Page 1 of 1

Kruit wat verval?

Posted: Sun Jan 16, 2011 5:37 pm
by JOHANNIC
Iemand het my nou gevra wat gebeur as jou kruit verval het,ja hy het n blik uitgekrap wat verval het ;D
My vraag is kan hy dit nog gebruik?

Groete johan

Re: Kruit wat verval?

Posted: Sun Jan 16, 2011 9:57 pm
by Janjak
Johan
ek het n blik of wat van die ou MR2 nog en hulle werk net soos toe hulle gemaak is.

Solank die 9,3 dwa maak werk daai kruit.

Sal graag wil hoor wat die ander manne dink.

Re: Kruit wat verval?

Posted: Sun Jan 16, 2011 10:09 pm
by Hein M.
Hallo almal!

Ek laai nog M2 ('n 1976 batch) vir my 9mm Para en dit werk uitstekend.  Presies dieselfde spoed as  MP200 met dieselfde ladings.

Die kruit moes net - al die jare - verseel (met daai blink indruk-doppie onder die opskroefdeksel) en in 'n koel en droe plek gestoor gewees het.  Ek dink dit is 'n voorvereisde.

Net my 2c

Groetnis!

Hein M

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 7:52 am
by Stefan764
Wat sal gebeur as n man kruit wat verval het laai?  :-\

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 7:57 am
by 300Winmag
Stefan764 wrote: Wat sal gebeur as n man kruit wat verval het laai?  :-\
Jou patrone muf.

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 7:59 am
by JOHANNIC
Verstaan ek reg dat n mens dit maar kan laai solank die blik geseel was?

Groete johan

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 9:27 am
by Janjak
ek glo so

kyk of die blik erens al geroes is en of die kruit se kleur dieselfde is?
as daai reg is -skiet hom.

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 9:37 am
by 300Winmag
EK het ook 'n blik MP200 wat al 20+ jaar oud is gebruik en
dit skiet nog mooi.

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 17, 2011 9:39 am
by Stefan764
Mar wat ek vra is, as jy nou daai "ou" kruit (S321) laai en jy trek die skoot af, wat kan als fout gaan? Maak hy net "poef" of maak jou loop soos n sonneblom?

R260 per blik kruit is maar n klein prysie om te betaal om n foutjie te voorkom......

Re: Kruit wat verval?

Posted: Mon Jan 24, 2011 11:21 pm
by Hein M.
Stefan764 wrote: Mar wat ek vra is, as jy nou daai "ou" kruit (S321) laai en jy trek die skoot af, wat kan als fout gaan? Maak hy net "poef" of maak jou loop soos n sonneblom?

R260 per blik kruit is maar n klein prysie om te betaal om n foutjie te voorkom......
Wyse raad.  Gooi dit op die grasperk.  Dis uitstekende kunsmis! ;D

Hein M

Re: Kruit wat verval?

Posted: Tue Jan 25, 2011 7:12 am
by Biker
Stefan764 wrote: Mar wat ek vra is, as jy nou daai "ou" kruit (S321) laai en jy trek die skoot af, wat kan als fout gaan? Maak hy net "poef" of maak jou loop soos n sonneblo
Stefan jou poef kan seker nie sterker word nie  ??? As hy sterker word dan is dit n bargain -gebruik net die helfte ;)
Biker

Re: Kruit wat verval?

Posted: Tue Jan 25, 2011 4:00 pm
by Raven
  ;D  ;D  ;D

Re: Kruit wat verval?

Posted: Wed Jan 26, 2011 10:49 am
by Stefan764
Thanks Biker....  :-[

Re: Kruit wat verval?

Posted: Thu Jan 27, 2011 1:24 pm
by Taylor
Johan

Julle moet nie daai kruit laat oudword nie, as julle nie wil laai nie, of dit nie wil he nie, stuur dit aan. Ek het nog nooit kruit laat oud word nie, daar voor skiet ek heeltemal te veel

Groetnis Taylor

n.s Wat is daai kruit se prys gewees, dit sal nogal interesant wees om die nuwe se prys te vergelyk.

Re: Kruit wat verval?

Posted: Thu Jan 27, 2011 1:43 pm
by 300Winmag
Ek het nou die dag 'n R71.00 se boks 300 PMP patrone uitgeskiet. Geen idee hoe oud dit was nie
maar dit het nog poef gemaak.  ;D