Page 1 of 2

300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:03 am
by hennievs
[align=Left]Jislaaik manne julle moet nou help – Soos julle weet is my aansoek ingegee vir ‘n 300 win mag…… sal maar geduldig moet wees.
Ek begin toe oplees oor telescope en soos gewoonlik is dit natuurlik alles in Engels. Net daar begin die popo die hek tref – Ek kom van ‘n plaasskool af en ons het net Engels as selfverdediging geleer.
Ek besluit toe “Bogger” al hierdie mambo Jambo ek sal maar begin by wat ek ken en van daar af vorentoe werk :
OP my 243 het ek ‘n Lynx LX 2.5 – 15 X 50 Met die SAH kruishaar – ‘n baie lekker scope maar oor langer afstande vind ek die kruishaar te dik om presisie skietwerk te kan doen.
Ek waag dit toe weer op die internet met die agtergrond as basis en kon toe darem ‘n paar scopes kry wat ek dink moontlik goed kan werk op die 300.
Maar soos gewoonlik is daar mos weer problem – Die pryse wat scopes kos. (Budget +- R10000.00)
Ek klasifiseer toe maar my seleksie van die duurste na die goedkoopste :
Maak Optics International i-Warehouse Safari & outdoor
Leopoldt VX6 3-18x50 Fine Plex 18900 17689 16000
Burris Eliminator 111 4-16x50 15500 nil 15000
Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 Fine Multi X 11500 11519 10650
Lynx LX 2.5-15x50 Nato RF nil 10769 8400
Rudolph V1 6-24x50 T3 nil 6899 nil

Vrae :
hoe sal hierdie scopes die 300 Win mag se recoil Hanteer ???
Budget gewys sit ek eintlik net met twee Keuses : Die Lynx of Die Rudolph ???
Enige ander moontlikhede in my Budget wat ek dalk oorgesien het ??
Enige Advies sal wardeer word
Jagtersgroete
??? ??? ???[/align]

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:08 am
by Jaco vdW
Wat van Zeiss?
Die HD5 5-25 is so R12k by S&O.
Ek het jare al n Conquest op my 375 en dit skeel hom min. Wonderlike teleskoop, baie helder, en verstel soos klokwerk.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:12 am
by FCLoretz
Oom Hennie kyk gerus na die Monarch 3 in 6-24x50 vir R7100 by S&O

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... oplex_2013

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:26 am
by F.L.A.S.H
Bell vir S&O, ek het gistet met hulle gepraat en die vortex viper 6.5-20x50 is so net onder die 8k

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:44 am
by Arnold
Vortex Viper 6.5-20x50 in die laer prysklas.
Ek het self 'n Bushnell 6500 2.5-16x50 maar het nog net 30 skote geskiet met hom op my 300WM. Hy gaan hopelik hou. Ek het hom gekies oor die vergroting en omdat ek nie 'n Swarovski Z6 kan bekostig nie.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:55 am
by Wouter Roets
Hennie

Is daar n rede hoekom jy nie na die VX3 reeks kyk nie? Die VX3 4.5-14x40/50 met n Boonne&Crocket of Varmint Hunters kruishaar sal baie mooi werk vir die 300 en jou budget. Min teleskope vergelyk werklik met die VX6 met die Z6 van Swarovski wat die naaste een is.

Groetnis
Wouter

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:58 am
by hennievs
Dankie vir al die voorstelle sover
Wouter ek dink dit is meer uit onkunde dat ek dalk sekere puik scopes oorgeslaan het - derhalwe hierdie skrywe - Sal hom ook op die lys bysit - Soos ons nou aangaan lyk dit my ek sal moet n week afvat om al die opsies te gaan bekyk en bevoel

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 12:13 pm
by Wouter Roets
Hennie

Gaan maak n draai by S&O waar die meeste van die telescope beskikbaar is en loer deur hulle. Kry sommer vir Stefan om jou te help en luister wat die man se want hy weet waarvan hy praat.

As ek jou raad kan gee oor kruishare moet jy mooi dink. Dit is so dat n Varmint of taktiese kruishaar n mens help om akkuraad op papier te skiet. Dit is so dat van die jag of gewone kruishare te duk is vir werklike fynskiet. Jy sal moet besluit wat jou primere aplikasie van die geweer is en dit jou laat ly met jou besluit. As ek so kyk is dit dalk nie n slegte idiee om jou Linx van die 243 af te haal en op die 300 te sit nie. Jy kan dan eerder na n fyner kruishaar op die 243 kyk want jou aplikasie daarvoor sal dan meer geskik wees. Soos reeds gese is fyn teiken skiet en jag twee heeltemal verskillende aplikasies wat moeilik deur een kruishaar gedek word.

Ek is ook n groot voorstaander van hou dit dieselfde vir vertroudheid. Wat van die 5-20x50 Lynx LX2 in n gepaste kruishaar vir die 243?

Groetnis
Wouter

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 2:11 pm
by alecjohnson
Ek het nou al BAIE met my 300WM geskiet en my ou Rudolph teleskoop is nog 100% (H1 3-12x50) dis net die monterings wat by my ge11-1-11 het. baie lekker dun kruishaar. Ekl het die TS reticle daai een met die klomp lyntjies.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Wed Jan 29, 2014 2:40 pm
by Monrique (SJ)
hennievs wrote:Dankie vir al die voorstelle sover
Wouter ek dink dit is meer uit onkunde dat ek dalk sekere puik scopes oorgeslaan het - derhalwe hierdie skrywe - Sal hom ook op die lys bysit - Soos ons nou aangaan lyk dit my ek sal moet n week afvat om al die opsies te gaan bekyk en bevoel
Hennie

Moeilike besluite

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Thu Jan 30, 2014 9:23 am
by hennievs
Hi - ek het so gehoop om iets van Rudolp Optics te hoor - Vir daardie prys klink dit vir my na n uitstekende koop - Wat se die manne wat alreeds Rudolph scopes op het - Sal hy die recoil kan hanteer? - Hoe goed is sy optical clarity? - Hoe duidelik is die T3 kruishaar?

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Thu Jan 30, 2014 10:20 am
by Capt. Yoda
hennievs wrote:Hi - ek het so gehoop om iets van Rudolp Optics te hoor - Vir daardie prys klink dit vir my na n uitstekende koop - Wat se die manne wat alreeds Rudolph scopes op het - Sal hy die recoil kan hanteer? - Hoe goed is sy optical clarity? - Hoe duidelik is die T3 kruishaar?

Oom Hennie die T3 is n baie dun " kruis" maar baie duidelik.
http://i1118.photobucket.com/albums/k605/safric1/T3reticlefullpage-2012small.jpg

Daai koletjie maak n 6mm koel gat toe op 100m maar ek is mal oor hom.Jy moet vyn mik as jy wil vyn skiet :-)
Ek het hom in die nag al gebruik en op lae vergroting (ek het die 6-24) werk hy nog goed vir my.Ek dink as ek hom weer moet koop sal ek die paar rand extra betaal en die een met die verligte kol vat vir die nag.

EK kan nie dink dat die 300 se recoil hom sal breek nie.
Optical clarity is hy net so goed soos my 6.5-20 Zeiss op 20 en beter as n klomp ander scopes wat ek al gehaat het ;)
Ek wil vir my nog n 6-24 Rudolph koop net vir ingeval want ek glo hulle pryse gaan ook baie op gaan nou dat hulle so gewild raak.
Die enigste negatiewe ding wat ek oor die scope kan se is sy paralx verstelling is baie gevoelig maar ons verstaan mekaar nou.

n Scope met n lekke lae "begin" vergroting wat ek ook baie van hou is die Lynx 2.5-15.Ek glo met n 15x vergroting kan mens meeste goed doen wat jy wil doen.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Thu Jan 30, 2014 11:15 am
by hennievs
Baie dankie vir die goeie terugvoer - op watse kaliber het jy jou Rudolph??

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Thu Jan 30, 2014 12:07 pm
by Capt. Yoda
hennievs wrote:Baie dankie vir die goeie terugvoer - op watse kaliber het jy jou Rudolph??
Hy was vinnig op my 300WM maar is nou op my .243 omdat ek meeste met hom op die baan skiet.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:34 pm
by hennievs
Dankie Manne vir al die terugvoer - tot terugvoer gekry van Dolph al is hy op die oomblik in Amerika met die shotshow - Die man is ernstig oor sy produk.
Ek gaan wouter se raad gebruik en saterdagoggend as die hoenders p@@p is ek al by S/O se deur om deur hulle almal te gaan loer en bevoel.
Sal dan sommer bietjie hulle koffie ook beoordeel en terugvoering gee
weereens dankie aan die manne op die forum - lekker om my groot liefde (buiten my Vrou) met julle te kan deel

Jagtersgroete

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sat Feb 01, 2014 4:21 pm
by hennievs
Dagse aan die manne en vroue

Vanoggend amper ontbyt geeet op S/O Pretoria se stoep so vroeg was ek daar.
Ek het toe 'n hoop verskillende scopes kon bekyk en bevoel en lekker deur hulle loer en so 'n bietjie deur hulle passies gesit.
Ek het na verskillende make en pryse gekyk alles in die reekse wat 'n omtrent 6X en op tot 30X verstelbere scopes gekyk.
Ek het
Ge- Burris, Ge- Zeiss, Ge- Swarowski, Ge - Nightforce, Ge- Rudolph, Ge- Bushnell ens... ens ...ens
Daar is diep bepeins, gerook en die heerlikste koffie gedrink (S/O 10 uit 10) vir die koffie ;D ,
Ek het rustig buite op die stoep kon sit en denkbeeldige teikens beloer - eers almal op dieselfde vergroting (6x) en toe maksimum vergrotings.
Weereens is daar is diep bepeins, gerook en koffie gedrink .... ;D
Die hele tyd was Die mannetjie wat my gehelp het soos 'n moederhen oor my (Sorry Willem, Kan nie sy naam onthou nie ) - S/O dit is nou uitstekende diens - Wat n lieflike omgewing om in besigheid te doen.... Puik winkel ... Wenresep (julle sal my defnitief weer sien).
Toe begin ek aandag gee aan die kwaliteit aspekte, Afwerking, Lens helderheid, Verskille in die kruishare ens ... ens ... ens ...

Weereens is daar is diep bepeins, gerook en koffie gedrink .... (julle kom seker agter ek hou van my koffie) >:+ >:D

Toe eers praat ons pryse - Ek kan met opregtheid se dat my vrou nie 'n idee het van scope pryse nie.
Sy is toe eers deur die hele oefening gelei en sy maak toe haar keuse...... toevallig dieselfde as myne,
My uiteindelike besluit het toe op die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle geval. ++>: ++>:
Volgens my waarneming kan hy kersvashou by die groot bekende name en dit teen heelwat goedkoper.
Ek was besonder beindruk met sy beeldhelderheid (onthou asb my oe is al gedaan) en in die algemeen die duursame afwerking en gevoel (as daar so iets bestaan) van hierdie scope.

Noe moet die 300 win mag kom - kan nie wag om hierdie kombinasie uit te toets nie.
Dankie aan almal wat hier raad gegee het - Ek sal julle op hoogte hou van hoe die kombinasie werk.

Jagtersgroete

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sat Feb 01, 2014 6:23 pm
by Arnold
Ek is bly jy het die ondervinding geniet. As ek mag sê dink ek jy het al jou keuse gemaak voor jy in die winkel gestap het ...

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sat Feb 01, 2014 9:50 pm
by hennievs
heeltemal moontlik Arnold - maar my vrou was onpartydig en sy het sonder al die huiswerk haar besluit geneem uitsluitlik op dit wat sy daar gesien het

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 10:30 am
by Swys14
Dag Hennie, het jy ooit die Vortex Viper oorweeg as 'n opsie?

Ek was self oppad om 'n Rudolph te gaan koop na wat ek op die forum gelees het. Maar ek wou vir myself sien waaroor die mense rave. Ek was self opsoek na 'n scope vir die 243 wat oppad is. Ek het omtrent die selfde budget gehad as jy (8k max) en het ook gekyk na die Rudolph, Nikon en die Bushnell 6500 (om die res mee te vergelyk). Die Bushnell was natuurlik die wenner loshande maar hy was ongelukkig te duur. Maar ek kon hom as maatstaf gebruik om die ander te toets. Ok, ek moet toegee ek verkies 'n fyn plex tipe kruishaar. Ek het al die scopes gevat en buite gaan staan, langs mekaar gesit en met alle moontlike vergrotings gespeel, paralaks verstellings, reticle fokus ens ens ens. oor verskillende afstande, ek het ook eye relief getoets ens. Ek was baie verras deur die Viper 6.5-20x50. Vir die geld is dit ongelooflike waarde. Sy eye relief oor al die vergrotings het gat geskop. Sy helderheid het gat geskop. Die wide v-plex kruishaar was net wat ek gesoek het. Daardie Viper is 'n ongelooflike scope vir die prys, ek oorweeg dit self om my Nikon Monarch af te haal van my 30-06 en te verkoop en sommer nog 'n Viper te koop en op te sit in sy plek. Ek het ingestap om 'n Rudolph te koop en uitgestap met 'n Viper.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 7:23 pm
by hennievs
Hi Swys 14
Ongelukkig kan ek nou vir jou met duidelikheid se of ek die Viper gesien het of nie, Wat ek wel besef het terwyl ek daar was en hierdie magdom van keuses en tipes het, is dat daar is nie regtig werklike slegte scopes op die Rak by S/O nie. Ek glo nie n maatskappy sal sy naam agter n slegte produk skryf nie. Dit bygese - terwyl ek besig was om te loer en wat ookal was daar 'n ander persoon wat ook daar was (nie my vrou nie) wat ook na dieselfde scope keuses gekyk het. Ek dink almal se oe is verskillend want hy was vasgegooi op n nightforce en het goed beskryf wat ek waaragtig nie kon sien nie of dalk te dom was om van notisie te neem, sy uiteindelike keuse was tussen die Zeiss H5 en die Rudolph,
Ek was al klaar gekoop toe loer hy nog steeds ..... die punt wat ek wil maak is ...... kies die scope wat jy mee gemaklik is en wat jy kan bekostig ....... nie almal van ons wil n bok in die oog skiet op n 1000m nie. As n gemiddelde skut dink ek in elke geval dat maak nie saak wat nie .... die scopes is in elke geval beter as wat ek kan skiet

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 7:30 pm
by Swys14
hennievs wrote:Hi Swys 14

ja nee bekostigbaarheid was vir my ook 'n issue...ons almal wil Ferraris (lees Zeiss) ry vir Corolla geld :) ek self...is dit die C1 wat jy toe gevat het? groete.swys

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 7:41 pm
by hennievs
Die invoice papiertjie se Rudilph Optics C1 6-24 x 50 iR T3 recticle
Ek neem aan dit is n C1

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 7:47 pm
by Swys14
hennievs wrote:Die invoice papiertjie se Rudilph Optics C1 6-24 x 50 iR T3 recticle
Ek neem aan dit is n C1

hennie weet jy of daar 'n verskil is tussen die C1 en V1...behalwe nou vir die IR.? groete

ek sou graag 'n C1 wou sien ek wonder net of hy beter lense het as die V1

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:07 pm
by Capt. Yoda
Swys14 wrote:Dag Hennie, het jy ooit die Vortex Viper oorweeg as 'n opsie?

Ek was self oppad om 'n Rudolph te gaan koop na wat ek op die forum gelees het. Maar ek wou vir myself sien waaroor die mense rave. Ek was self opsoek na 'n scope vir die 243 wat oppad is. Ek het omtrent die selfde budget gehad as jy (8k max) en het ook gekyk na die Rudolph, Nikon en die Bushnell 6500 (om die res mee te vergelyk). Die Bushnell was natuurlik die wenner loshande maar hy was ongelukkig te duur. Maar ek kon hom as maatstaf gebruik om die ander te toets. Ok, ek moet toegee ek verkies 'n fyn plex tipe kruishaar. Ek het al die scopes gevat en buite gaan staan, langs mekaar gesit en met alle moontlike vergrotings gespeel, paralaks verstellings, reticle fokus ens ens ens. oor verskillende afstande, ek het ook eye relief getoets ens. Ek was baie verras deur die Viper 6.5-20x50. Vir die geld is dit ongelooflike waarde. Sy eye relief oor al die vergrotings het gat geskop. Sy helderheid het gat geskop. Die wide v-plex kruishaar was net wat ek gesoek het. Daardie Viper is 'n ongelooflike scope vir die prys, ek oorweeg dit self om my Nikon Monarch af te haal van my 30-06 en te verkoop en sommer nog 'n Viper te koop en op te sit in sy plek. Ek het ingestap om 'n Rudolph te koop en uitgestap met 'n Viper.

Wys jou ma hoe mens se oe verskil.Ek het die 6500 4.5-30 en die 6.5-20 Viper gehad voor my Rudolph en vir my wen die Rudoolf los hande met die Vortex 2 en dan die 6500 laaste.EK is regtig mal oor my Rudolph en het al self oorweeg om al my Zeiss scopes te verkoop en 6-24 rudolph's op al my gewere te sit.

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:38 pm
by Swys14
Capt. Oblivious wrote:

dis nogals amazing, vir my weer is daai 6500 the kat se snorre en ek moet nog deur 'n swak Zeiss kyk :)

maar ja almal verskil, ek dra ook bril so dit kan ook 'n ding wees. groete.