Page 1 of 2
Dopdroog-plankie
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:13 am
by Francoisv
Manne
Dis altyd vir my 'n kwessie om my doppe te droog na dit uit die sonic cleaner kom. Oond en haardroƫr werk nie vir my nie. So nou het ek die simpel ding gemaak en dit werk so goed ek wil dit deel.
Groete
FV
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:16 am
by Francoisv
Stap een: Merk uit en boor met 2mm boor.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:17 am
by VdWalt
Skerp!! Baie dankie - nou weet ek wat ek gekort het.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:18 am
by Francoisv
Stap 2. Sit die tandestokkies in die gaatjies.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:21 am
by Francoisv
En daarsy! Short, sweet, cheap&nasty.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:22 am
by Arnold
Goeie stukkie gereedskap!
Ek kan net voorstel dat jy die tandestokkies met spykers vervang sodat dit bietjie meer duursaam is

Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 8:41 am
by NEGE3
Baie skerp. Die hout sal dan sommer ook die vog absorbeer.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 9:00 am
by VdWalt
Arnold wrote:Goeie stukkie gereedskap!
Ek kan net voorstel dat jy die tandestokkies met spykers vervang sodat dit bietjie meer duursaam is

Ek sou worry die spykers roes.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 9:23 am
by Francoisv
die plan is brazing rod (as my tannestokkies op is). Daar is baie verbetering, maar tot tyd en wyl werk die ding uitstekend.

Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 9:51 am
by Flip Nel
Francoisv wrote:Manne
Dis altyd vir my 'n kwessie om my doppe te droog na dit uit die sonic cleaner kom. Oond en haardroƫr werk nie vir my. So nou het ek die simpel ding gebmaak en dit werk so goed ek wil dit deel.
Groete
FV
Baie slim gedink
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 10:42 am
by Dolf014
Moet net nie op die plank trap nie!!!!!

Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 11:12 am
by PWV
Spykers sal roes.
Jammer dit is nie onder die "post, "Gadgets", nie.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 11:46 am
by Flip Nel
Pieter Willem Vorster wrote:Spykers sal roes.
Jammer dit is nie onder die "post, "Gadgets", nie.
Ek dink nie die spykers sal so vinnig roes nie, mens skud mos die doppie uit voor jy hom opsit en en dis nie iets wat elke dag nat word nie.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 11:48 am
by ANDRIES
Ek gebruik dieselfde behalwe dat ek paneelspykers in die plek van die tandestokkies gebruik.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 11:55 am
by Flip Nel
ANDRIES wrote:Ek gebruik dieselfde behalwe dat ek paneelspykers in die plek van die tandestokkies gebruik.
Roes hulle nie of hoe keer jy dat hulle roes ?
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 3:07 pm
by douw
"Galvanised panel pins" of kleinerige "clout" nails wat "galvanised" is sal baie lank hou voordat dit roes. Mens kry ook plafon spykers met so blou tipe verf. dit behoort die roes probleem op te los
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 3:47 pm
by wlm
Francois
Ek sien die "short, sweet, cheap" maar niks is "nasty nie. Goeie plan!
Ek wil met oom Pieter saamstem, wil jy nie die plan skuif na die "Gadgets"topic nie? As 'n mens lus het vir iets self maak sal dit die eerste plek wees waar hy gaan kyk.
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 4:06 pm
by Francoisv
wlm wrote:Francois
Ek sien die "short, sweet, cheap" maar niks is "nasty nie. Goeie plan!
Ek wil met oom Pieter saamstem, wil jy nie die plan skuif na die "Gadgets"topic nie? As 'n mens lus het vir iets self maak sal dit die eerste plek wees waar hy gaan kyk.
Hoe skuif ek dit wlm? Moet dit deur 'n moderator gedoen word?
Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 6:33 pm
by wlm
Francoisv wrote:wlm wrote:Francois
Ek sien die "short, sweet, cheap" maar niks is "nasty nie. Goeie plan!
Ek wil met oom Pieter saamstem, wil jy nie die plan skuif na die "Gadgets"topic nie? As 'n mens lus het vir iets self maak sal dit die eerste plek wees waar hy gaan kyk.
Hoe skuif ek dit wlm? Moet dit deur 'n moderator gedoen word?
Ek WETIE

Re: Dop drooog plank
Posted: Tue Jan 28, 2014 7:08 pm
by Flip Nel
Francoisv wrote:wlm wrote:Francois
Ek sien die "short, sweet, cheap" maar niks is "nasty nie. Goeie plan!
Ek wil met oom Pieter saamstem, wil jy nie die plan skuif na die "Gadgets"topic nie? As 'n mens lus het vir iets self maak sal dit die eerste plek wees waar hy gaan kyk.
Hoe skuif ek dit wlm? Moet dit deur 'n moderator gedoen word?
Ek dink net hulle kan dit doen
Re: Dopdroog-plankie
Posted: Tue Jan 28, 2014 9:28 pm
by vossie1
Baie goeie plan ek gaan net in plaas van tande stokkies sosatie stokkies gebruik bietjie dikker. Thanks dit gaan sommer bakgat werk.
Re: Dopdroog-plankie
Posted: Wed Jan 29, 2014 1:14 pm
by boogman
+1 met Sosatie Stokkies gebou gister.
Dankie vir idee!
Re: Dopdroog-plankie
Posted: Wed Jan 29, 2014 6:21 pm
by andre007
Ekt n spyker droograkkie (spykers van onder deur n plank geslaan met die skerp punte wat boo uitsteek), het strootjies so halfduim langer as die spykers gesny en oor die spykers gedruk, nou kan hulle maar roes, gebruik deesdae acetone so roes is uit!
Onthou net dat die gedeelte van die tandestokkie, sosatiestokkie ens. wat bo die plank uitsteek langer as sie lengte van die langste kalieber se dop moet wees waarvoor jy laai anders seel die dop se bek teen die plank en die water/vog dreineer nie.
Re: Dopdroog-plankie
Posted: Thu Jan 30, 2014 4:20 pm
by 243Songdaug
Netjies Francois
Ek het basies dieselfde as jy gedoen, maar vir die plankie het ek 'n stuk 6mm bakkeliet gebruik en 2.5mm gatjies 20mm van mekaar so 4.2mm diep in die bakkeliet geboor.
In die plek van die tandestokkies het ek van die alluminium draad wat die manne gebruik om regtige swaar elektriese kabels mee te versterk gebruik.
Ek kon lengtes van 3m aan die hande kry - het toe die 1 punt in die bankskroef vasgeknyp en die ander punt in my handboor - styfgetrek en die boor so bietjie laat hardloop tot die draad afgedraai het - so reguit soos 'n potloodstreep!
Ek het die draad in 80mm stukke afgeknip en die punte rond gemaak op 'n bench grinder en hulle toe in die gate in die bakkeliet ingekap. Werk al meer as 10 jaar en hy roes nie - raak net bietjie wit van die wynsteensuur aanpaksel soms.
Groete.
Jaco
Re: Dopdroog-plankie
Posted: Fri Jan 31, 2014 10:13 pm
by theedge
Puik idee baie dankie vir die deel