Page 1 of 1
Jag koeels
Posted: Wed Jan 29, 2014 2:53 am
by Monrique (SJ)
Dagse
Watter koeels en in watter gewig sal julle voorstel kan gebruik word vir jag in n 357Mag, asook teen watter spoed, wanneer self herlaai word? Die volgende vraag is dan ook watter boksoort sal as maksimum grote beskou word vir daardie spesifieke koeel en gewig.
Hoor graag van julle.
Groetnis
Monrique
Re: Jag koeels
Posted: Wed Jan 29, 2014 6:53 am
by Hugov
More SJ!
Ek gaan die manne in my 44 laai hulle is beskikbaar in. 357 ook ek het by Safari reg gekom
http://m.youtube.com/watch?v=ZBVlrUKbIgI
Groete H
Re: Jag koeels
Posted: Wed Jan 29, 2014 12:04 pm
by Monrique (SJ)
Dankie H
Ek sal n loer vat en probeer n prys kry. Het anderdag op S&O se webblad gekyk vir koeels maar daar was net 375 koeels onder die 357 afdeling gewees.
Groetnis
Re: Jag koeels
Posted: Thu Jan 30, 2014 12:12 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Ek het in my 357 Mag die Hornady 180gr XTP met redelike sukses gebruik. Relatiewe min wild daarmee geskiet egter (rooibokke en vlakvarke). Jy behoort tussen 1150 en 1200 fps te kan haal in die meeste 6" rewolwers.
Die meeste manne sal vir jou sê dat die spoed van die rollies gewoonlik te min is om te verseker dat 'n koeël omklink, dus stel baie ouens swaar lood koeëls met groot meplats (plat neuse) voor, om die wondkanaal te sny. Die ook dat groter kalibers (deursnee) gewild is.
Ek wil volgende graag 158gr probeer om die omklink meer te verseker as gevolg van hoër impak spoed. Ook omdat ek nie baie groot wild met my 357 sal aanvat nie.
Ek sal groter wild aanpak met 'n lood "hardcast" met 'n plat neus, of monometaal wat nie uitsit nie (dus nie holpunt ontwerp) as enige holpunt ontwerp. Tot 200gr is beskikbaar.
Toe die 357 Mag uitkom is die storie dat daar is Afrika gejag is as 'n toets en dat wild tot wildebeest grote op langerige afstand (as ek reg onthou 180 tree!) effektief doodgeskiet is. Ek glo dit, maar ek sal dit nie sommer self probeer doen nie.
Soos ek dit sien is die rooibokram tipe grote waar ek sal verkies om groter kalibers as die .357 Mag te gebruik, maar met goeie skootplasing sal jy seker kan groter gaan. 'n Mens kan die energie somme maak en die rollies is ver agter die gewere. So jy steun uit en uit op 'n gat deur die "vitals" so skoot plasing bepaal baie wat jy kan aanpak.
'n Vriend het koedoes en 'n eland al baie netjies met sy 357 Mag geskiet. Ek beveel dit nie aan nie, maar dit is moontlik.
Re: Jag koeels
Posted: Fri Jan 31, 2014 5:40 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir jou skrywe AFRICAN LEADWOOD ek waardeer dit. Sal dit in gedgte hou.
Groetnis
Monrique