Page 1 of 1

Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 10:20 am
by JamesK
Goeie more Mense..
Wat kan ek op so 5 - 10 ha plant wat vir my n klein inkomste kan genereer?
Daar is baie water. Le tussen Nylstroom en Naboom.
En dan wat kan jy in tonnels plant waarvoor daar n mark is?
Enige raad sal waardeer word.

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 10:39 am
by G-force
Cannabis.

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:26 am
by cassie_calvinia
dagga

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 12:24 pm
by JamesK
Dankie manne, lyk my dis die ding om te doen!
Sal hom dan op die uitvoer mark sit as Naboom Delight!

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 12:30 pm
by mw
Lusern of granaat bome

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 12:30 pm
by VdWalt
Sit 'n hide op en plant lusern of paar mielies en maak jy geld uit die boog jagters
wat die varke kom skiet. Meeste (ons) kom uit die dorp uit, so jy ry so paar draaie
dan dink hulle(ons) dis 'n helse plaas en dan laat jy hulle(ons) net uit die hide uit jag.

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 1:30 pm
by Jean Marais
As jy 'n langtermyn projek wil aanpak, Pecan neute, anders stem ek ook vir granate. As jy die granate goed versorg, en sĂȘ jy plant 1000 bome, en oes so 10 granate per boom (Konserwatief), teen R10 stuk, R100,000 per jaar. My boet het dit nou op sy plot gedoen.

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 1:32 pm
by cassie_calvinia
granate so mark is moer toe

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 1:41 pm
by JamesK
Ek dink ook die lusern ding is die ding om te doen. Dink in daardie area gaan jy maklik afset daarvoor kry.
In die Tonnels dink ek tamaties, komkommer en dalk n paar avo's.
Die smous mark in die area is nogal groot, my pa het so 1700 mango bome daar, het die maand al R25 000 sn verkoop. R15 000 is aan een dame.
Dis nevermind die mense wat kom koom vir atjar ens.

VdWalt - lol, kom ons kyk of daar varke kom, sal n plekkies hou vir paar hides!

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 1:42 pm
by Hugo
Lusern,

Elke liewe jaar in die winter koop ons almal lusern,

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 3:23 pm
by Johan Nel
JamesK wrote:Ek dink ook die lusern ding is die ding om te doen. Dink in daardie area gaan jy maklik afset daarvoor kry.
In die Tonnels dink ek tamaties, komkommer en dalk n paar avo's.
Die smous mark in die area is nogal groot, my pa het so 1700 mango bome daar, het die maand al R25 000 sn verkoop. R15 000 is aan een dame.
Dis nevermind die mense wat kom koom vir atjar ens.

VdWalt - lol, kom ons kyk of daar varke kom, sal n plekkies hou vir paar hides!
James,
Hoe is die winters by julle? Jy praat van mangoes en avos. As dit nie te koud is nie, is dit altyd 'n slim ding om die gewasse soos butternut, groenrissies en selfs boontjies te plant. Begin so april, kom in produksie vanaf Junie maand wanneer die ouens in die kouer streke nie kan produseer nie. Pryse is dan altyd baie goed tot so einde September. Dan maak jy klaar. Butternuts het goeie bakkiemark vraag. Boontjies sal jy dalk moet mark toe stuur. Nader maar gerus ook jou plaaslike Spar supermarkte. Hulle is nogal baie goedgesing teenoor plaaslike produsente. Die ander groepe klou maar aan hulle 'Cold Chain Supply' vas. Groen mieleis vir die plaaslike bakkiemark is ook altyd 'n wenner, veral as jy deur die wintermaande kan verskaf. Nie soetmielies nie, witmielie varieteite vir die informele groenmieliemark.
Groete,
JHN

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 3:44 pm
by JamesK
Winters is redelik warm, so dit waarvan jy hier praat kan werk.
Sal def met die supermarkte gaan praat en hoor of hul sal belangstel en indien so, in wat.
Die bakkiemark produkte waarvan jy praat sal verseker ook werk!
Dankie Johan, Groete

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 6:16 pm
by Johan Nel
As jy waatlemoene kan plant teen einde Julie, eerste week Augustus om in Oktober reg te begin raak het jy ook 'n wenner.

Re: Raad en idees vir plant.

Posted: Wed Jan 29, 2014 11:54 pm
by wlm
Ek sal nie sommer lusern aanbeveel as Jake nie reeds trekker ens. het nie. Het julle manne al die som gemaak wat die toerusting kos?
Ek sou dink in die rigting van 'n permanente gewas soos die reeds genoemde neute of vrugte. Turksvye kan ook dalk net die ding doen.
Vestigingskoste kan dan met eenjarige gewsse soos pampoen, skorsies, mielies, ens betaal word.