Page 1 of 1

'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 12:38 pm
by henried
Die seuns wil nie meer in die dam vang nie, en ons het besluit om Erinas te besoek.

Daar het glo iemand die vorige naweek verdrink en die oom was kwaai toe ek sê ons wil op die eiland gaan vis...

Ons het toe maar onder teen die stroom gaan sit. Klein geelvis, babers en 'n paar karpies het ons besig gehou vir die middag. My jongste seun, Dewet, se gedulk het op geraag, en hy het besluit om teen die riete te gaan staan en so 45 grade in die stroom te gooi, die aas het dan so gehop tot aan die kan van die stroom in die stil water. Hy het dan die aas in gebring en die selfde gedoen.

So 17:30 het ek 'n gil gehoor, "Pa ek het iets!". Die stok was krom en die katrol het geskree.

Hy het 2 rysmiere aan die hoek gehad en het hierdie mooi karp gevang.
Daai smile sê als... ;)

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 12:42 pm
by Frikkiedbr
Baie geluk, dis altyd 'n lekker gevoel as iets daai lyn trek

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 1:14 pm
by Frederik
++>: Baie netjies.

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 1:17 pm
by Reggie Gerber
Pragtig en geluk

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 3:45 pm
by RUPERT
Trotse man daai.Dit is n ding wat mens nie meer sommer sien hier by ons in Gauteng nie.n Pa met sy seun langs die dam.Geniet dit dit is wardevolle tye daai saam met jou seuns.

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:02 pm
by FCLoretz
Baie mooi Henrie,

Is Erina nou weer oop? Laas wat ek daar was het hulle die maandag toe gemaak. Die rivier by Erina vlieghengel vir my baie lekker. Wat was julle dag fooie?

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:09 pm
by henried
'n Kerk het nou die plek gekoop, hulle gaan hom weer opbou.
Die koste is R25/persoon, maar ons was so by 15:00 daar en het net R50 betaal vir die drie van ons.

Ek het baie na werk sommer met die vlieg daar gaan vang, maar dit was maar rof op 'n tyd...

Ons het net klein geles met die vlieg gevang, maar ek het net in die eerste stroom gebly.

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:12 pm
by Frikkiedbr
Hello Manne Waar is Erina as ek mag vra?

Is daar diep waters ook of net strome vir geel visvang?
En is dit darem vroutjie vriendlik?

Dankie

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:13 pm
by FCLoretz
Ek het laas wat ek daar was ook net klein geles gevang, so hand grote, van die vriende wat saam my was het bo teen die weir mooi 4kg karpe op vlieg gevang. Ek sal defniteif weer Erina toe gaan

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:15 pm
by henried
Frikkiedbr wrote:Hello Manne Waar is Erina as ek mag vra?

Is daar diep waters ook of net strome vir geel visvang?
En is dit darem vroutjie vriendlik?

Dankie
Net onder die Barrage, deur Vanderbijlpark oppad N1 toe.

Daar is 3 mooi strome wat in 'n diep poel in gaan, vang mooi karp en baber ook daar.

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 4:21 pm
by Frikkiedbr
Is hulle naby Vaal rus?

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Mon Jan 27, 2014 6:37 pm
by Carl
Netjies, dis 'n mooi vis daardie. Magtig ek moet by die water uitkom!

Re: 'n Middag in die strome

Posted: Tue Jan 28, 2014 7:45 am
by henried
Frikkiedbr wrote:Is hulle naby Vaal rus?
As ek dit reg het is Vaal rus in die Loch, Erinas is onder die Barrage.