hom raak. Daar le die vark ,koud dood. Terug by die huis kry ek my verjaarsdag geskenk, n slinternuwe tumler wat vroulief vir my gekoop het. Voorwaar n goeie geskenk. wat meer wil n man nog he om jou verjaarsdag lekkerder te maak.
Groete
Blackie

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:38 pm
by Heinz Petersen
Nou as dit jou verjaarsdag is, baie geluk en mag daar nog baie wees. (hoop jy slaap deur vannaand)
Heinz

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:39 pm
by hennievs
Baie geluk met die verjaarsdag
Lekker as hulle ons so mooi verstaan (ek bedoel die vrouens)

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:47 pm
by SNIPER
Happy Birthday

Hoop jy het great dag gehad

Groete

SNIPER

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:49 pm
by Jaco B
Veels geluk, hoop jy het jou dag geniet, mag jy n goeie en geseende jaar hĂȘ.

Jaco

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:56 pm
by Flip Nel
Geluk met jou verjaarsdag, met die jakkals en die nuwe tumbler

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Thu Jan 30, 2014 9:04 pm
by Ian
Blackie, baie geluk, mag daar net gesondheid, genade en vreugde vir jou wees.
Ek self het nou net voor sononder 'n vlekkie mooi raak gery so al asof dit vir jou 'n verjaarsdag persent moes gewees het.

Lekker verder verjaar.

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Fri Jan 31, 2014 12:56 pm
by Triple2
Geluk.
Mag die res van die dag (en nag) nog "gelukkies" oplewer
Groete
D

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Fri Jan 31, 2014 1:03 pm
by stan man
mag die beste van die vorige jaar die slegste van jou volgende lewensjaar wees.
baie geluk.

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Fri Jan 31, 2014 1:58 pm
by WILLEBEES
Vier met 'n bier!

Re: Gelukkie van die dag

Posted: Fri Jan 31, 2014 9:59 pm
by theedge
baie geluk en mag daar nog baie wees - jakkkalse en verjaarsdae -